Welgeluksalig
Wat
is die betekenis van die Woord?
Ons kan dit opbreek
in drie dele:
Wel - Dit gaan goed,
jy is nie siek nie, jy het nie tekort nie,
Geluk - Bly, lag,
verheug, dit borrel in jou, staat van ekstase, nie vyande nie,
Salig - Rustig, nie
bekommerd nie, ek weet waar ek heengaan as ek sterf
Driemaal goed gaan
met ons. Wel - Liggaam, Geluk - siel, salig – gees
Hoe
kry ons dit reg?
Psalms
84:5 (84:6) Welgeluksalig is die mens wie
se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.
Wat beteken
dit om welgeluksalig te wees?
· ‘n Volk deur die Here verlos.
Ons word deel van God
se volk, deel van Sy uitverkorenes.
Deuteronomium
33:29 Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? 'n Volk wat deur die HERE
verlos is,
Psalms
32:1 ¶ 'n Psalm van Dawid; 'n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se
oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.
Psalms
32:2 Welgeluksalig is die mens aan
wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog
is nie.
Psalms
33:12 ¶ Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy
vir Hom as erfdeel uitgekies het.
Psalms
89:15 ¶ (89:16) Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel
in die lig van u aangesig.
Psalms
144:15 Welgeluksalig is die volk met
wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is!
Romeine
4:7 Welgeluksalig is hulle wie se
ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.
Romeine
4:8 Welgeluksalig is die man aan
wie die Here die sonde nie toereken nie.
· Wat kies om die Here te dien
Psalms
1:1 ¶ Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die
goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van
die spotters nie;
Psalms
40:4 (40:5) Welgeluksalig is die man wat
sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars
nie.
Psalms
84:4 (84:5) Welgeluksalig is hulle wat
woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.
Psalms
84:12 (84:13) HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!
Psalms
112:1 ¶ Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot
welbehae in sy gebooie het.
Psalms
119:1 ¶ Alef. Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE
wandel.
Psalms
119:2 Welgeluksalig is die wat sy
getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
Psalms
128:1 ¶ 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!
Psalms
146:5 ¶ Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se
hoop is op die HERE sy God,
· Wat by Hom skuil en wat Hom liefhet
Psalms
2:12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig
word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
Psalms
34:8 (34:9) Tet. Smaak en sien dat die
HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
· Wat doen wat die Here verwag
Psalms
41:1 ¶ Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. (41:2) Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van
onheil.
Psalms
106:3 Welgeluksalig is hulle wat
die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
Jesaja
56:2 Welgeluksalig is die mens wat
dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit
nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.
· Wat deur die Here onderig word
Psalms
94:12 ¶ Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit
u wet,
Jesaja
30:18 ¶ En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te
wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is
'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!
Psalms
65:4 (65:5) Welgeluksalig is hy wat U
uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word
met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.
· Opsomming en my wens vir jou
Welgeluksalig sal jy wees, en dat jy aan Sy vereistes sal voldoen:
1 ‘n Volk deur die Here verlos.
2 Wat kies om die Here te dien
3 Wat by Hom skuil en wat Hom liefhet
4 Wat doen wat die Here verwag - Hand 10:34:
Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon
is nie, 35 maar dat in elke nasie die een
wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
5 Wat deur die Here onderig word