Beskrywing van Barnabas deur Chris van Wyk | Nico Simpson | Frederick
Marais van hul boek oor Barnabas.
“Ons gebruik ’n meesterverhaal, dié keer nie ’n hoofstuk of boek in die
Bybel nie, maar ’n karakter in die Nuwe Testament, Barnabas.
Barnabas is een van die onvertelde en onderskatte verhale in ons Bybelse biblioteek.
Hy is egter by uitstek iemand wat wys hoe ’n lewenstyl gevorm word deur
die geestelike gewoontes wat jy beoefen:
- Die Here kon
Barnabas se dankoffer gebruik om die eerste gemeente finansieël te
bemoedig en te laat oorleef. Sonder sy vrygewigheid sou die
gemeente baie moeilik ‘n basis kon wees vir die eksponensiële groei van
die koninkryk in die eerste paar dekades van ons jaartelling.
- Die kerk kon
Saulus en sy bediening aanvaar weens Barnabas wat hom gasvry ontvang het en
só vir Saulus as borg in die eerste gemeente opgetree het.
Daarsonder sou die kerk baie maklik eksklusief-Joods kon bly en kon kies
om nie grense na ander oor te steek nie.
- Die jong
Johannes Markus het in Barnabas ‘n begeleier en mentor
van formaat gevind wat hom deur sy gawe van bemoediging in staat
gestel het om nie net uiteindelik met Paulus te versoen nie, maar ook die
eerste en oudste evangelie te skrywe. Sy evangelie skets die eerste
koherente prentjie van Jesus wat deur die ander sinoptiese evangelies as
bronteks gebruik is.
Barnabas het ‘n fenomenale bydrae tot die eerste kerk en die vestiging
van die koninkryk gemaak. Woorde ontbreek eintlik om sy bydrae na waarde
te skat.
Hy was veral ‘n Bemoediger, soveel so dat dit sy bynaam
geword het. Hy was ‘n Borg vir Saulus, ‘n Brugbouer in
Antiogië, ‘n Bemagtiger van Saulus as leraar, ‘n pionier Bedienaar van
die evangelie aan die heidene en ‘n bobaas Begeleier van jong
gelowiges.
Barnabas is dus vir almal van ons ‘n voorbeeld van iemand wat sy
arsenaal van gawes – bemoediging, vrygewigheid, gasvryheid, begeleiding – tot
voordeel van die kerk en in diens aan die Here aangewend het. Hy
illustreer vir ons hoe ‘n Christelike lewenstyl werk.
Of ‘n mens nou kan peil trek op die 6de eeuse monnik van Siprus,
Alexander Monachus, se beskrywing van Barnabas al dan nie – “his face was like
that of an angel ... and he had sparkling eyes” (Laudatio Barnabae, 25) –
Barnabas verdien ‘n plek in die harte van Christene wêreldoor as ‘n man
wat uitnemend geslaag het daarin om sy gawes in diens van sy roeping in
die kerk en koninkryk in te span. Hy is ‘n ware stigterspionier van die
kerk van Christus wat meegewerk het aan sy wêreldgestalte.” Tot hier is
hulle beskrywing.
Maar wat het Barnabas die mense geleer.
Daar is eerstens die Evangelie
soos opgeteken deur Markus, wat ‘n metgesel van Paulus en Barnabas was. Markus
is die oudste van die vier evangelies van die Bybel, en dit is hoe Paulus en
Barnabas die evangelie weergegee het aan die Jode en ander in die sinagoges. Na
Paulus se vertrek het Markus agter gebly by Barnabas, en het hy nog twee boeke
geskryf wat nie in die Bybel soos ons dit vandag ken opgeteken is nie.
Die een boek, die handelinge van
Barnabas vertel die verhaal van hoe hulle in Cyprus gewerk het onder Barnabas
se landsgenote, en hoe hy uiteindelik opgehang is en tot as verbrand is. Die
tweede boek is een wat ek so ‘n paar gedeeltes vir ons in Afrikaans vertaal,
aangesien die boek sover aan my bekend, net in Engels beskikbaar is.
Daar is ook ‘n boek die Evangelie
volgens Barnabas wat glad niks met Barnabas te doen het nie, en wat ek nie eers
wil vra dat mense dit lees nie, want dit is eers in 400NC gesktyf deur iemand
wat gedink het hy kan Barnabas se naam gebruik om sy onsinnighede mee bekend te
stel.
Maar terug na die brief van
Barnabas. In die brief gebruik hy deurgans die vertolking van fisiesegebeure of
voorskrifte, en dan lê hy dit uit in geestelike konteks. Omdat hy meestal onder
die Jode gewerk het, het hy gedeeltes uit die Ou Testament geneem en dan vir
die Jode gewys wat daarmee bedoel word in ‘n Nuwe Testamentiese siening.
Die gedeelte wat ek graag wil
gebruik gaan oor watter kos verbode was vir Israel en dan die geestelike impak
wat ons vandag ook nog daaraan kan koppel. Dit beslaan die hele hoofstuk 10 van
die brief.
Hoofstuk 10 – Geestelike betekenis van die voorskrifte van Moses ten opsigte van verskillende soorte kos.
Nou, waarom het Moses gesê julle mag nie vark eet nie, ook nie ‘n arend, of
‘n valk, of ‘n roofvoël nie, en ook nie enige vis wat nie skubbe het nie. Hy
het drie leerstelling vasgestel in sy gedagtes met die voorskrifte. Die HERE
het in Deutronomium die volgende vir hulle gesê. “Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die gebooie
en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan
doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem.”(Deu 5:31)
Is daar nie ‘n bevel dat hulle die goed nie moet eet nie? Daar is, maar Moses
het ook ‘n geestelike betekenis daaraan gekoppel. Vir hierdie rede het hy die
vark genoem, dat jy jou nie sal voeg by mense wat soos varke leef nie. Wanneer
hulle die lewe geniet, vergeet hulle van die HERE, maar wanneer hulle behoefte
het, dan soek hulle die HERE. Dit is soortgelyk aan die vark, want wanneer hy
geëet het, erken hy nie sy eienaar nie; maar sodra hy honger het skreeu hy
totdat hy weer kos ontvang. Hy sê ook dat jy nie die arend, valk of roofvoël
eet nie. Dit beteken jy sal jou nie by mense voeg wat nie wil werk vir hulle
eie voorsiening nie, maar ander se eiendom op eis in ongeregtigheid, en alhoewel
hulle ‘n aspek van eenvoudigheid voorstel, is hulle op die uitkyk waar, wat en
wie hulle kan plunder. So die voëls sit ledig, vrugteloos, rond, en vind uit
hoe hulle die liggame van ander kan verslind, en bewys hulleself so as peste
deur al hulle optrede wat geen morele of geestelike waardes ten toon stel nie.
En jy sal nie die paling of die pylinkvis of seekat eet nie. Dit beteken jy sal
nie jou voeg by mense goddeloos optree deur weg te kruip en op slinkse manier
hul prooi te vang nie, soos die visse altyd wegkruip en hul prooi op die bodem
van die see vang nie. Verder het die HERE ook beveel dat hulle nie die haas sal
eet nie, aangesien hy elke jaar net aanteel sonder ophou. Verder sal jy nie die
hyena eet nie, aangesien die hyena die egbreker en homoseksueele voorstel,
aangesien hulle geglo het dat die hyena van geslag kan verander, en die mens
wat so optree onaanvaarbaar is. Verder
het Moses ook gesê hulle mag nie die wesel eet nie(weasel in Engels), aangesien
die dier deur die oor bevrug word en deur die mond geboorte skenk. So dit verwys
dat ons ons nie moet meng met mense wat die Woord hoor maar wat met hul mond
enige vuilheid voortbring nie. Veral vrouens wat met mooi praatjies mense vang
deur heuning om die mond te smeer nie, en dan ongeregtig optree nie. So Moses het drie lerings gegee wat handel
oor vleis met ‘n geestelike betekenis. Dawid begryp die betekenis en gee weer
die drie beginsels wat daarop gebaseer is deur in die eerste vers van Psalm 1: “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in
die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit
in die kring van die spotters nie;”. Die eerste beginsel wat na die visse
verwys is “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in
die raad van die goddelose”, en so na die vark verwys, “en nie staan op die weg van die sondaars en
nie”,. Mense wat die naam van die HERE erken en bely, maar wegdraai sodra
hulle gevoed is. “nie sit in die kring
van die spotters nie;”. Die gedeelte verwys weer na die voëls wat wag vir
hul prooi, maar tog verstaan hulle die geestelike betekenis van die Woord.
Maar Moses gaan verder en sê dat ons dat ons elke dier met ‘n gesplete
voet mag eet aangesien hulle almal herkou. So hy eet tot hy genoeg het en dan
herkou hy alles wat hy geëet het tot sy voordeel. So hulle mediteer op die
Woord wat hulle ontvang, spreek die oordele van die HERE uit en gehoorsaam
hulle, weet wie hulle voed en verbly hulle in Sy Woord. Maar wat is die
betekenis van die gespleete voet? Dat die regverdige nogsteeds in hierdie wêreld
loop, maar dat hy uitsien na die heilige staat wat nog moet kom. Kyk net hoe
goed het Moses gesien en beveel. Maar hoe was dit moontlik vir hulle om al
hierdie goed te verstaan en uit te lê? Ons dan wat die gebooie reg verstaan,
kan dit verduidelik soos die HERE dit bedoel het. Daaroor is ons ore en ons
harte besny, sodat ons die dinge kan verstaan. – Einde van hoostuk 10.