Vertaling vanaf
Engels na Afrikaans deur Louwrens Erasmus © 2016
Feeding Sheep or
Amusing Goats?
Charles Haddon
Spurgeon
(1834-1892)
(1834-1892)
‘n Euwil is
besig om af te speel in die Kerk, so groot en verregaande, dat self die mees
kortsigtigste persoon dit nie kan help om op te let nie, en dit al oor ‘n hele
paar jare.(Nota 1) Dit het ontwikkel teen ‘n abnormale spoed, selfs vir ‘n
euwil. Dit werk soos gis totdat alles deurdring is. Die duiwel het nog selde ‘n
slimmer idee gehad as om die Kerk se missie te saboteur, deur vertonings die
middelpunt van hul missie te maak, met die doel om die mense te verlei en te
oorwin.
Waar die
oorspronklike Puriteine uitgespreek het teen die verskynsel, het die Kerk
algaande haar boodskap versag, en so begin om plek te maak vir die
ligsinnigheid van vandag. Die Kerk het dit eers op die rante toegelaat en
gebruik dit nou as hoofdoel om die sogenaamde massas te bereik.
My eerste probleem
is dat om vertonings en vermaak vir die mense te verskaf, dit nêrens in die
geskiedenis van die Kerk in die Bybel as funksie verklaar is nie. Indien dit
Christelik is, hoekom het Christus dit nie gebruik nie? “(Mark 16:15) Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan
die ganse mensdom.” Dit is so helder
soos daglig. Daar staan nêrens dat ons ook vermaak moet verskaf om mense te
bereik nie. Dit wil voorkom asof dit nie eers aan gedink is nie.
Dan volg ‘n baie interessante gedeelte in die Bybel: “Ef 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete,
ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing
van die liggaam van Christus,”. Waar pas die vermaaklikheidsterre in? Die
Heilige Gees is stil daaroor. Was die profete vervolg omdat hulle mense vermaak
het of omdat hulle geweier het om dit te doen? Die konserte het nog geen
martelare te vore gebring nie.
Weereens, om vermaak
te verskaf is in direkte teenstelling met die lering van Christus en sy
dissipels. Wat was die houding van Jesus teenoor die wêreld? “Julle is die sout.” Mat 5:13. Ons is
nie die suikerlekker, iets wat die wêreld in sy mond wil sit of wil insluk nie.
Kort en kragtig was die uitspraak: “Maar
Jesus sê vir hom: Volg My, en laat die dooies hul eie dooies begrawe.” Matt 8:22.
Jesus was vreesloos in Sy erns.
Indien Christus meer
van die gemaklike elemente in Sy missie ingesluit, sou Hy verseker meer gewild
gewees het. Mense het Hom gevolg om meer van Sy leerstellings te leer. Ek sien
nêrens dat Hy sê: “Petrus hardloop agter daardie manne aan en sê ons sal ‘n
ander styl van aanbidding en lering môre hê nie, iets kort en pittig. Vertel
hulle dat hulle ‘n lekker aand sal hê en dat ons sal seker maak dat hulle dit
geniet. Gaan vinnig, want ons wil die mense by die diens hê môre.” Ek lees wel Jesus
het gesug oor die sondaars, oor hulle gehuil, oor hulle besorg gewees, maar
nooit hulle vermaak nie.
Die briewe en
skrywes in die Nuwe Testament kan van hoek tot kant deursoek kan word sonder
dat vermaak enige plek daarin genoem sal word. Die boodskap is altyd: “Kom uit haar uit, hou jouself rein!”
Enige iets wat naby vermaaklikheid kom is opvallend afwesig. Hulle het
onbeperkte vertroue in die evangelie gehad, en het geen ander wapen gebruik
nie.
Nadat Johannes en
Petrus opgesluit was oor hule prediking, het die Kerk bymekaar gekom. Hulle het
nie gebid dat die HERE hulle as Sy diensknegte wysheid sal gee om vermaak te
gebruik om so die boodskap te verkondig en so te wys hoe gelukkig hulle kan
wees ten midde van die vervolginging nie, en sonder dat hulle in die tronk
beland nie. Indien hulle vermaaklikheid wou verskaf, sou hulle nie tyd gehad het om
die evangelie te verkondig nie. Verspreid deur vervolging, het hulle die
evangelie verkondig waar hulle ook al gekom het. Hulle het die wêreld omgekeer
en in rep en roer gehad: “Hand 17: 6 Maar
toe hulle hul nie kry nie, het hulle Jason en ‘n paar broeders na die stadsowerhede
gesleep en geskreeu: Die mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier
ook gekom,” Dit is
die enigste verskil. HERE maak u Kerk weer skoon van al die gemors en
verrotting wat die duiwel op haar afdwing en bring ons terug na U weë soos in die
dae van die apostels.
Laastens, die missie
van vermaak bring nie die gevraagde effek nie. Dit bring verwoesting onder nuwe
bekeerlinge. Laat die nalatiges en spotters wat die HERE dank omdat die Kerk
hulle halfpad ontmoet het, praat en getuig. Laat die wat swaar laste gehad het
en vrede gevind het deur konserte by te woon, nie stil wees nie. Laat die
dronkaard wat deur die dramatiese vermaak van mense, ander na die HERE gelei het, opstaan
en getuig. Maar helaas, daar is niemand. Die missie van vermaak bring geen
bekeerdes na vore. Die uur het weer gekom om vandag se bedienings toe te rus
met opregte geleerdheid en werking van die Heilige Gees, waardeur die een deur
die ander voortgebring word. Waar vrugte weer gedra word omdat dit in Christus
gewortel is. Die behoefte is weer Bybelse leerstellings wat so oorgedra word
dat mense weer deur die lering aan die brand sal wees vir die Koninkryk van
God.