Die goue kalf is ‘n gebeurtenis wat ‘n geweldige impak op
ons lewens het, en dit is wat afspeel gedurende die tydperk wat Moses op die
berg was om die wet van die HERE te ontvang. Paulus het dit vir ons opgeteken
in 1 Korintiërs: “Want ek wil nie hê,
broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en
almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en
in die see, en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike
drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg
het, en die rots was Christus. Maar God
het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is
neergeslaan in die woestyn. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons
nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.”
Die stuk verwys na Exodus 32, waar Israel gewag het vir
Moses om van die berg af te kom. “15 En
Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis
in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op
die ander kant beskrywe. 16 En die tafels was die werk van God. Die skrif was
ook die skrif van God, in die tafels gegraveer”. Ons lees in die
geskiedenis dat die mense na Aäron gaan en vir hom sê dat hy vir hulle moet
afgode maak want Moses kom nie terug nie. Nou volg die gedeelte oor hoe hy toe
die goue kalf gemaak het. “Daarop sê
hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. 5 Toe
Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en
gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE. 6 En hulle het die ander dag
vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het
die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.” ‘n
Baie interesante gedeelte is dat Aäron
sê hy het net die goud in die vuur gegooi en toe spring die goue kalf daaruit.
U sien ons wil ook nie erken dat dit ons handewerk is nie, dit het sommer
vanself gebeur.
Dit is die gedeelte wat Paulus hier aanhaal. Maar hoekom
juis die gedeelte? Daar is so baie simboliek wat hier afspeel waarna ons kan
kyk. Eerstens moet ons onthaou dat die HERE vir Moses geroep het met ‘n
spesifieke roeping. “Eksodus 7:1 En
die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, en jou broer
Aäron sal jou profeet wees.” So Moses is aangestel as God se
verteenwoordiger en sy broer as die profeet, so hy moes die spreekbuis van God
wees. Nou gaan Moses weg, net soos Jesus ook weg is huidiglik om vir ons plek
te gaan berei, en die volk, so in ons tyd die lidmate van die verskillende
gemeentes, dring daarop aan dat die Kerk moet verander, en die bestuur van die
kerke stem saam. Die leiers bring al hierdie afgode dienste in, en sê dit is hoe
ons nou gaan “kerk hou”. Aäron bou selfs ‘n altaar en kondig aan dat hulle die
volgende dag ‘n fees vir die HERE gaan hou, met die goue kalf as die hoof
trekpleister. Maar, wat het gebeur? Moses word terug gestuur na die volk met
die oorspronklike beloftes na die volk, en hy gooi dit stukkend wat ons daarop
wys dat die Ou Verbond deur die HERE verbreek sal word aangesien Israel nie vir
Jesus as God wou aanvaar nie. Nou gaan Moses terug en kry die tweede stel woorde
by die HERE, en dit wys op die Nuwe Verbond wat vir alle mense gemaak is. Dit
is ook interesant dat Moses die tweede stel tafels moet maak, waar die eerstes
deur die HERE voorsien is. Dit dui ook daarop dat die mens die oorspronklike
verbond gebreek het en daarom moes die tweede of nuwe verbond van die mens se
kant af herstel word, en daarvoor moes Jesus as mens dit kom herstel. Nêrens
word ook na die tafels as die tien gebooie verwys nie, aangesien dit reeds in
hoofstuk 20 aan die volk meegedeel is. Hierdie tafels word slegs as die tafels
van die Getuienis genoem in die Bybel. Wat alles daarop geskryf was word nooit
verder vir ons weergegee nie.
Verder wys dit ook daarop dat die afval sal kom deur die
leiers van die Kerk in ons dae, omdat hulle sal toegee aan die lidmate se
versoeke, en het ons dit reeds gesien met die kerke se siening oor seksueele
wanpraktyke en ander gebruike, veral die uit die ooste, wat hulle goedkeur.
Verder sal ons oplet dat Paulus ook verklaar dat nie een van die mense in
Kanaän ingegaan het nie, behalwe Kaleb en Josua se stamme wat God geglo het. So
sal dit ook in ons dae wees, dat niemand wat deel in hierdie vernuwing, of soos
dit eintlik uitgespel is in Eksodus, afgodediens, se name in die boek van die
lewe sal staan nie. Slegs die kinders wat 20 jaar en jonger was, is in die
beloofde land in, so hulle was die oudstes wat Kanaän ingegaan het, want hulle
was te jonk om self verantwoordelikheid te neem vir hul dade, hulle ouers moes
die verantwoordelikheid dra.
So dit beantwoord ook die vraag van Openbaring 18 vir ons
wie die hoer is. “4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar
uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar
plae ontvang nie. 5 Want haar
sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou. 6 Vergeld haar soos sy ook julle
vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar
dubbel in die beker waarin sy geskink het. 7 Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na
dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart
sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien
nie 8 daarom sal haar plae op
een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word,
want sterk is die Here God wat haar oordeel.”
Dit val saam met wat Jesaja in hoofstuk 1 vir ons ook uitlig. “21 Ag,
hoe het die getroue vesting ‘n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het
daarin vernag—en nou moordenaars! 22 Jou
silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water. 23 Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen
van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle
geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie. 24 Daarom spreek die Here HERE van
die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf
van my teëstanders en My wreek op my vyande!”
Ons lees verder in Eksodus 32 die volgende wat Moses gesê
het: “Wie vír die HERE is, kom na my toe!
Toe het al die seuns van Levi by hom versamel. 27 En hy het vir hulle gesê: So
spreek die HERE, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup.
Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en
elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak. 28 En die seuns van Levi het
gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op dié dag
omtrent drie duisend man geval. 29 Toe het Moses gesê: Vul vandag julle hand om
te offer aan die HERE—want elkeen is teen sy seun en teen sy broer—sodat Hy
vandag ‘n seën oor julle kan gee. 30 En die volgende dag het Moses aan die volk
gesê: Júlle het ‘n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die HERE opklim:
miskien kan ek vir julle sonde versoening doen. 31 En Moses het na die HERE
teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het ‘n groot sonde begaan en vir hulle
goue gode gemaak. 32 Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie,
delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het! 33 Toe het die HERE Moses
geantwoord: Wie teen My gesondig het,
dié sal Ek uitdelg uit my boek. 34 Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek
jou gesê het. Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking
doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek. 35 So het die HERE dan die
volk getref, omdat hulle die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het.”
So ons leer hier dat indien jy deel het aan die afgodediens
wat ons vandag mee te doen het, die persone se name uit die boek uitgedelg sal
word. Daar is soveel kerke en mense wat leer eenmaal gered, altyd gered, maar
dit is nie wat hier staan nie. Nee, die HERE sal jou naam uitwis uit die boek
van die lewe indien jy jou voeg by die wat ontrou is en afgodediens beoefen.
Dit word ook bevestig in Esegiël 18 en Hebreërs 6. Lees die hoofstuk in Esegiël
en jy sal geskok wees oor wat daar staan. Ek sluit die gedeelte van Hebreërs
hier in: “4 Want dit is onmoontlik om die
wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees
deelagtig geword het, 5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte
van die toekomstige wêreld, 6 en afvallig geword het—om dié weer tot bekering
te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig
en openlik tot skande maak.” Dit sluit ook aan by wat die HERE vir Moses
gesê het toe Moses net na die goue kalf episode vergifnis gaan vra het. Eks. 32
34: “Maar gaan nou en lei die volk
waarheen Ek jou gesê het. Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as
Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek.”
Die gedeelte is ‘n uittreksel uit my boek “Teologie vir Jan
Alleman”. Ek het nou die jongste weergawe op my webtuiste en kan dit gratis
daar afgelaai word. Klik maar net op die skakel hier onder en dit sal jou direk
na die boek toe neem. Ek hoop julle geniet dit net soos ek dit geniet het om
dit te skryf en na te vors die afgelope 20 jaar. Dit mag dalk vir u as leser
voel dat ek net die veroordelings promoveer, maar dit is nodig dat ons albei
kante van die HERE leer ken, dat ons daardie vrees van die HERE weer kan
herstel, en nie net wegkruip agter al die voorspoed versies in die Bybel nie. En
net die predikers aanhang wat ons laat goed voel met hul breë klimlagte wat hul
kenmerke is nie.
Hier dan die skakel: http://www.shamaministries.org.za/boeke/Teologie%20vir%20Jan%20Alleman.pdf