Dinsdag 07 Junie 2016

Wat is Genade?

Ek en Hettie het onlangs die een Sondagoggend gesit en gesels oor alles wat ek al geskryf het, wat ons in ons lewe al gedoen het, hoe ons mense ervaar en sommer oor ‘n hele klomp ander goed. Ek het toe vir haar gesê ek voel ek wil nog een van die onderwerpe wat my baie na aan die hart lê, oor hoe ‘n mens geloofsekerheid kan verkry en wat dit vir my beteken, as ‘n kurses op my webtuiste laai sodat mense daardeur kan werk en sien hoe die verskillende stappe en leerstellings in mekaar pas. Dit is waarmee ek myself die afgelope paar dae mee besig hou, en hopelik voor die einde van die maand gereed sal hê vir mense om deur te werk.

Nou moet ek sommer hier vroeg sê dat ek maar aanmekaar gesit is as iemand wat elke ding ondersoek, en dan so veel as moontlik inligting bymekaar maak voordat ek ‘n mening uitspreek. Ek weet dat meeste mense se koppe nie so werk nie, maar dit is hoe my kop werk en hoekom ek selfs ou standpunte sal ondersoek om te sien of ek my daarmee kan vereenselwig of nie. Dit is maar my hoofrede hoekom ek skryf, want ek kry gewoonlik maar gate in ander se redenasies en dan moet ek maar uitpluis hoe dinge werk totdat dit vir my aanvaarbaar is.

Dit het my gelei om sommer vir haar ‘n vraag te vra oor wat sy as die belangrikste onderwerp sien en wat sy voel die meeste oor gepreek of oor geskryf word. Haar antwoord het my toe ook net laat besef dat dit wat ek as selfsprekend aanvaar nie vir almal dieselfde is nie.

Van die onderwerpe wat ons oor gepraat het was Jesus, genade, geregtigheid en gehoorsaamheid. Dit was wat ons gevoel het meeste mense sal antwoord indien hulle die vraag gevra word. Jesus was van selfsprekend seker die onderwerp wat die meeste aandag geniet, maar dit is ook nodig. Dit gaan vir my ook oor hoe ons as mens dit wat Hy kom doen het, beleef. Maar, besef ons altyd wat Sy koms en dood vir ons as Christene beteken?

Ek besef dat meeste mense sal hul eie ervaring hê en dit wat vir hulle belangrik is, maar gee die Bybel vir ons antwoorde oor wat die belangrikste is vir ons om te doen, of nie? Ek dink dit is ook seker een van die grootste redes waarom daar so baie verskillende groeperings in die Kerk is, aangesien elke groep dit wat vir hulle belangrik is, wil propageer.

So vind ons gewoonlik dat in al die groot tipe gemeentes soos ‘n Joël Osteen s’n, net “voel goed” boodskappe verkondig sal word. Daar is twee redes daarvoor, dit trek duisende mense omdat die mens wil hoor hoe lekker dit is om Christen te wees, die mens se ego word gestreel, en die boodskap sal altyd net gaan oor al hierdie goeie goed wat vir jou bestem is, want dit bring baie geld in vir so ‘n gemeente en die ou wat voor staan word baie ryk, aangesien niemand aangespreek word dat hulle lewens dalk verander moet word nie. 

Die top 15 geldmakers in Amerika is as volg: (Bron http://www.etinside.com/?p=11679)
1. Kenneth Copeland Net Worth $760 Million
2. Pat Robertson Net Worth $100 Million
3. Benny Hinn Net Worth $42 Million
4. Joel Osteen Net Worth $40 Million
5. Creflo Dollar Net Worth $27 Million
6. Billy Graham Net Worth $25 Million
7. Rick Warren Net Worth $25 Million
8. Bishop T. D Jakes Net Worth $18 Million
9. Juanita Bynum Net Worth $10 Million
10. Joyce Meyer Net Worth $8 Million
11. Rev John Hagee Net Worth $5 Million
13. Bishop Eddie Long Net Worth $5 Million
14. Bishop Noel Jones Net Worth $5 Million
15. Minister Louis Farrakhan Net Worth $3 Million

Teen vandag se wisselkoers van so net oor die R15 vir $1, dink ek die ouens doen nie te sleg nie. En al wat hulle hoef te doen is om vir jou te sê kyk hoe het die HERE hulle geseën, so gee maar vir hulle en die HERE sal vir jou ook gee. Of jy maak soos Clefo Dollar en sê die HERE het vir hom gesê hy moet vir sy ondersteuners sê dat die HERE hom wil bederf en hulle moet ten minste $1000 elk vir hom gee sodat hy ‘n nuwe straler kan koop. Maar genoeg oor hulle. Hulle is daar vir een rede alleen, en dit is om geld uit jou beursie te vat, al is dit jou laaste bietjie, en in hulle beursies te sit.

Nou wil ek gou net ‘n gedeelte aanhaal wat Jesus gesê het vir die mense in die tempel: “Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het. As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek. Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.” (Joh 7:16-18)

En vir Sy dissipels het Hy die volgende gesê: “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.” (Joh 16:7-11)

Die twee gedeeltes is vir my nogal deurslaggewend in dit wat ek graag wil deel vandag. Die eerste gedeelte gaan oor Jesus wat sê dat ons eerstens gewillig moet wees, so ek moet altyd ondersoek instel of dit my eie leerstellings of my genootskap se stellings is, en of dit leerstellings is wat Jesus vereer. Indien dit gaan dat ek my eie leer wil vestig, soek ek my eie eer, maar indien dit wat ek leer alle eer gee aan die Een wat hom gestuur het, is sy leer waaragtig. Dit maak dit nogal moeilik vir my as leeraar om seker te maak dat ek nie afwyk van Jesus se leer af nie.

Die tweede aanhaling is eintlik die een waaroor ek wil praat. Jesus verklaar dat die Trooster, die Heilige Gees na ons toe gestuur word en basies twee opdragte het. Die eerste is om die wêreld te oortuig van sonde, dan van geregtigheid, en dan laastens van oordeel.

So nou kan ons na die eerste opdrag van die Heilige Gees kyk en bestudeer: Hy moet die wêreld oortuig van sonde. So dit maak nie saak of ek in Asië is, of Europa, of Amerika, of Afrika nie, die Heilige Gees sal almal oortuig van sonde. Dit val nou saam met wat Paulus in Romeine van skryf. “Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie. Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word; omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word. Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie; omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig, in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie. Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God, en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word, en jy is oortuig dat jy ‘n leidsman is van blindes, ‘n lig vir die wat in duisternis is, ‘n opvoeder van onverstandiges, ‘n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het jy dan, wat ‘n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ‘n mens nie mag steel nie, steel jy? Jy wat sê dat ‘n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat ‘n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof? Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet? Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster. Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy ‘n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword. As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie? En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis ‘n oortreder van die wet is nie? Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.” (Rom 2:11-29)

So Paulus voer hier aan dat alle mense sal weet wat reg of verkeerd is. So die Heilige Gees het dan klaar Sy eerste werk in die mense gedoen. Nou kom ons eers by die eerste punt wat ek as mens moet doen, en dit is om ‘n keuse te maak tussen dit wat reg is, en dit wat verkeerd is. Vir ons wat die Bybel het as handleiding het kan nou kyk na wat ek moet doen. Gelukkig gee die Bybel ook vir ons die antwoord presies wat ons nodig het: “Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.” (Heb 6:1-2)
Ek wil graag Romeine ook gebruik om Hebreërs mee te verduidelik en hoe dit as ‘n stap vir stap handleiding gebruik word.

Nadat Paulus hom bekend gestel het, begin hy met die tema van die brief. “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” (Rom 1:16-17) So Paulus begin hier met die geregtigheid van God, en is beskikbaar vir elkeen wat glo. Geregtigheid is ook soos almal weet die tema van basies al my skrywes, en word ook later bespreek.

  • Besnydenis

Nou begin hy by die heiden en wys dat hulle sondig is sonder die wet. So al die sondes wat daar genoem word in hoofstuk een van Romeine, word onder heidene aangetref en hoort nie eers by die Jode en mense wat God ken nie. So indien iemand skuldig is aan die tipe sonde, is die persoon ‘n heiden. Maar verder is die persone wat dit goedpraat al is hy nie ‘n fisiese heiden nie, ook ‘n heiden volgens Paulus. Die gedeelte het ek alreeds in my vorige blog uitgelig oor die kondoom advertensie in my vorige blog.

Nou volg Paulus se rede oor die Jode wat ook skuldig is aangesien hulle nie die wet kan onderhou nie, hulle hou hulle hoogvaardig, maar is sonder geregtigheid, en sluit Paulus die hoofstuk af met die woorde dat al is jy ‘n heiden en doen wat reg is, jy ook gered sal word. “As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie? En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis ‘n oortreder van die wet is nie? Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God. (Rom 2:26-29)

In die volgende hoofstuk gaan Paulus voort en verklaar dat daar geen onderskeid tussen Jood en heiden is nie, maar dat almal dood is onder die wet. Nou verklaar hy dat slegs geloof in Jesus Christus ons uit die situasie kan haal. So die antwoord van hoe ek van hierdie ongehoorsaamheid en verwydering van God kom, is slegs deur geloof in Christus kom. “Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.” (Rom 3:21-24) So geen uitwendige teken word meer gekoppel aan die wat kinders van God is nie. So die geloof in die verlossingswerk van Christus is dus die teken van die verbond. En die verlossing geld vir beide Jood en heiden, elkeen moet dieselfde paadjie stap. Daar is in Jesus dus geen onderskeid meer tussen Jood en heiden nie. Die HERE het nie een paadjie vir die Jood en ‘n ander paadjie vir die heiden nie, nee, ons almal volg dieselfde paadjie. So net vir die wat dalk nog wonder of Jesus nog weer die Jode moet kom haal na ons as Christene gered is, is die antwoord daar is GEEN onderskeid nie. Jesus se kruiswoorde was: “Joh 19:30  En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.” Hy het nie gesê Hy moet weer terugkom vir die Jode nie, so nee daar is geen wegraping of ander “escape route” vir die Jode nie. Dit is volbring, alles wat nodig is vir almal is reeds gedoen.

  • Geloof

“Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof. Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof. Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” (Rom 3:27-31) “Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken. Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene. En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word; en ook ‘n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was. Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.” (Rom 4:9-13) So die hele gedeelte wys daarop dat geloof dus sal dien as teken van die besnydenis. So my hart en optrede moet verander, want dit sal die uitwendige teken van besnydenis wees. En dit word verkry deur die genade van God wat Sy seun Jesus vir ons laat sterf het toe ons nog sondaars was. So my geloof moet bewys dat ek kind van God is. Soos Abraham geglo het dat hy vader van baie nasies sou word en dit hom tot geregtigheid gereken is sonder dat hy besny was, so moet ons lewe ook op daardie geloof gebou word wat weet dat daar vir ons verlossing wag, sonder dat ons ‘n fisiese teken aan ons liggaam as bewys hoef te hê, behalwe dat my optrede in die samelewing dit moet bewys.  Dit moet bewys lewer dat ek ek deur die genade van die HERE geregverdig is, en moet my dade as bewys dien.

So dit wys vir ons op die eerste tipe genade, reddende genade: “Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.” (Tit 2:11-15) Dit is waarom ek gered kan word, want ek glo dat Jesus reeds my dood op Homself geneem het, sonder dat ek dit verdien het, of daarvoor gevra het.

“Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.” (Rom 5:17-19)

So ek kan slegs kind van God en dus deel van Sy nasie word deur geloof in Jesus Christus dat Hy die volle prys vir my sondes betaal het. En dit vind plaas met nagmaal. “En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” (Mat 26:26-28) Israel moes ook die pasga vier in Egipte die aand voor hulle Egipte verlaat het, en dit is wat nagmaal op wys. Dat ek glo Hy is die Lam van God. Geeneen van die Israeliete wat die pasga gevier het is dood daardie nag toe die doodsengel deur Egipte getrek het nie.

  • Doop

Nou kom ons eers by die doop uit. Nou volg Paulus se hele relaas oor wat die doop vir ons doen, en ek sal net sleutel gedeeltes aanhaal, maar dit is waaroor die hele hoofstuk 6 handel. “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.” (Rom 6:3-9) Soos Israel wat uitgelei is uit Egipte en die mag van die Farao verbreek is, net so word ons dus by die doop onder die mag van die Satan uitgelei, en onder die gesag van die Vader geplaas, want die dood sal nie meer oor my heers nie, en sal ek nou bouwerk doen aan die Koninkryk van die Vader, en nie die koninkryk van die Farao(Satan) nie. So ek verlaat Egipte met die doop, en die mag van die Satan en sy demone, word totaal gebreek in my lewe by die doop. 

Paulus stel dit so: Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.” (Col 2:9-15)

Dit is waarvan Petrus getuig: Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.” (1Pe 3:18-22)

“Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.” (Rom 6:22-23)

Dit is wat die doop vir ons beteken, so selfs hier word dieselfde volgorde gevolg wat in Hebreërs 6 verse een en twee uitgelig word. Hoofstuk 7 wys Paulus daarop dat daar altyd ‘n geveg in my lewe sal wees tussen die sonde wat die wet voorhou, en die goeie wat die Gees vir ons voorhou. So ja, al is ek gedoop sal ek nog steeds moet veg teen die sonde, maar ek weet dat ek nie alleen is wanneer ek daarteen veg nie, want dit wat in my is, die Heilige Gees, sal my help om my vleeslike begeertes te oorwin.

Dit bring ons by die tweede tipe genade, en dit bespreek Johannes vir ons in 1 Johannes 1: “En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.” (1Jn 1:5-10) Dit kan ek net beskryf as vergewende genade en dit ervaar ek elke dag wanneer ek my sonde bely, maar reddende genade is presies wat dit sê, dit red my van die dood. So elke keer wat ek sonde doen is ek nie weer terug in Egipte nie, maar moet ek slegs my sonde bely, en dit beteken om op te hou met die sonde, en aangaan met my lewe.

  • Werking van die Heilige Gees

Nou volg Paulus dat die volgende stap wat sal gebeur, gekenmerk word deur die werking van die Heilige Gees in ons lewe. Dit stem saam met die vierde stap in Hebreërs 6 vers 2, asook wat met Israel gebeur het by Mara en Elim, waar die water soet geword het, en die HERE van die Gees wat op Moses was, op die oudstes van Israel laat kom het. “Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.” (Rom 8:6-17) Dit is waarna Jesus ook verwys in Johannes 7: “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. (Joh 7:37-39) So na die doop sal ek die doping van die Heilige Gees deurgaan, waar die HERE Sy Gees in my sal plaas om my te lei aangaande alles. Dit is die tweede funksie van die Heilige gees wat ons vroeër ook aangehaal het. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.” (Joh 16:13-15)

Die uiteinde van die reis het twee verskillende eindes volgens Hebreërs 6 vers 2. Ewige lewe indien ek dit gedoen het wat ek moes in gehoorsaamheid, of die ewige dood, indien ek besluit het om my eie kop te volg.

  • Geregtigheid

So nou dat ek die stappe soos die Bybel dit vir ons uitgespel het voltooi het, is daar een konsep wat nie bespreek is nie, alhoewel die woord reg deur die gedeeltes gebruik word, en dit is geregtigheid.
Ek wil graag ‘n voorbeeld gebruik om die term mee te illustreer. Ek en Hettie het eendag gery en sy het ons paspoorte uitgehaal wat in haar handsak was. Sy het die datums afgelees wanneer elkeen se paspoort verval, en skielik het ‘n heel ander aspek vir my oopgegaan.

Ek besit ‘n Suid Afrikaanse paspoort, soos ook al my kinders en ook Hettie, my vrou. Dit maak my geregtig daarop dat ek enige plek in die wereld daarop aanspraak kan maak dat ek ‘n burger van Suid Afrika is, en sodoende geregtig is op sekere regte. Die proses om ‘n paspoort te kry vroeër jare, voor 1994, het voorsiening gemaak daarvoor dat die regering van die dag ondersoek mag ingestel en gedoen het of ek die land kon verteenwoordig. So was persone wat in die gevangenis was as gevolg van wetsoortreeding nie toegelaat om ‘n paspoort te besit nie. Hulle het die wette van die land oortree, en was daarom nie geskik om die land te verteenwoordig nie. Net so is dit met verteenwoordiging van die koninkryk van die HERE. Ek moet aansoek doen om Sy koninkryk te verteenwoordig. Net die HERE kan my aanstel. Daarna moet ek so optree dat ek ‘n waardige verteenwoordiger van Sy koninkryk is. Indien ek ‘n paspoort ontvang, ontvang ek ook die geregtigheid om die land te verteenwoordig. Ek is dus geregtig om dit te doen. So gaan dit ook met my as Christen. Indien ek toegetree het tot die verbond van die HERE wat die toegang bepaal om as kind van God gereken te word, is ek geregtig om Sy koninkryk te verteenwoordig. Sonder ‘n paspoort kan ek niks doen nie. Nou moet ek Hebreërs 4 vers 16 verstaan. “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” Weet jy wat beteken vrymoedigheid. Ek hoef nie bang te wees nie. Ek besit die vrymoedigheid om na die HERE te gaan sonder dat ek hoef bang of skuldig te voel. Ek is daarop geregtig om na Sy troon te gaan en met Hom te verkeer. Wanneer ek iets wil doen weet ek dat as Christen het ek die reg om namens Hom op te tree. Ek staan nou in ‘n verbond met Hom en verteenwoordig Sy koninkryk op aarde.

Maar wat is my deel van die verbond? Wanneer ons die Bybel en ander geskrifte van dieselfde tyd bestudeer en ondersoek, vind ons dat daar verskeie kledingstukke en bewysstukke omgeruil was wat tekens van die verbond was. Kom ons kyk wat het Jesus vir ons nagelaat het, om onsself mee te klee:
  • Sy kleed het Hy vir ons gegee sodat ons Sy natuur en karakter kan ontvang.
  • Sy lyfband bied ons Sy krag en Sy Sterkte
  • Die vermenging van die bloed beteken vir ons dat ons reiniging van sondes ontvang.
  • Ons vind nou ook dat ons naam verander, en daardeur ontvang ons Sy reputasie en outoriteit, terwyl Hy ons Sy litteken aanbied aan die kruis as 'n permanente verbintenis.
  • Hy verruil ook ons besittings, en so ontvang ons die ewige lewe.
  • By die nagmaal eet ons as deelgenote saam die verbondsmaal.
  • Die laaste teken van die verbond, die gedenkpaal, is die bloedbevlekte kruis op Golgota. Want as Hy nie gesterf het nie, sou ons nie die ewige lewe kon ontvang nie.
Ek moet ook weet en bewus wees daarvan dat dit ‘n voorreg is om God se koninkryk te verteenwoordig, en dat indien ek enige van Sy bepalings oortree, Hy die reg het om my paspoort in te kort. En dit gewoonlik sonder enige kennisgewing. Dit is wat ons lees in Hebreërs ses: “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb 6:4-6) So indien ek Hom nie gehoorsaam nie en Sy koninkryk verloën, kan ek my paspoort, my geregtigheid, verloor. So reddende genade is slegs eenkeer tot my beskiking, maar vergewende genade is elke oomblik tot ons beskikking.Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer. As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?”  (Heb 10:26-29)

Jeremia het dit ook al in sy tyd verklaar dat Jesus ons geregtigheid sal wees. Jer 23:60 " In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID. Jer 33:16  In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID."

  • Gehoorsaamheid

En dit bring my by die laaste punt wat ek en Hettie bespreek het. Dit is gehoorsaamheid. Ek moet in alles wat ek doen, gehoorsaam wees aan die Een wat my gestuur het. Dit is ook waar die naam van my bediening vandaan kom. Ek het ongelukkig nie ‘n Afrikaanse weergawe van Strong se Hebreeusse woordeboek nie, so hier is maar die Engelse verklaring daarvoor:

H8085 Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): -  X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness.
So dit gaan nie net daaroor om gehoorsaam te wees nie, maar dit moet met ‘n aksie gepaard gaan. Ek kan nie maar net hoor en niks doen nie, ek moet hoor en gaan doen, en dit beteken om gehoorsaam te wees.

Dan kan ek afsluit met seker die vers in die Bybel wat dit die maklikste maak om geloofsekerheid te verkry, geregtigheid te omskryf en die genade van die HERE vir ons uitbeeld: “En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.” (1Jn 5:11-15)

Ek wil weer afsluit met ‘n video lied wat soveel beteken het al in my eie lewe om enige twyfel wat ek dalk nog gehad te verwyder. Dit is eintlik ‘n kombinasie van twee liedere wat altwee dieselfde naam het, maar baie verskillend van mekaar is. Dit heet In Christ Alone, en dit is wat ons as Christene van enige ander geloof skei. Dat ek slegs na die Vader kan gaan deur Christus. Daar is geen ander weg wat ons kan volg nie.


Woensdag 25 Mei 2016

Verlede week was die pers vol van ‘n kontroversieële advertensie van twee mans wat mekaar soen en dan glo eindig waar een ‘n kondoom afrol. Dit is na 9 uur in die aand uitgesaai, so nie in gesinstyd nie. Ek moet erken ek het nie self dit gesien nie, so wat ek gaan skryf is gebaseer op terugvoer in die pers oor die onderwerp, en dan natuurlik wat die Bybel ons daaroor leer.

Maar eers iets oor die advertensie self en wat die doel daarmee was. En ek haal aan; “The advertisement from wethebrave.co.za that's part of a gay men sexual health campaign, an initiative by the Anova Health Institute and the Elton John Aids Foundation, has triggered a flood of viewer complaints to the Advertising Standards Authority (ASA)."The aim of the advertisement is not to shock, but to attract our market through creating scenarios to which they relate," says the Anova Health Institute."With 4.9 million South Africans – 10 percent of the population – identifying as homosexual, this is a matter of public interest and urgency, and we do not have the luxury of tiptoeing around the issues."

So my opinie gaan ek ook nie op my tone rondtrippel oor die advertensie nie. Die politieskorrekte Media24 het die advertensie saam met hul berig geplaas en natuurlik gesê hulle het geen probleem daarmee nie, alhoewel ‘n hele paar TV stasies geweier het om die advertensie uit te saai. Dankie vir hulle wat nog die waardes van hulle kykers in gedagte hou. Dit is ook nie ‘n nuwe onderwerp nie, want dit het einde verlede jaar baie aandag geniet met die NG Kerk se besluit dat hulle dit wou goedkeur, maar nou uitgestel is vir 2 jaar.

Ek kan maar net my eie posisie daarom stel, wat ek glo op die korrekte interpretasie van die Bybel gebaseer is, en nie een wat nou op sogenaamde “nuwe openbarings” gebaseer is nie. So vergeet maar van die nuwe openbarings van die NG Kerk teoloë.

1.      Rigters se siening.

·         Een wat ook deur die NG Kerk gebruik was is die geskiedenis van die Leviet van Rigters 19 tot 21 gebaseer. Hulle gebruik sommer die eerste vers in hoofstuk 19 en verklaar dat daar chaos was aangesien daar geen sentrale gesag was in Israel nie. Dit is natuurlik absolute bog aangesien die HERE met ons elkeen ‘n persoonlike verhouding wil hê, maar hulle wil nie dit verklaar nie want dan verloor hulle hul eie mags posisie.
·         Israel was bekend daarvoor dat hulle ook maar soos ons nie direk verantwoordelikheid vir hulle gedrag wou aanvaar nie want hulle het alreeds in Moses se tyd gesê: “En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan. En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons. Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie. So het die volk dan op ‘n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was. Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het”.(Exo 20:18-22)
·          So nadat hulle in Israel ingegaan het, het die HERE elke keer ‘n rigter opgerig om lyding te neem wanneer dit nodig was om as volk op te tree, maar daarna het elkeen weer huis toe gegaan waar elke huisgesin sy eie Leviet gehad het om alle offers waar te neem vir die gesin en hulle te leer van die HERE.
·         Die boek Rigters is natuurlik ook ‘n probleem vir die wat vrouens wil uitsluit uit die bediening aangesien Deborah ook as rigter gedien het, wat ‘n bietjie van ‘n tammeletjie is vir die wat vrouens as tweede rangse skepsels uitmaak. Hulle moet net ook onthou dat Eva wel die val veroorsaak het, maar dat Maria ook die vrou se rol in ere herstel het om Jesus in die lewe te bring. So Eva het die val veroorsaak, maar die verlosser is uit Maria gebore. En dan was daar natuurlik die profetes in die tempel in Jesus se tyd. “En Símeon het hulle geseën en aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot ‘n val en ‘n opstanding van baie in Israel en tot ‘n teken wat weerspreek sal word— ja, ‘n swaard sal deur jou eie siel gaan—sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word. En daar was Anna, ‘n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe; en sy was ‘n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.”(Luk 2:34-37)
·         Paulus se hele gesanik oor vroue in Timoteus het nie een kruisverwysing na enige ander gedeelte in die Bybel het nie. Behalwe natuurlik sy eie skrywes. Maar nou het ek heeltemal afgedwaal, maar miskien is dit nodig vir iemand daar buite om te weet.
·         Terug na die advertensie. Ons lees in Rigters hoe die mans van die stam van Benjamin ‘n Leviet se byvrou verkrag het totdat sy dood was. Hy het haar toe in stukke gekap en na die stamhoofde gestuur, en nadat hulle die HERE genader het oor wat om te doen, was die antwoord van die HERE dat hulle na Benjamin se stam toe moes gaan, uitvind wie dit begin het, en hom ter dood veroordeel. Ons ken die geskiedenis dat niemand wou praat nie en dat daar op een dag meer as 21,000 mans gesneuwel het. So dit wat ons hieruit kan leer is dat seksueele sonde tot die dood lei. Klaar. Geen ander uitkoms nie. Ons dien ‘n God wat gister, vandag en more dieselfde optree, maar ons dink ons weet mos beter. Nee, seksueele sonde is sonde aan die liggaam, en jou liggaam is ‘n tempel van die HERE. So nou sleep jy die tempel van die HERE in sonde in en is jy dood verklaar. Jy SAL nie die ewige lewe kry nie.

                  2. Sodom en Gommorra.

·         Die woord sodomie word afgelei van die stad se naam. Nou is daar sogenaamde nuwe openbarings wat twyfel laat ontstaan oor of hulle vernietig is oor die seksueele sonde of oor hul verwerping van gesag. “En die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe en gesê: Kyk tog, my here, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal op die plein vernag. Maar hy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle ‘n maaltyd berei en ongesuurde koeke gebak, en hulle het geëet. Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam. En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken.” (Gen 19:1-5) Ek lees verseker nie van opstandigheid van die mense teen gesag nie. Hulle het presies geweet wat hulle wou doen. Hulle straf? Beide dorpe is deur vuur verbrand sodat daar niks oorgebly het nie. Dit is weereens ‘n bewys dat sonde aan die liggaam dood beteken.

3. Romeine se siening.
·         “Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.(Rom 1:17-32) Dit is wat gebeur wanneer ons ons nuwe openbarings wil promoveer. Ons word verwerp deur die HERE.

Geen uitsonderings nie. Die hele rede vir teenkanting teen die advertensie is dat God die mens as man en vrou geskep het. Indien ons die adverteerders se syfers gebruik, beweer hulle dat 10% van die bevolking so is. Dit beteken dat daar met die sesde basuin van Openbaring 6 vers 12 tot die einde van die hoofstuk,  5 miljoen mense hulle onmiddelik in Hades sal vind. Nou saam met hulle is daar ten minste 2 persone wat elke een van hierdie verhoudings goedkeur, en soos Paulus dit stel, daardeur hulle self ook dieselfde oordeel in die gesig staar. “dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.”  So dit maak nog ‘n verdere 10 miljoen mense wat verlore gaan. Wanneer ons na Openbaring kyk sien ons die in Openbaring 9:18  “Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het; “. Wanneer ons mooi gaan kyk na Openbaring vind ons dat slegs een uit drie mense wat nie die eerste dood, die van die wat nie die HERE as hul HERE gehad het nie, dat slegs een derde van die mense sal standhou om saam in die Nuwe Jerusalem te woon. So 2 uit elke 3 persone wat as Christene leef op aarde se name sal nie in die boek van die lewe verskyn nie.

Hoe tragies is dit nie. En nou gee ons al sommer op aarde ons vooruitsig op die ewige lewe op om onsself met hierdie mense te vereenselwig. Want dit is mos “liefde”. Ware Christen liefde is wanneer ons mense uit die vuur uitruk en nie bang is vir die gevolge nie. Ek wil nie dat een persoon verlore gaan nie, maar dat die mense hul sal bekeer van hul verkeerde weë.

Daar is net een uitweg, aanvaar dat die HERE jou sonde kan vergewe, breek met al hierdie valsheid wat deur almal versprei word, en leef ‘n lewe waardeer die HERE verheerlik word. Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,” (1Pe 1:3) (Rom 6:11) “ So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.” “terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur, om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.” (Hand 26:17-18) (Ef 2:3)  “onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander”. (2Pe 1:4)  “waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!” (Mat 6:24)

So wat is die probleem met die mens? Wedergeboorte. Ons word mos as babas gedoop en verstaan nie dat die doop juis die plek is waar die krag van Satan, in Israel se uittog, die Farao, totaal en al verslaan word nie. Nee, ek is mos as baba gedoop en nou maak ons mos engeltjies groot wat nie verkeerd kan doen nie. Weet jy doop is so belangrik dat my een dogter vir my gesê het dat sy liewer by die huis bly want almal in die tienerkerk sal daardie naweek gedoop word nadat hulle geleer het wat doop beteken. En om ‘n gratis, ere besoek aan Letaba voor nee te sê, was vir haar nie belangrik nie. Sy wou gedoop word. O ja, sy is ook as baba gedoop toe ons nog in Calvinistiese kringe beweeg het.

Weet jy die HERE wag vir jou om vergifnis te vra, en dan kan jy aanbeweeg. Kyk maar na Psalm 51 waar Dawid die HERE smeek vir vergifnis, maar ook dat die HERE nooit Sy Helige Gees van hom sal wegneem nie, want Dawid het geweet dat die Helige Gees hom oortuig het van sonde, en dan sal leer aangaande alles. Dit is immers Sy werk wat Hy moet doen, en dit kan Hy kwaliks doen by ‘n baba wat meeste van die tyd nog nie kan loop nie. Daar is ‘n lied wat soveel vir my beteken, en as jy daarna luister en die passie sien wat die persoon dit mee sing, sal jy verstaan vergifnis is nie maar net hierdie kort gebedjie nie, maar daar is ‘n groot rede daar agter, en dit is om ander te oortuig deur jou wandel en jou weë wat dit beteken om kind van God te wees. Ek hoop dat jy die gedeelte kan gebruik om mense te oortuig van bekering.

Hier is die skakel na die lied: https://www.youtube.com/watch?v=aGW1x_lLp2o (Please forgive mee van Michael English.) Onthou net om "back" te druk op jou internet program wanneer jy die video klaar gekyk het.

Indien jy nie weet waarvan ek praat nie, kyk na die volgende video en dan sal jy weet waarvan ek praat. (onderhoud me Michael English en dan een van sy mooiste liedere ooit.)  https://www.youtube.com/watch?v=rZzKajwrLXo&list=RDrZzKajwrLXo#t=26

Dinsdag 03 Mei 2016

Moses se roeping

Moses en die slang

Dit is nogal snaaks hoe die lewe verloop. Ek het so ‘n paar weke gelede gedink ek het nou vir ‘n jaar goed wat na aan my hart lê met mense gedeel, en toe vir Hettie gesê ek dink ek is nou klaar. Ek het nog soveel wat ek graag wil deel, maar dit is maar meestal in my boeke vervat so dit maak nie sin om dit hier ook te pos nie. En dan is meeste van die artikels maar redelik lang stories aangesien ek daarvan hou om seker te maak dat my argumente ten alle tye regverdig en korrek is.

Dit is soos iemand nou die dag vra wat is die verskil tussen ‘n feit en die waarheid. Alhoewel dit verseker sinonieme is, sal ‘n feit nooit verander nie, terwyl die waarheid geglo moet word. So dit moet beoordeel word om te sien of dit aan alle vereistes voldoen om die waarheid te wees. En die waarheid mag dalk verskil tussen my en jou, aangesien ek dalk ander maatstawwe gebruik om te glo as jy.

Maar terug na dit wat ek vandag wil deel. Ek is so die afgelope drie weke besig om te kyk na hoeveel liegstories deur goeddenkende welbekende kerkleiers op youtube en ander plekke gepos word. Ek was nogal verbaas hoeveel daar is. Daar was ‘n spesifieke een wat my aandag getrek het en dit het gegaan daaroor dat die antichris op 5 Mei ontbloot sal word. In die boodskap skryf hy toe ook alle antisemitisme toe aan Hitler en sy bewind.

Ek het toe maar onmiddelik kommentaar daaroor gelewer en verwys na van die persone wat tereggestel is in Nurumburg oor hulle aandeel gedurende die tweede wêreld oorlog waar hulle dit baie duidelik gestel het dat hulle gedoen het wat Martin Luther in sy boek “The Jews and their Lies” voor gevra het. Toe ek die volgende dag terug gaan na die video toe sien ek dat alle kommentare verwyder was en dat geen kommentaar verder oor die spesifieke video gelewer mag word nie.

Ek het toe begin om so ‘n bietjie navorsing na aanleiding van die stuk te doen en het redelik baie geleer. Dit het my nogal laat wonder of ek nie maar tog moet voortgaan om die foute uit te wys of nie.

Gistermiddag terwyl ek nog daaroor dink, want dit ontstel my dat goeie Christene so om die bos gelei word deur mense wat hulle eie agenda het, kom daar skielik in my gedagte ‘n teks op wat ek al oor geskryf het en nogal ‘n groot indruk op my lewe gemaak het. En Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van God, by Horeb. Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. (Exo 3:1-4)” “Toe antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: Die HERE het nie aan jou verskyn nie? Daarop vra die HERE vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ‘n Staf. En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het ‘n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug. Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en dit gegryp, en dit het ‘n staf in sy hand geword— sodat hulle kan glo dat die HERE, die God van hulle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, aan jou verskyn het.”(Exo 4:1-5)

Dit is maar waar my nuuskierigheid vandaan kom, want Moses kon ook sommer maar net verby gestap het sonder om belangstelling te toon. So dit was so half asof dit vir my bevestiging was dat ek moet voortgaan met my ondersoek. Maar toe lees ek die tweede gedeelte waar Moses sy staf moes neergooi en dit in ‘n slang verander het, en dat die HERE Moses aansê om die slang aan sy stert op te tel. Dit rym nie met ons normale denke nie, want jy moet tog die kop eers vaspen voordat jy ‘n slang optel want dan weet jy dat jy veilig is. Maar nou sê die HERE tel hom aan sy stert op. Dit rym net nie, behalwe as die boodskap daaragter gesien word.

Die boodskap kom al van die Paradys se dae af waar die slang, die satan aangesê word dat hy die mens aan die hakskeen sal byt en die mens sy kop sal verbrysel. Maar, hier gee die HERE te kenne dat Moses nie nodig het om die slang se kop te verbrysel nie, maar sommer aan die stert weer moet optel. Hoekom? Want die HERE sal die slang se kop, die satan, self verwoes. Hy het nie my hulp nodig nie. Al wat Hy van my verwag is om vas te stel wat die boodskap is wat na my toe kom en dit te gehoorsaam.

Dan kan ek daardie boodskap ondersoek en uitvind of dit die boodskap van Jesus as verlosser vir ALLE nasies, tale, en kulture bevat, of help dit dalk om twyfel te veroorsaak sodat ek twyfel of Jesus se woorde aan die kruis “Dit is volbring”, afmaak as iets wat dalk nie regtig waar is nie, en so my sekerheid verloor. Gaan kyk maar self hoeveel uitlegte van Openbaring verklaar dat Jesus nie alles gedoen het nie, dat Hy weer fisies in Jerusalem moet kom heers, dat daar weer ‘n tempel opgerig moet word, dat daar weer fisies diere geoffer moet word. Dit kan net beteken dat Jesus nie alles volbring het wat Hy moes nie, en nou het die slang se kop jou bygekom, en is jy in die satan se mag. Jy ontken dat Jesus alles reeds volbring het.

Paulus beskryf die verskil vir ons baie mooi in Galasiërs 4: “Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar; want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal. Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ‘n man het. Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.” (Gal 4:22-31) So die Jerusalem wat vir ons as kinders van God bestem is, is nie op hierdie aarde te vind nie. As jou boodskapper anders verklaar, is hy al klaar deur die satan oorwin.

So op die ou einde het ek maar besluit om net die gedeelte te deel, sodat jy self kan besluit of jy die slang aan die stert wil optel en die HERE vertrou om sy kop te verbrysel, en of jy saam met van die geleerdes, die slang aan die kop wil optel en so onder sy mag gaan kom. Ek sal nie verder valse leerstellings en leiers probeer uitwys nie, want ons het elkeen die plig om self dit te doen. Selfs in Paulus se dae het hulle dit so gedoen: “Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne.” (Hand 17:10-12)
So ondersoek eers die boodskap wat jy ontvang, dan die skrifte in konteks en vergelyk dit met die Bybel en glo dan.

Groetnis vanuit die winter in Steynsburg.


Ns. Die ander plek waar ek die gedeelte gebruik het, is in my bespreking oor wie die HERE roep tot die bediening, en is beskikbaar by: http://shamaministries.org.za/wp/home/afrikaanse-artikels/moses-3-oor-algemene-lewensvrae/moses-3-vers-6-wie-roep-die-here-vir-die-bediening/

Maandag 11 April 2016

Who do you preach? The murdered or the murderer?



I have a very heavy burden today that I would like to write about, but find it extremely difficult. It is not the first time that it has happened in my life, as it happened years ago in 2002 when I also found a specific subject that was extremely confusing to me and took me actually years to write about.

Todays subject is even worse and has been with me since 16 April 1996, but I still feel that most people reading it will ignore it, as they do with most of the things I write about. But I am obedient and will do what He told me to do.

What is the subject that I have for today?
 
I wonder how many people follow the doctrine of the murderer, rather than following the doctrine of the murdered. In South Africa I believe close to 80% of people that admit to being a Christian actually follow the theology of the murderer. So I want to compare the two theologies with each other, that of Jesus the murdered and that of the murderer, John Calvin.

Jesus. - He was killed after being found innocent, so he was murdered. Pilate said to them, "Then what shall I do with Jesus who is called Christ?" They all said, "Crucify Him!" And he said, "Why, what evil has He done?" But they kept shouting all the more, saying, "Crucify Him!" When Pilate saw that he was accomplishing nothing, but rather that a riot was starting, he took water and washed his hands in front of the crowd, saying, "I am innocent of this Man's blood; see to that yourselves." And all the people said, "His blood shall be on us and on our children!" Then he released Barabbas for them; but after having Jesus scourged, he handed Him over to be crucified.” (Mat 27:22-26)

Calvin.- He accepted the responsibility for murder and encouraged his followers to kill. His own words were as follows: "Honour, glory, and riches shall be the reward of your pains; but above all, do not fail to rid the country of those scoundrels, who stir up the people to revolt against us. Such monsters should be exterminated, as I have exterminated Michael Servetus the Spaniard." http://www.bcbsr.com/topics/servetus.html The Bible actually declares the following about leaders: “Remember those who led you, who spoke the word of God to you; and considering the result of their conduct, imitate their faith.” (Heb 13:7) I do not believe in following someone who is a self confessed murderer.

Jesus. – All people can be saved. “"But I tell you the truth, it is to your advantage that I go away; for if I do not go away, the Helper will not come to you; but if I go, I will send Him to you. "And He, when He comes, will convict the world concerning sin and righteousness and judgment; concerning sin, because they do not believe in Me; and concerning righteousness, because I go to the Father and you no longer see Me; and concerning judgment, because the ruler of this world has been judged.”   Joh 16:7-11) So the first work of the Holy Spirit is to convince people of their sin. Only once we are accept this, can we call out to the LORD to save us. “Then the LORD God said, "Behold, the man has become like one of Us, knowing good and evil; and now, he might stretch out his hand, and take also from the tree of life, and eat, and live forever"-- therefore the LORD God sent him out from the garden of Eden, to cultivate the ground from which he was taken.” (Gen 3:22-23) This is in direct opposition to what Calvin states that man is totally deprived of anything that can reverse the works of Satan in Adam. This is the T of TULIP. No person knows everything, but we do have the ability to chose between right and wrong. So I have to take responsibility for all my works and deeds.

John declares what Jesus came to do: "For God did not send the Son into the world to judge the world, but that the world might be saved through Him. "He who believes in Him is not judged; he who does not believe has been judged already, because he has not believed in the name of the only begotten Son of God. "This is the judgment, that the Light has come into the world, and men loved the darkness rather than the Light, for their deeds were evil. "For everyone who does evil hates the Light, and does not come to the Light for fear that his deeds will be exposed. "But he who practices the truth comes to the Light, so that his deeds may be manifested as having been wrought in God."  (Joh 3:17-21) So the love of Jesus is available to all people, not just the so-called elect.

Calvin. – The grace of God was limited according to Calvin hence the statement of limited atonement, the L in TULIP. He places the greatest emphasis on the fact that God can reject all of mankind. The real question is rather that a God of love, can refuse His love to mankind. The Bible emphasizes the love of God to all people, as well as that all can be saved. It is because of this love that we have to defend His character and test Calvinism to the message of the Bible.

According to Calvin man can be saved without man believing in the gospel or not. According to his writings nobody can be saved without God interfering first, causing man to be rebirthed, and then giving them the saving faith to those he predestined. Calvin says man is totally incapable that he has no means to accept the saving grace of God, without him being predestined to be able to do it. So God gives some people faith, the same way He also leads others to sin. Why? We cannot find an answer to that because that is God’s secret.

The deduction from this is that God, who is love, does not share his love with some people in order to save them, but only reserves it for a select group of people the He predestined to be blessed. Calvin tries to explain this lack of love to the mystery of God’s will and purpose.

He also declares that all things on earth are played of like a script for a play or a movie, and that He is responsible for everything. Man cannot interfere with His plan, and hence does not have to take the responsibility for anything in their lives. If you are part of the elect, you will do as He pleases, and if you are not predestined the fault is still yours as you were not part of the elect. Now in the first book of the Bible, way back in Genesis I read the following: And the LORD said, "The outcry of Sodom and Gomorrah is indeed great, and their sin is exceedingly grave. "I will go down now, and see if they have done entirely according to its outcry, which has come to Me; and if not, I will know." (Gen 18:20-21) Why did the LORD come down personally to see if things were really as bad in Sodom and Gomorra as the words that came to Him? Surely He should have known if he controlled everything that happens.

Conclusion.

When you follow the theology of a murderer, it is impossible to believe in the working of the Holy Spirit. That is why the Apostles Creed only says: “I believe in the Holy Spirit”. So what the Holy spirit came to do and how He still works today is still a mystery to them. They are not all that different from the Pharisees at the time of Jesus and even Isaiah, as Isaiah puts it: "To whom would He teach knowledge, And to whom would He interpret the message? Those just weaned from milk? Those just taken from the breast? "For  He says, 'Order on order, order on order, Line on line, line on line, A little here, a little there.'" Indeed, He will speak to this people Through stammering lips and a foreign tongue, He who said to them, "Here is rest, give rest to the weary," And, "Here is repose," but they would not listen. So the word of the LORD to them will be, "Order on order, order on order, Line on line, line on line, A little here, a little there," That they may go and stumble backward, be broken, snared and taken captive.” (Isa 28:9-13)

So my question is, What are you going to do? Will you continue to follow the theology of a murderer, or are you going to open up to the Holy Spirit in order that he can lead you. That He can convince you of sin, and lead you to a time when you can cry out to the LORD to save you. That His blood can take away your sin and lead you to be baptized where you can rid yourself of your life working for Satan, and place yourself under the authority of the LORD of LORDS.

Go and read Hbrews 6 verses 1 and 2 to find the exact sequense we have to follow to ensure that we are God’s children. Paul follows the exact same sequence in his book to the Romans, starting at repentance and then every step thereafter.

So my last question is: Are you following a murderer, or the One who was murdered?
Just remember if you shared communion you will be in heaven, but I would like you to be in Jerusalem and not in Egypt, and that you follow the gospel of Jesus Christ and not that of John Calvin.

To really know what it is all about, download my book The covenant of Righteousness and The Revelation of John Revealed from my website at www.shama.org.za and follow the link at the bottom of the homepage, or watch the video series of the Covenant on Youtube
https://www.youtube.com/playlist?list=PL4uenUs3KsejvEENd_8RRonRZQRVIL9nW

Wie verkondig jy? Die vermoorde of die moordenaar?



Vandag het ek iets op my hart wat vir my baie moeilik is om neer te pen. Ek kan net sê dit is nie die eerste keer dat ek so voel nie. Toe ek in 2002 baie geskryf het, was daar een spesifieke onderwerp  wat vir my baie vreemd was, en wat jare gevat het om te verwerk en uiteindelik te boekstaaf.

Vandag s’n weet ek nou al baie jare van, sedert 16 April 1996, maar het ek tog die gevoel dat mense wat dit lees dit sal ignoreer soos hulle maar met meeste van my goed doen. Maar, ek is gehoorsaam aan Hom en doen dit wat Hy my beveel het om te doen.

So wat pla my vandag?

Die kort en die lank is dat ek wonder hoeveel mense daar wêreldwyd is wat die teologie van ‘n moordenaar volg. Ek glo in Suid Afrika is daar seker 80% van die mense wat sê dat hulle Christene is, wat die moordenaar se teologie volg. Ek wil graag die boodskap van Jesus met sy teologie vergelyk.
 
Jesus.   Is onskuldig gedood. Hy is vermoor.  Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word! En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word! En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder ‘n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien! En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom! Toe laat hy vir hulle Barábbas los, maar Jesus het hy laat gésel en oorgelewer om gekruisig te word.” (Mat 27:22-26)

Calvyn. – Aanvaar aanspreeklikheid vir moord en moedig mense aan om mense te dood. Calvyn se eie uitspraak is as volg: "Honour, glory, and riches shall be the reward of your pains; but above all, do not fail to rid the country of those scoundrels, who stir up the people to revolt against us. Such monsters should be exterminated, as I have exterminated Michael Servetus the Spaniard." http://www.bcbsr.com/topics/servetus.html Die Bybel verklaar die volgende oor leiers: Heb 13:7 “Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Ek glo nie ek wil ‘n self erkende moordenaar navolg nie.

Jesus. Alle mense kan gered word. Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.” (Joh 16:7-11) So die Helige Gees sal almal oortuig van sonde. Dit is Sy eerste werk, en eers wanneer ons oortuig is van ons sonde, het ons die vermoë om die HERE te nader sodat Hy ons kan red. “Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.” (Gen 3:22-23) Hierdie gedeelte is verkeerd vertaal in die 1983 vertaling omdat dit lynreg teenoor Calvyn se leer staan. Daarom is dit die enigste vertaling waar dit staan: Toe het die Here God gesê: "Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken.” Geen mens ken alles nie, maar die gedeelte is spesifiek so vertaal sodat dit nie strydig is met Calvyn se leerstellings nie. Ek weet wat is reg en ek weet wat is verkeerd, en het die vermoë om tussen die twee te onderskei. So ek moet verantwoordelikheid neem vir al my dade.

Verder verklaar Johannes se evangelie dit as volg: God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is." (Joh 3:17-21) Jesus se liefde is vir alle mense, nie net sekere mense nie.

Calvyn. God se genade, soos Calvyn dit verstaan het, was baie beperk. Hy lê die grootste klem op God se regverdigheid, en sê dat God regverdiglik die hele menslike ras kan verdoem. Die werklike vraag is egter of 'n God wat liefde is, sal nalaat om verlossing aan enigeen aan te bied. Die Bybel beklemtoon God se liefde vir alle mense duidelik, asook sy begeerte dat almal gered sal word. Dit is ter wille van die verdediging van God se liefde en karakter dat ons Calvinisme aan 'n skriftoets moet onderwerp.

Volgens Calvyn het redding niks daarmee te doen of 'n persoon die evangelie glo of nie. Volgens hom kan niemand geloof tot redding beoefen voordat God hom wederbaar het en geloof in diegene wat Hy uitverkies het, se harte geskep het nie. Calvyn beweer dat 'n mens só verdorwe is dat daar by hom 'n totale onvermoë is om die Here aan te neem en gered te word. God laat mense dus glo, net soos wat Hy sommiges laat sondig. Hy red sommige mense, en verwerp ander mense. Hoekom? Dit kan ons nie verklaar nie want dit is God se geheim.

Die gevolgtrekking hiervan is dat God, wat liefde is, nie alle mense genoeg liefhet om hulle van die ewige verderf te red nie, want Hy reserveer sy liefde net vir 'n selektiewe groep mense wat Hy tot saligheid uitverkies het. Calvyn probeer om hierdie gebrek aan liefde te verklaar deur dit aan die misterie van God se wil en doel toe te skryf.

Verder verkondig Calvyn dat die HERE alles laat gebeur op aarde en verantwoordelik is vir alles, en dat die mens nie enigsins iets daaraan kan doen nie, en daarom nie verantwoordelikheid vir enigiets hoef te aanvaar nie. Indien jy uitverkies is sal jy reg lewe, indien nie is dit nogsteeds jou fout want jy is nie uitverkies nie. Ek lees weer die volgende in Genesis: Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar. Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.” (Gen 18:20-21) Hoe is dit dan dat die HERE self moes kom kyk of Sodom en Gommora regtig so sleg was indien Hy alles laat gebeur en vooraf al bepaal het?
 
Gevolgtrekking.

Wanneer jy die teologie van ‘n moordenaar aanhang, kan jy nie glo in die werking van die Heilige Gees nie, want jy weet nie wat Hy in jou lewe beteken nie. Daarom dat die geloofsbelydenis van die Calvinistiese gemeentes slegs sê: “ Ek glo in die Heilige Gees”. Wat die Heilige Gees kom doen het en hoe Hy vandag nog werk is vir hulle duister. Hulle is nie veel anders as die Fariseers van Jesus se tyd nie, want dit is soos Jesaja dit uitdruk: “Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie. Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek, Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie. Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.”  (Isa 28:9-13) Lees dit in die nuwe verdwaling, en dan lag jy oor hoe dit vertaal is.

Wat gaan jy doen? Gaan jy voort deur ‘n moordenaar se teologie te volg, of gaan jy toelaat dat die Heilige Gees jou lei in alles wat jy doen? Dat Hy jou oortuig van sonde, dat Hy jou kan lei om uit te roep na die HERE vir vergifnis, dat jy kan glo dat net die HERE jou kan red, dat net Sy bloed jou skuld kan betaal, en dan dat jy deur die doopwater kan gaan om weg te kom van die land waar die Satan heers en jou onder Sy leiding te plaas. Gaan lees maar Hebreërs 6 verse 1 en 2 en sien wat die volgorde is om kind van God te word. Dit stem ooreen met Paulus se hele rede aan die Romeine ook, wat begin met bekering en dan elke stap soos in Hebreërs uitlig.
 
Dit is my vraag vir jou. Volg jy die moordenaar of volg jy die Vermoorde?

Onthou net dat indien jy nagmaal gebruik het jy in die Hemel sal wees. Ek wil jou net graag in Jerusalem kry en nie in Egipte nie. Gaan lees maar my boeke Die Verbond van Geregtigheid en Die Openbaring van die Openbaring van Johannes. Hulle is beskikbaar op my webtuiste gratis by www.shama.org.za en volg dan die skakel na die boeke onder die inleiding.

Of indien jy video verkies, kyk na die reeks oor die Verbond van geregtigheid op Youtube by