Gebaseer op die 2de brief van Petrus
Ek wil graag in hierdie kort
reeks kyk na die 8 deugde wat Petrus vir ons as Christenne uitlig en wat
hierdie deugde vir ons beteken wanneer ons dit as ons waardestelsel gebruik . Maar
voor ons daar kan kom moet ons eers kyk na wat beteken die woord sukses. Hoe
definieër ons sukses?
Woordeboek betekenis: Gunstige beëindiging van 'n onderneming; dikwels, spesifiek, die
bereiking van rykdom, roem, ens. As ons na wêreldse suksesse kyk kry ons name
soos Bill Gates, Bill Clinton, Donald Trump, Warren Buffet en dalk ook Nelson
Mandela. Maar wat van Billy Graham? Meeste mense sal sê dat hy baie gedoen het
om die boodskap van Jesus uit te dra, maar sal hom nie sommer as een van die
suksesvolste persone beskryf nie.
Maar ek wonder altyd oor die volgende
vers wanneer ek aan sulke persone dink: Markus 8:36 “Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel
skade ly?”
“Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n
alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die
sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik,
maar die onsigbare ewig.” (2Kor. 4:17-18) So Jesus vertel ons dat ons nie
moet let op die sigbare tekens nie, maar na die onsigbare tekens wat vir ons saligheid,
siel en gees, sal waarde toevoeg. So dit
gaan nie oor ons fisiese lewe nie, maar oor ons geestelike lewe waar ons op
moet konsentreer en suksesvol moet wees. Ons moet konsentreer op dit wat
ewigheids waarde het. Nou skryf Paulus ook die volgende aan Timotheus: “Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en
oefen jou in die godsaligheid. Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut,
maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die
teenwoordige en die toekomende lewe het.” (1Ti 4:7-8) Nou kom ons nader
aan die waarheid, en iets om na te streef en te bereik wat ewigheids waarde het.
Maar dit gaan oefening en dissipline verg om by die punt uit te kom waar dit
nie net vir die lewe hierna nie, maar ook ons lewe nou gaan beïnvloed. Nou kom
ons nader aan ‘n definisie van werklike sukses vir Christenne. ‘n
Gedissiplineerde najaag van ‘n godsalige lewe sal vir ons sommer ‘n dubbel
dosis sukses inhou, beide fisies en geestelik.
Bybelse sukses word dan gedefinieer volgens hoeveel
godsaligheid ons bereik tydens ons lewe hier op aarde.
Nou het ons ons doel gedefinieër: om godsaligheid te
bereik. So ons moet onsself disiplineer om die doel te bereik soos wat ons vind
atlete dit doen om sukses op hulle gekose vlak te bereik, of akedemiese persone
wat hulle toewy om hul doel te bereik, of ‘n besigheids persoon wat graag die
hoogste sport in sy besigheid wil bereik. Hulle lewe en wy hulle self toe om
hierdie doel van hulle te bereik, maar dit kos disipline en toegewydheid. Dit
is hoe ons dit ook moet doen. Ons godsaligheid moet die hele tyd ons hoogste
prioriteit wees, en dit is wat ons moet nastreef.
Dit is ook hoekom Jesus gesê het: “Mat 6:24 Niemand
kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy
sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!”
So ons moet ons godsaligheid najaag met dieselfde erns as wat jy jou besigheids
sukses najaag. Ek sê verseker nie jy moet jou werk los en nou net jou
godsaligheid najaag nie, maar jy moet dit in dieselfde lig sien soos jy jou
hele lewe sien. Dit is nie net maar iets wat ek elke nou en dan aandag aan
spandeer nie. Dit moet heeltyd iets wees wat ek nastreef om te bereik.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking