Dinsdag 12 Januarie 2016

Wie was Barnabas en wat was sy leerstellings?

Beskrywing van Barnabas deur  Chris van Wyk | Nico Simpson | Frederick Marais van hul boek oor Barnabas.

“Ons gebruik ’n meesterverhaal, dié keer nie ’n hoofstuk of boek in die Bybel nie, maar ’n karakter in die Nuwe Testament, Barnabas.  Barnabas is een van die onvertelde en onderskatte verhale in ons Bybelse biblioteek.  Hy is egter by uitstek iemand wat wys hoe ’n lewenstyl gevorm word deur die geestelike gewoontes wat jy beoefen:
  • Die Here kon Barnabas se dankoffer gebruik om die eerste gemeente finansieël te bemoedig en te laat oorleef.  Sonder sy vrygewigheid sou die gemeente baie moeilik ‘n basis kon wees vir die eksponensiële groei van die koninkryk in die eerste paar dekades van ons jaartelling.
  • Die kerk kon Saulus en sy bediening aanvaar weens Barnabas wat hom gasvry ontvang het en só vir Saulus as borg in  die eerste gemeente opgetree het.  Daarsonder sou die kerk baie maklik eksklusief-Joods kon bly en kon kies om nie grense na ander oor te steek nie.
  • Die jong Johannes Markus het in Barnabas ‘n begeleier en mentor van formaat gevind wat hom deur sy gawe van bemoediging in staat gestel het om nie net uiteindelik met Paulus te versoen nie, maar ook die eerste en oudste evangelie te skrywe.  Sy evangelie skets die eerste koherente prentjie van Jesus wat deur die ander sinoptiese evangelies as bronteks gebruik is.
Barnabas het ‘n fenomenale bydrae tot die eerste kerk en die vestiging van die koninkryk gemaak.  Woorde ontbreek eintlik om sy bydrae na waarde te skat.
Hy was veral ‘n Bemoediger, soveel so dat dit sy bynaam geword het.  Hy was ‘n Borg vir Saulus, ‘n Brugbouer in Antiogië, ‘n Bemagtiger van Saulus as leraar, ‘n pionier Bedienaar van die evangelie aan die heidene en ‘n bobaas Begeleier van jong gelowiges.
Barnabas is dus vir almal van ons ‘n voorbeeld van iemand wat sy arsenaal van gawes – bemoediging, vrygewigheid, gasvryheid, begeleiding – tot voordeel van die kerk en in diens aan die Here aangewend het.  Hy illustreer vir ons hoe ‘n Christelike lewenstyl werk.
Of ‘n mens nou kan peil trek op die 6de eeuse monnik van Siprus, Alexander Monachus, se beskrywing van Barnabas al dan nie – “his face was like that of an angel ... and he had sparkling eyes” (Laudatio Barnabae, 25) – Barnabas verdien ‘n plek in die harte van Christene wêreldoor as ‘n man wat  uitnemend geslaag het daarin om sy gawes in diens van sy roeping in die kerk en koninkryk in te span.  Hy is ‘n ware stigterspionier van die kerk van Christus wat meegewerk het aan sy wêreldgestalte.” Tot hier is hulle beskrywing.

Maar wat het Barnabas die mense geleer.


Daar is eerstens die Evangelie soos opgeteken deur Markus, wat ‘n metgesel van Paulus en Barnabas was. Markus is die oudste van die vier evangelies van die Bybel, en dit is hoe Paulus en Barnabas die evangelie weergegee het aan die Jode en ander in die sinagoges. Na Paulus se vertrek het Markus agter gebly by Barnabas, en het hy nog twee boeke geskryf wat nie in die Bybel soos ons dit vandag ken opgeteken is nie.

Die een boek, die handelinge van Barnabas vertel die verhaal van hoe hulle in Cyprus gewerk het onder Barnabas se landsgenote, en hoe hy uiteindelik opgehang is en tot as verbrand is. Die tweede boek is een wat ek so ‘n paar gedeeltes vir ons in Afrikaans vertaal, aangesien die boek sover aan my bekend, net in Engels beskikbaar is.

Daar is ook ‘n boek die Evangelie volgens Barnabas wat glad niks met Barnabas te doen het nie, en wat ek nie eers wil vra dat mense dit lees nie, want dit is eers in 400NC gesktyf deur iemand wat gedink het hy kan Barnabas se naam gebruik om sy onsinnighede mee bekend te stel.

Maar terug na die brief van Barnabas. In die brief gebruik hy deurgans die vertolking van fisiesegebeure of voorskrifte, en dan lê hy dit uit in geestelike konteks. Omdat hy meestal onder die Jode gewerk het, het hy gedeeltes uit die Ou Testament geneem en dan vir die Jode gewys wat daarmee bedoel word in ‘n Nuwe Testamentiese siening.

Die gedeelte wat ek graag wil gebruik gaan oor watter kos verbode was vir Israel en dan die geestelike impak wat ons vandag ook nog daaraan kan koppel. Dit beslaan die hele hoofstuk 10 van die brief.

Hoofstuk 10 – Geestelike betekenis van die voorskrifte van Moses ten opsigte van verskillende soorte kos.


Nou, waarom het Moses gesê julle mag nie vark eet nie, ook nie ‘n arend, of ‘n valk, of ‘n roofvoël nie, en ook nie enige vis wat nie skubbe het nie. Hy het drie leerstelling vasgestel in sy gedagtes met die voorskrifte. Die HERE het in Deutronomium die volgende vir hulle gesê. “Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem.”(Deu 5:31) Is daar nie ‘n bevel dat hulle die goed nie moet eet nie? Daar is, maar Moses het ook ‘n geestelike betekenis daaraan gekoppel. Vir hierdie rede het hy die vark genoem, dat jy jou nie sal voeg by mense wat soos varke leef nie. Wanneer hulle die lewe geniet, vergeet hulle van die HERE, maar wanneer hulle behoefte het, dan soek hulle die HERE. Dit is soortgelyk aan die vark, want wanneer hy geëet het, erken hy nie sy eienaar nie; maar sodra hy honger het skreeu hy totdat hy weer kos ontvang. Hy sê ook dat jy nie die arend, valk of roofvoël eet nie. Dit beteken jy sal jou nie by mense voeg wat nie wil werk vir hulle eie voorsiening nie, maar ander se eiendom op eis in ongeregtigheid, en alhoewel hulle ‘n aspek van eenvoudigheid voorstel, is hulle op die uitkyk waar, wat en wie hulle kan plunder. So die voëls sit ledig, vrugteloos, rond, en vind uit hoe hulle die liggame van ander kan verslind, en bewys hulleself so as peste deur al hulle optrede wat geen morele of geestelike waardes ten toon stel nie. En jy sal nie die paling of die pylinkvis of seekat eet nie. Dit beteken jy sal nie jou voeg by mense goddeloos optree deur weg te kruip en op slinkse manier hul prooi te vang nie, soos die visse altyd wegkruip en hul prooi op die bodem van die see vang nie. Verder het die HERE ook beveel dat hulle nie die haas sal eet nie, aangesien hy elke jaar net aanteel sonder ophou. Verder sal jy nie die hyena eet nie, aangesien die hyena die egbreker en homoseksueele voorstel, aangesien hulle geglo het dat die hyena van geslag kan verander, en die mens wat so optree onaanvaarbaar is.  Verder het Moses ook gesê hulle mag nie die wesel eet nie(weasel in Engels), aangesien die dier deur die oor bevrug word en deur die mond geboorte skenk. So dit verwys dat ons ons nie moet meng met mense wat die Woord hoor maar wat met hul mond enige vuilheid voortbring nie. Veral vrouens wat met mooi praatjies mense vang deur heuning om die mond te smeer nie, en dan ongeregtig optree nie.  So Moses het drie lerings gegee wat handel oor vleis met ‘n geestelike betekenis. Dawid begryp die betekenis en gee weer die drie beginsels wat daarop gebaseer is deur in die eerste vers van Psalm 1: “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;”. Die eerste beginsel wat na die visse verwys is  “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose”, en so na die vark verwys, “en nie staan op die weg van die sondaars en nie”,. Mense wat die naam van die HERE erken en bely, maar wegdraai sodra hulle gevoed is. “nie sit in die kring van die spotters nie;”. Die gedeelte verwys weer na die voëls wat wag vir hul prooi, maar tog verstaan hulle die geestelike betekenis van die Woord.

Maar Moses gaan verder en sê dat ons dat ons elke dier met ‘n gesplete voet mag eet aangesien hulle almal herkou. So hy eet tot hy genoeg het en dan herkou hy alles wat hy geëet het tot sy voordeel. So hulle mediteer op die Woord wat hulle ontvang, spreek die oordele van die HERE uit en gehoorsaam hulle, weet wie hulle voed en verbly hulle in Sy Woord. Maar wat is die betekenis van die gespleete voet? Dat die regverdige nogsteeds in hierdie wêreld loop, maar dat hy uitsien na die heilige staat wat nog moet kom. Kyk net hoe goed het Moses gesien en beveel. Maar hoe was dit moontlik vir hulle om al hierdie goed te verstaan en uit te lê? Ons dan wat die gebooie reg verstaan, kan dit verduidelik soos die HERE dit bedoel het. Daaroor is ons ore en ons harte besny, sodat ons die dinge kan verstaan. – Einde van hoostuk 10.

Maandag 21 Desember 2015

My wens vir jou as leser: Mag dit welgeluksalig met jou wees in 2016

Welgeluksalig

Wat is die betekenis van die Woord?


Ons kan dit opbreek in drie dele:
Wel - Dit gaan goed, jy is nie siek nie, jy het nie tekort nie,
Geluk - Bly, lag, verheug, dit borrel in jou, staat van ekstase, nie vyande nie,
Salig - Rustig, nie bekommerd nie, ek weet waar ek heengaan as ek sterf
Driemaal goed gaan met ons. Wel - Liggaam, Geluk - siel, salig – gees

Hoe kry ons dit reg?

Psalms 84:5  (84:6) Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.
Wat beteken dit om welgeluksalig te wees?

·             ‘n Volk deur die Here verlos.

Ons word deel van God se volk, deel van Sy uitverkorenes.
Deuteronomium 33:29  Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? 'n Volk wat deur die HERE verlos is,
Psalms 32:1 ¶ 'n Psalm van Dawid; 'n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.
Psalms 32:2  Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
Psalms 33:12 ¶ Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
Psalms 89:15 ¶ (89:16) Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig.
Psalms 144:15  Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is!
Romeine 4:7  Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.
Romeine 4:8  Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.

·            Wat kies om die Here te dien

Psalms 1:1 ¶ Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;
Psalms 40:4  (40:5) Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.
Psalms 84:4  (84:5) Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.
Psalms 84:12  (84:13) HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!
Psalms 112:1 ¶ Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.
Psalms 119:1 ¶ Alef. Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel.
Psalms 119:2  Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
Psalms 128:1 ¶ 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!
Psalms 146:5 ¶ Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God,

·            Wat by Hom skuil en wat Hom liefhet

Psalms 2:12  Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
Psalms 34:8  (34:9) Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

·            Wat doen wat die Here verwagHerer

Psalms 41:1 ¶ Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. (41:2) Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.
Psalms 106:3  Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
Jesaja 56:2  Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.

·            Wat deur die Here onderig word

Psalms 94:12 ¶ Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
Jesaja 30:18 ¶ En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!
Psalms 65:4  (65:5) Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.

·            Opsomming en my wens vir jou

Welgeluksalig sal jy wees, en dat jy aan Sy vereistes sal voldoen:
1      ‘n Volk deur die Here verlos.
2      Wat kies om die Here te dien
3      Wat by Hom skuil en wat Hom liefhet
4      Wat doen wat die Here verwag - Hand 10:34: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, 35  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
5      Wat deur die Here onderig word

Dinsdag 24 November 2015

Konings en Kerke

Met my vorige skrywe het ek dalk so ‘n paar kontroversieële onderwerpe aangeraak. Maar dit het my net tot die gevolgtrekking gebring dat mense nie die boodskap van die Bybel ken of wil ken nie.
Daar is so baie mense wat jou nou skielik vra of ons dan moet optree soos Moses dit uitgelig het in Levitikus dat daar so ‘n lang lys is van mense wat gedood moet word indien hulle sekere sondes gedoen het, een van die natuurlik dieselfde geslag seksueele oortreding. Nou word die mense sommer warm onder die kraag want ons ken dan soveel mense wat so is en wil jy nou dat al die mense gedood moet word.

Ongelukkig verstaan die mense nie waarvoor Jesus gekom het nie. Ekself, saam met almal op aarde verdien die dood as gevolg van sonde. Dit maak nie saak watter sonde jy in spesialiseer nie, sonde se straf bly die dood.

Maar nou beskryf Paulus dit vir ons so pragtig in Romeine 5: “Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie. Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat ‘n voorbeeld is van Hom wat sou kom. Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword. En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak. Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword; sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here”.(Rom 5:12-21)

So ek hoef nie die mense dood te maak nie want Jesus het juis vir alle sonde gesterf. Al wat my plig is om mense te oortuig met my lewe, nie my woorde nie want 80% van my woorde sien mense en die ander 20% hoor hulle, dat daar vergifnis vir alle sonde is. Maar dan moet daar bekering wees. Ek kan nie maar voortgaan in my sondige lewe nie, want dan sal ek nie vergifnis verkry nie, en sal ek skuldig voor die HERE staan in Openbaring 20.

Paulus gaan aan met sy argument in hoofstuk 6: Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.” (Rom 6:1-4) “Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? (Rom 6:10-16)

So ons hoef nie besluite te neem of sondaars die reg het om in ons kerke te kom nie. Indien hulle wil voortgaan met hulle sonde kan hulle mos maar hulle eie groep stig en daarheen gaan. Maar ons wil mos nou juis hierdie mense by ons laat tuis voel. Maar, dan lig Jakobus dit baie goed uit. “Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ‘n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van God is”. (Jas 4:1-4) Meeste van die wat die sonde in volhard, wil juis niks met die Bybel se boodskap te doen hê nie, maar tog sal ons vir hulle sonde (regte) veg.


Hiermee sal ek maar volstaan oor die onderwerp. So as jou koning van jou groep sê dis reg dan moet jy hom maar gehoorsaam, want hy/sy is koning oor jou kerk, en jy kan nie teen die koning rebelleer nie. Hy sal wel eendag verantwoording moet doen vir sy optrede.

Dinsdag 20 Oktober 2015

LERAAR OF LEUENAAR?

Leraar of leuenaar?
In my navorsing vir my boek oor Openbaring het ek soveel goed gelees wat my regtig omgekrap het. Goeters wat heeltemal oor geswyg word wat bekende hoog aangeskrewe Christen leiers kwytraak of kwytgeraak het. Goed wat heeltemal buite verband geruk word net om die persoon se standpunt mee te versterk. Dit het my nogal laat dink hoeveel goed daar vir ons as Christene opgedis word wat nie ‘n sweempie waarheid bevat nie.
Van die groot kerkvaders en herformers het ook ‘n donker kant gehad, en is dit iets wat ons maar min van hoor of glad nie van hoor nie. Luther het in sy later jare ‘n boekie uitgebring : “On the Jews and their lies.” Die boek is selfs genoem as een van die groot redes vir die uitwissing van Jode gedurende die tweede wêreld oorlog. ‘n Aanhaling wat ek raakgelees het stel dit as volg: “William Nichols, Professor of Religious Studies, recounts, “At his trial in Nuremherg after the Second World War, Julius Streicher, the notorious Nazi propagandist, editor of the scurrilous antisemitic weekly Der Stürmer, argued that if he should be standing there arraigned on such charges, so should Martin Luther. Reading such passages, it is hard not to agree with him. Luther’s proposals read like a program for the Nazis,”’ It was Luther’s expression “The Jews are our misfortune” that centuries later would be repeated by Heinrich von Treitschke and appear as motto on the front page of Julius Streicher’s Der Stürmer. Some scholars have attributed the Nazi “Final Solution” directly to Martin Luther.” Meeste Lutherse gemeentes in Amerika en Europa het hulle heeltemal gedistansieër van die boek van Luther, maar eers gedurende die laaste 20 tot 30 jaar toe almal dit op die internet kon lees, maar tog is daar maar min mense wat daarvan bewus is. Ten spyte van dit word Luther vandag nog as een van die groot hervormers gesien. Ek weet dat hy wel baie regstellings gemaak het in die Kerk, maar dit sal net beter wees indien ons die persoon tog kon sien as iemand wat net soos ek ook foute gehad het. Maar dat hy met foute en al, deur die HERE gebruik is.
Calvyn het weer die volgende self verklaar: “"Honour, glory, and riches shall be the reward of your pains; but above all, do not fail to rid the country of those scoundrels, who stir up the people to revolt against us. Such monsters should be exterminated, as I have exterminated Michael Servetus the Spaniard." En die ou het net Calvyn se uitverkiesingsleer bevraagteken, iets wat al oor en oor bewys is as sy eie filosofie. Ek weet dit is ‘n baie kontensieuse onderwerp, maar ek glo in ‘n God en Sy Seun Jesus Christus wat elke persoon sal oordeel volgens sy geloof en sy werke, en nie ons as pionne gebruik en net sekere persone sal red nie, maar dat elke persoon ‘n keuse moet maak om sy eie lewe by die kruis te gaan neerlê, en hom te beklee met die geregtigheid van Jesus Christus. Want Hy is ons geregtigheid. “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het. Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word”.(Heb 4:12-16)
My probleem waarmee ek worstel is dat die Hebreërsboek die volgende verklaar: “Heb 13:7  Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.” Nou weet ek moordenaars en die wat dit aanmoedig verseker nie in die hemel gaan kom tensy hulle vergifnis ontvang het van hulle sondes nie, maar ek lees nêrens dat of Luther of Calvyn hulle standpunt verander het nie. Dit is tog wat ons as Christene moet doen, is bely dat ons verkeerd gedoen het en omdraai of bekeer van dit wat verkeerd is, en dan sal daar vergifnis wees.
En so is dit ook vandag. Mense wat die Bybel, die Woord van God, aanpas om hulle standpunt mee te bevestig. Die boodskap van Jesus wat ons geregtig maak om Sy kinders te wees, is in die nuwe vertaling afgewater na een van redding en in die 2008 verdraaing heeltemal uitgehaal. Net die woord, geregtigheid, het 322 keer in 305 verse in die ou vertaling voorgekom, 40 keer in die nuwe vertaling en is heeltemal ontbrekend in die 2008 verdraaing. Selfs die Engelse Bybels stem saam met die ou vertaling, aangesien die moderne King James version die woord nogsteeds 309 keer gebruik, die KJV21 305 keer, en die New American Standard Bible ook die woord 309 keer gebruik. Om beide die nuwe vertaling en 2008 as die Bybel uit te maak en te bemark is verkeerd, want dit kan slegs as ‘n parafrase van die Bybel bemark word aangesien die vertalers die kluts kwyt geraak het. Hulle doen presies dit wat die Roomse Kerk gedoen het. Die RKK het die tweede gebod wat verklaar: “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.”, heeltemal uitgelaat uit hulle 10 gebooie omdat hulle Maria en die kind beeld aanbid, wat eintlik Semiramis en haar seun is, of die Babelse geloof verteenwoordig.
En so is dit met die boodskap wat ons vandag van sovele predikers hoor. Iemand kan mos net hierdie gebedtjie agter jou aan herhaal of die persoon sal dit sommer net self namens jou bid en nou is jy reg. Dit is absolute onsin en ontbreek van alle waarheid. Ek moet eers besef dat ek verdoem is en die ewige dood sal beërf voordat ek kan besef dat ek ‘n verlosser nodig het, en dan moet ek eers besef wat die liefde van Jesus en die Vader beteken, voordat ek kan glo dat Hy die pad vir ons gebaan het na die ewige lewe. Ek moet besef dat ek nie aanvaarbaar is sonder om my sonde te bely nie, en dan moet daar bekering plaasvind, ek moet ophou met my sonde en begin om ‘n rein en heilige lewe te lei.
Ek moet onthou dat in Openbaring 15 genoem word dat ons die lied van Moses gaan sing in die hemel.  Die lied kom voor in Eksodus 15 waar Moses die volk leer dat die HERE reeds die Satan (Farao) oorwin het en dit moontlik is vir ons om sonder die invloed van Satan te leef. Maar dit is waar die vroeë kerkvaders alreeds die pad duister geraak het deur te verkondig dat doop geen invloed op jou lewe het nie, dit maak net dat jy deel van God se verlostes word, terwyl dit ons moet leer dat ek mag oor die Satan het aangesien hy nie meer my lewe kan beïnvloed nie. Ek het van eienaar verander. Maar ek moet eers besef dat ek ‘n nuwe eienaar nodig het. Dit is die boodskap wat ons as leraars moet leer. Maar nou sit hulle leuenaars as teoloë in Egipte want hulle het nie getrek uit Egipte soos ons oor gaan sing in Openbaring 15 nie, so hulle lewe nog met die Satan as hul hoof, en maak reëls om hulle volgelinge in Egipte te hou. Nie net te hou nie, maar maak dat hulle volgelinge nie die oplossing wat die Vader vir ons gegee het raaksien nie. So hulle soek nie eers na die oplossing wat vir ons uitgestippel is in die Bybel nie. En so word sonde, en selfs sonde aan die liggaam as aanvaarbaar gesien en gedefinieër.
Maar Esegiël stel dit as volg: “Mensekind, Ek het jou as wag vir die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe—en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. En as ‘n regverdige hom van sy geregtigheid afkeer en onreg doen, en Ek ‘n struikelblok voor hom gooi, dan sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe, en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy het jou siel gered.” (Eze 3:17-21)
“Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery; dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer, nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie; dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here ‘n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het. Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.”  (1Th 4:3-8)
Nou met die jongste sinode besluit van die NG Kerk leer hulle dat losbandige seksueele lewens aanvaarbaar is, en maak hulle al hulle lidmate deel van hierdie sonde aangesien dit die offisieële lering is en lidmate dit nie mag bevraagteken nie, terwyl die wat veronderstel is om hulle te bekeer van hulle sonde maar kan aangaan en volhard in hulle sonde want die leuenaars het dit goedgekeur en word nou as vol lidmate en leraars aanvaar. So is hulle die oorsaak dat miljoene mense verlore gaan saam met die wat in hul seksueele sondes volhard, wat hulle kamstig wil bereik. “Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke. (2Jn 1:9-11) Ons moet onthou dat daar twee tipes sondes is, die wat buite die liggaam gedoen word en die wat ek in my liggaam doen. Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop.” (1Co 6:18-20) Lees maar die verhaal oor Sodom en Gomorra waarvandaan die woord sodomie afgelei is. Dit is opgeteken in Genesis 19. Dan is daar ook die verhaal van die Levitiese man in Rigters 19 tot 21. Hier het die HERE amper die hele stam van Benjamin oor seksueele sonde uitgewis. Nou sê die Bybel verder: Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.”(Heb 13:8-9) So ons weet Hy sal dieselfde optree vandag as in daardie dae, want Hy sal nooit verander nie. Onthou ook net dat ons grondwet nie die wet is wat gaan bepaal of ek die ewige lewe gaan beërf nie, want dit is die menslike poging om naaste liefde aan te wakker, terwyl naaste liefde as iets heeltemal anders beskryf word in die 1 Johannes in die Bybel aangesien dit deur die Heilige Gees aan ons bekend gemaak word. Ek moet sonde sonde noem en dan moet daar bekering plaasvind.
“en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees; en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense; want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke— die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word; en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie,” (2Pe 2:6-10)
Indien u dalk in een van die tipes gemeentes bevind wat ek hierbo uitgelig het sal u self die besluit moet neem of u verder onder die herder wil dien wat nie die Woord reg bring nie, en of u wil gaan na waar die Woord opreg verkondig word, of dalk om die Heilige Gees toe te laat om in u en deur u te werk. Die keuse is u s’n.
Moet net nie my verkeerd verstaan nie, daar is hope goeie herders en pragtige gemeentes. Ek wil net graag dat u self die Bybel ondersoek en die boodskap wat u hoor meet aan regte Bybelse standaarde en normes. Dit is hoe dit selfs in Paulus se tyd gedoen is. “Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne.” (Hand 17:10-12)
So wie is u hoof? ‘n Leraar of ‘n leuenaar?
Indien u dalk die boek oor Openbaring wil bekom, kan u dit aankoop by my webtuiste wat beide kaart en EFT transaksies aanvaar. Betalings word deur Payfast van Suid Afrika gedoen wat ook deur winkels soos takealot gebruik word. Gaan loer maar gerus in by my winkel waar al my boeke en DVD's beskikbaar is by:

http://shamaministries.org.za/wp/shop/ 


Of by Amazon : 
http://www.amazon.com/gp/product/B015FUB238?*Version*=1&*entries*=0





Saterdag 03 Oktober 2015

Waar kom Johannes aan die nommer van die dier as 666?

Die merk van die dier. Die 666. Waar kom Johannes aan die nommer van die dier as 666? Wanneer ons na Openbaring kyk, sien ons dat die sesde oordeel altyd gaan oor die wat nie die HERE dien nie. Om dit te verstaan is dit as volg:

1.       Eerste 6 –En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (Open 6:12-17)
So die eerste ses gaan oor die mense wat nie die HERE as hul HERE erken het nie, en sal saam met die fisiese aarde vergaan wat hier aangekondig word. En, daar is geen omdraai later nie.

2.       Tweede 6 – “En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is, en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat. Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak. En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor. En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan. Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het; want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan. En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie. En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.” (Open 9:13-21)
Dit is die mense wat ten spyte van die feit dat hulle deel van die verbond was, so hulle het die fisiese verwoesting van die aarde oorleef, maar hulle het nie geglo dat daar bekering moet plaasvind nie. So hulle het wel die Paradys gesien, maar nogsteeds geglo dat die HERE nie teenoor hulle ook sal optree nie.

3.       Die derde 6 – “En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word. En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.” (Open 16:12-16)
Die mense wat naak bevind word is die wat glo dat jy geen werke hoef te doen as Christen nie, so hulle is naak. Ons lees eers later in Openbaring “Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God”. (Open 19:7-9)

So die eerste ses is wanneer die ongelowiges geoordeel word wanneer die fisiese aarde verwoes word, die tweede ses handel oor die mense wat deel is van die verbond maar met hulle sondes aangegaan het en nie heiligmaking gesoek het nie, en die derde ses die wat glo dat jy maar net kan aangaan met jou lewe, sonder om ‘n verskil in die wêreld te maak, so daar is geen werke wat wys dat jy ‘n Christen is nie. Daarom dat die valse profeet as die dier bekend sal staan, want hy sal binne die Kerk nogsteeds mense verlei.

Ek het darem my boek oor Openbaring klaar geskryf gekry en is die boek die naweek gratis as eboek beskikbaar by Amazon. Die gedrukte weergawe moet jy voor betaal maar is beskikbaar as sagteband druk formaat. Indien jy my eboek oor Openbaring gratis wil kry, kan jy dit die naweek by Kindle aflaai by
http://www.amazon.com/gp/product/B015FUB238?*Version*=1&*entries*=0. Die sagteband boek is ook daar maar dit sal jy moet aankoop. Ek neem aan dit sal Amerika tyd wees en nie standaard Suid Afrikaanse tyd nie.

Ek dink die boek spreek al die gebeure van die afgelope paar maande aan waar almal met afwagting gewag het vir die vier bloedmane, en die wegraping wat baie aangekondig het hier tussen 14 September en 24 September sou plaasvind. Een van die skrywers wat vir weke bo aan die lys van New York se beste verkopers was, John Hagee, sê hy het glo 80 miljoen mense wat hy verteenwoordig. Noudat al sy leuens openbaar gemaak is, wonder ek hoeveel hom gaan sien as ‘n vals profeet, of gaan hy nog 80 miljoen boeke verkoop om te verduidelik wat hy eintlik bedoel het.

Ons almal kan maklik die Mormone aanspreek omdat hulle vir Joseph Smith gevolg het, maar wanneer dit by ons hedendaagse valse profete kom dan hang ons maar nogsteeds die persoon aan. Die Bybel verklaar egter wat met ‘n valse profeet gebeur: “En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis. Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe. En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die woord weet wat die HERE nie gespreek het nie? — as die profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.” (Deu 18:19-22)

Dinsdag 25 Augustus 2015

Wat is genade?

Vir my is dit die jaar 20 jaar.

Dit is hierdie week 20 jaar gelede wat my lewe van genade begin het. Ek het toe net verneem dat ek dalk 3 jaar oor het as dinge goed gaan, en ‘n jaar as dinge sleg gaan, om te lewe. Al die kanker wat die dokters kon uitsny het hulle gedoen, en chemo kon dalk help om die res in toom te hou. En om te dink alles het begin met ‘n blindederm wat gepla het en die medici wat so per ongeluk op een gewas afgekom het.

En selfs die onkoloog het nie baie hoop gehad en het in sy verslag aan die chirurg gesê: “Soos telefonies met jou bespreek is die verdere hantering van hierdie pasient werkilk problematies. Soos jy goed weet is radioterapie effektief simptomaties vir metastases wat pynlik is, maar dit is nog nooit in die adjuvante situasie getoets nie. Vanweë die problematiese area, nl. die dunderm is bestraling in hierdie area ook potensieël geneig tot komplikasies. Chemoterapie response wissel van 20-40% en daar is geen literatuur beskikbaar oor die adjuvante gebruik daarvan nie. Somatostatien-analoë is uitstekend vir simptomatiese behandeling (maar nie tumor behandeling nie) van gevorderde pasiente. Daar was ‘n reeks beskikbaar van 23 pasiente waarvan 4 van hulle, dit is 17% ‘n krimping van tumor getoon het. Maar meer resente studies toon ‘n 0-9% vermindering in volume van die siekte. Die literatuur se konklusie is dat die anti-tumor refektor van oktreotied nie indrukwekkend is nie.”

Teen die einde van daardie jaar was ek redelik moeg vir chemo, om jou elke dag self in te spuit, meeste kere met Hettie se hande, en elke tweede week onkoloog toe te gaan en daar te gaan sit vir ‘n uur of twee, was nie my idee van lewe nie. Veral nie op 44 jarige leeftyd nie. Dan kan jy net dankie sê vir jou kinders om te sien dat hulle soos kinders glo wat in die Bybel staan, en waar hulle na spesiale dienste gegaan het waar daar vir genesing voor gebid is, en dan vir my ‘n sakdoek bring en op my kom lê, want hulle glo dat die Bybel waar is. As Paulus dit kon doen dan kan ons mos ook so glo.

Dit was die rede waarom ek toe regtig in alle erns die Bybel begin bestudeer het. Om seker te maak dat wanneer ek die dag sterf, ek weet waar ek sal wees na hierdie lewe. Want dit was nie ‘n kwessie van eendag nie, maar dalk is dit vandag, dalk more, maar ek weet daardie dag kom. Ek kon nie vertrou op enige ander persoon om namens my te besluit wat vir my goed is in die lewe nie. Ek moes eienaarskap neem van my eie toekoms.


Verseker glo ek nie meer soos vroeër nie.Maar ek het my kinders sien trou, kleinkinders is gebore en die jongste kleinkind begin al volgende jaar met groot skool, en my lewe is verseker nie meer dieselfde nie.

En dit is alles genade, want as die HERE nie vir my die geleentheid gegee het nie, sou my einde verseker anders gewees het. Maar Hy het my aandag gekry en my toe op ‘n pad gevat wat ek meeste keer net as verbysterend kan beskryf.

Alhoewel die afgelope twee jaar nie ‘n tyd was wat ek vir enige persoon toewens nie, is ek nog steeds gefokus op Hom en wat Hy vandag deur my wil doen. Twee jaar gelede het ek vir die eerste keer weer ‘n Carcinoid krisis ervaar, en moes ek verlede jaar weer ‘n operasie ondergaan het om die dun- en dikderm te omlyn om te maak dat daar ‘n ander pad is vir die voedsel om om die gewas te gaan, want die gewas het gegroei en is so verstengeld met die derms dat dit onmoontlik is om daaraan te werk. So moes hulle toe ook ‘n stuk van die lewer verwyder waarheen die kanker versprei het. Dan het die gewas ook om die hoofbloedvat gegroei wat tussen die dunderm en lewer is, die een wat al jou voedingstowwe na die lewer vat om gesuiwer te word, en is die gewas maar besig om die bloedvat stadig maar seker toe te druk, sodat ek meeste tyd ‘n regter nier het wat baie kla dat hy nie vloeistof kry om sy werk te doen nie. Dit is ook die oorsaak hoekom hulle nie die gewas kan verwyder of kleiner te maak nie. Sodra hulle die aar klamp is dit verby met my.

Die afgelope paar weke is dit ongelukkig so dat ek amper elke dag deur ‘n Carcinoid krisis moet werk, of party dae sommer twee of drie, maar ek kry nogsteeds tyd om dit te vier met die mense wat ek voor lief is en hulle vir my. En dit is vir my genoeg, en is vir my elke dag, net genade. So die week is vir my ‘n baie besonderse week, met ons huweliksherdenking op 26 Augustus (43 jaar), my verjaarsdag op die 27 ste, en dan my nuwe lewe wat hierdie jaar 20 jaar is op die 31 ste, die dag van die eerste operasie. O ja, en dan gaan ek weer Woensdag hospitaal toe. Sal maar sien wat gebeur en of hulle iets kan doen vir my.

En wat kan ek sê?

Dankie HERE.

Die wat belangstel kan hier lees waaroor die soort kanker gaan, en wat ‘n Carcinoid krisis is. Ek kan probeer om dit te verduidelik, maar die medici doen dit nogal goed. Kyk veral na die foto op skyfie 20, en dan sal jy kan sien wat dit aan jou gesig maak. Hettie was baie bekommerd dat ek dalk nie suurstof kry en dat dit die rede is vir my neus so blou word, maar nou verstaan sy ook wat besig is om te gebeur.

Sondag 02 Augustus 2015

Genesing - Is jou geloof in Jesus Christus, of in jou geloof, in jou manier van glo.


Genesing - Is jou geloof in Jesus Christus, of in jou geloof, in jou manier van glo.

Oor genesing kry ek amper daagliks te doen met mense wat nie verstaan waaroor genesing in die Bybel gaan nie. Hulle standpunt word gewoonlik gebou op ‘n geloof in hul geloof, en nie geloof op wat die Bybel ons leer nie. Die mense huldig die standpunt dat genesing vir almal is en dat indien jy nie genesing ontvang nie, jy nie geloof het nie. Alhoewel wanneer mense hoor wat ek vir die HERE gevra het 3 jaar terug en vind dat Hy my presies gegee wat ek voor gevra het, hulle nie antwoorde vir my het nie, behalwe dat hulle glo hulle is reg. Ek het gevra en het tyd gekry om afskeid te neem van die wat vir my lief en dierbaar is, Sy liefde uit te straal na almal wat ons mee te doen het, en tyd om dit te skryf wat Hy oor ‘n periode van meer as 25 jaar met my gedeel het en nog steeds elke dag deel.

Ek weet hoe dit voel om aanhoudend aangeval te word, en dit krap my ook om wanneer mense met hulle eie insigte ander wil uitmaak as mense met sonde of nie voldoende geloof nie. Hulle wil net dat dit altyd alles goed gaan met kinders van die HERE, maar dit is nie die boodskap wat ek in die Bybel kry nie.

Ek weet dat daar elke dag genesings plaasvind want ek en Hettie het al vir mense gebid en hulle is genees, so daar is kere wat die HERE ingryp en kere wat Hy dit nie doen nie. Hoekom? Hy weet. Ek wonder net of die mense weet dat hulle mense se lewens en verhouding met die HERE skade aan doen deur hulle geloof in hulle geloof en deur dit te probeer regverdig sonder dat hulle die Bybel ken.
Psalms 41: Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie. Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is." So dit lyk my Dawid sê dat ons siek kan wees, maar dat die HERE jou sal ondersteun op jou siekbed. Hierdie gedeelte kan ek persoonlik elke dag van getuig. Slegs 5 persone per miljoen word met Carcinoid Sindroom gediagnoseer voor hul sterfte, terwyl wanneer ons die resultate van lykskouïngs bywerk, sowat tussen 60 en 70 persone per jaar per miljoen net in die VSA sterf van dié tipe kanker sonder dat dit by hulle gediagnoseer word. So hulle sterf aan kanker sonder dat hulle eers daarvan bewus is. Die siekte is eers in die vroeg vyftigs vir die eerste keer beskryf en uitgevind. Gelukkig weet ek daarvan en kan ek elke dag daarteen baklei.

Meeste mense op aarde sterf as gevolg van siekte, maar party mense wil hê dat ons almal gesond moet wees wanneer ons sterf, want anders het ons nie geloof nie. Hoeveel van die mense wat vir jou voorhou dat jy nie genoeg geloof het sterf nie as gevolg van hoë cholestrol en hoë bloeddruk? O ja, hulle mag mos maar net ‘n pilletjie drink, want hulle is mos nie siek nie. Ek drink ook net ‘n paar pilletjies, so tussen 16 en 20 ‘n dag om die pyn te demp en die derms te ontspan maar ek het mos nie geloof om te herstel van die kanker nie. Die feit dat ek geglo het vir 14 jaar na hoeveeel gebede dat ek nie meer kanker het nie en dat ek toe weer moes uitvind dat dit nie die geval was nie, tel blykbaar nie. Dié tipe mense gee my sommer hoë bloeddruk ook.

Johannes 11:1 "1 ¶ En daar was 'n man siek, Lasarus van Betánië, die dorp van Maria en haar suster Martha. 2  En dit was Maria wat die HERE gesalf het met salf en sy voete afgedroog het met haar hare, wie se broer, Lasarus, siek was. 3  Die susters het toe na Hom gestuur en gesê: HERE, hy vir wie U liefhet, is siek. 4  En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word." As ek die gedeelte regverstaan lyk dit vir my of Jesus hom ook nie sou genees het as dit ‘n siekte was wat tot sy uiteindelike dood sou lei nie. Maar die HERE het hom genees sodat die mense kon sien dat Hy mag het oor die dood. En arme Lasarus het nie geloof nodig gehad nie, want hy was reeds dood.

Hand 10:37-38  “Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het,  (38)  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.”  So wat van die wat nie onder die mag van Satan was nie? Dit lyk nie of hulle ook genees is nie, want Lukas beskryf dit nie, anders sou hy mos gesê het almal is genees. Dit is hoe my logika werk.

Jes 53:5-12 “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom. En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie. Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees. Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra. Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.”

Die gedeelte is seker die gewildste gedeelte wat aangehaal word deur mense wat vir jou vertel dat die HERE almal wil genees. Ja, dit is so, ons almal word gebore en sal sterwe as sondaars indien Jesus nie vir ons genesing gebring het van ons ongeneeslike siekte, die ewige dood, nie. Hy het gesterf sodat ek en jy kan lewe, en lewe tot in ewigheid. Dit is die genesing waarvan Jesaja hier praat. Moses het ‘n soortgelyke voorbeeld in die woestyn gehad vir die Israeliete wat gesondig het. Moses moes ‘n slang maak, dit is wat hulle gepik het en laat sterf het, en moes die slang op ‘n paal sit sodat elkeen wat gepik word kon opkyk na die slang en geleef het. So die oorsaak van hulle dood, die slang (sonde) is op ‘n paal (kruis) gesit sodat elkeen wat na die kruis kyk en glo dat Jesus ons sonde gedra het, kan lewe. Dit is die genesing wat Jesaja van praat. Ek weet daar is mense wat vertel dat Jesus 39 houe op sy rug gekry het om elke tipe siekte te verteenwoordig en dus het Hy reeds die staf daarvoor betaal, maar dit is loutere onsin, want dit staan nêrens in die Bybel nie.

So daar sal mense wees wat van jou en van my sal verskil, maar dit maak gelukkig die lewe interesant. Solank ons net die liefde van die HERE uitstraal elke dag na elke persoon wat oor ons pad kom en in geloof volhard, is dit al wat gaan tel op die einde van die dag. So miskien is daardie autistiese kind juis sy ouers se doring in die vlees, soos wat Paulus ook gehad het. 2Kor 12:7  “En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.”

Dan is daar die verhaal van die Samaritaan wat Lukas vir ons opgeteken het. “En Jesus antwoord en sê: ‘n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê. En bygeval het ‘n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby. En net so het ook ‘n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan. Maar ‘n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na ‘n herberg geneem en vir hom gesorg. En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.”  (Luk 10:30-35) So die Samaritaan kon mos net gebid het dat ou die genees word en dan het hy mos ‘n hoop geld gespaar.

Dawid vertroos ons ook oor die tipe omstandighede: “Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.”(Psa 34:18-19) “Psa_41:3  (41:4) Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.

Ek wil graag nou ‘n gedeelte aanhaal wat ek seker is die mat onder almal se voete sal uitpluk, en dit is dat daar siekte in die Nuwe Jerusalem is. “In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. (Open 22:2) Nou wonder ek maar net of die mense al ooit hulle Bybels gelees het wat so tekere gaan oor genesing. Ek glo nie, want dan sou hulle die vers moes raakgelees het al. Hoekom sal die bome wat langs die rivier in die Nuwe Jerusalem se blare vir genesing gebruik word as almal dan gesond is? Ek vra maar net. Dit is natuurlik ook ‘n aanhaling van Esegiël om te bewys dat Esegiël die eindtyd in die Ou Verbonds verstaan skets, terwyl Johannes in Openbaring dit in ‘n Nuwe Verbonds verstaan skets. “En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan—uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees.(Eze 47:12)

Hiermee sal ek volstaan, want dit help nie om te redeneer oor goed wat mense net in glo nie. En dan is dit volgens hulle altyd die ander mense wat verkeerd is, en nie hulle nie. So gaan sien maar die dokter, ek het en leef nou al 19 jaar langer as wat ek sou leef indien die dokters nie ingegryp het nie. En dan praat ek nie eers oor hoe my verhouding met die HERE in daardie 19 jaar verander het nie.

 “Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê. Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.” (1Kor 13:11-13)