Sondag 29 Maart 2015

Blog inleiding

Daar het so baie goed in my lewe al gebeur, en ek wil graag hier vir julle ‘n bietjie meer vertel van wat die HERE met my gedeel het so oor die afgelope 20 plus jare. Ek was maar redelik stil tot nou toe wat my geloof aangaan, maar ek glo dit is nou die tyd om so eenmaal per week ‘n artikel te plaas wat ek dink nodig is vir ons vir vandag. Dit sal dalk vir die leser tot stigting wees, maar dit kan dalk ook wees dat die leser voel dat ek nou op sy tone trap. Indien ek op jou tone trap, is dit dalk nodig dat jy die onderwerp self moet gaan bestudeer, want ek gaan nie van jou tone afklim nie.

In die begin jare van hierdie tog wat die HERE my op geneem het, het baie mense, insluitend baie bekende mense, vir my gesê ek is in rebellie, en dat dit nie van my verwag word om elke lering te ondersoek of te bevraagteken nie. Wel, ek nie geluister nie en op die ou einde by ‘n punt gekom waar van hierdie selfde mense my nou vra of hierdie of daardie lering Bybels verantwoordbaar is. Dan het dit my ook geleer dat dit nie saak maak watter omstandighede ek myself in bevind nie, die HERE is die een wat my daaruit sal lei of ondersteun indien dit dalk net langer as ‘n dag of tien gaan vat om daardeur te kom.

Dit het ook gemaak dat ek die Bybel regtig ken, en so ook uit elke hoek ‘n standpunt kan bevestig of bevraagteken.

Vir die wat dalk hier lees en nie my persoonlike blog al gelees het nie, wil ek net meld dat ek die afgelope amper twintig jaar ‘n styd met Carcinoid kanker veg, en dat ek nog tenspyte van die siekte, nogsteeds elke dag kan aangaan en ander mense ook nog kan bemoedig. (lees meer hier)


Ek wil begin by ‘n boodskap wat ek so ‘n rukkie gelede met ander lede van ons plaaslike gemeente gedeel het, en dit handel oor ‘n windpomp.

Geen opmerkings nie: