Vir Mamma en Pappa
Ek wil graag die gedeelte met almal deel. Dit handel oor die
afsterwe van ‘n jong kind, en is ‘n ondersteunings briefie, maar enige afsterwe
bring maar dieselfde of soortgelyke vrae by ‘n mens op.
Ek dink die eerste ding wat ek vir julle moet sê is dat julle
nie sy dood as straf moet ervaar nie. Die HERE sal nooit dood gebruik om jul te
straf nie. Dit is baie belangrik dat jy dit moet verstaan. Ons moet onthou dat
lewe en dood is in Sy mag, en die Bybel verklaar ook as volg: “Laat niemand, as hy
in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die
kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.” Jakobus
1:13
By die afsterwe van ‘n jong kind is die eerste vraag wat ek
weet by almal eerste opkom is hoe kon die HERE hom so jonk laat sterf het. Ek glo dit is hoe jy ook seker gevoel het, en
nog steeds voel. Jou gedagtes is nog by die vraag: “Ek het hom so lief gehad en
daar is nog soveel wat ek nog saam met hom wou doen en hoe kan die HERE hom
wegvat as Hy weet ek my seuntjie so baie lief?”
Eerstens moet ons moet onthou dat ons almal vir ‘n rede op
aarde geplaas word. Almal wat vir ons lief en dierbaar is word vir ons vir ‘n
sekere tyd en doel geleen. Nie ons wederhelf of ons kinders word ooit ons
besitting nie, hulle word slegs deur die
HERE aan ons geleen. In jou kind se geval was sy tyd wat hy op aarde moes wees verby,
en het hy terug gekeer na die Een wat hom vir jou geleen het. Hy het sy doel
aan voldoen.
Ek kan nie vandag vir jou sê wat sy doel in julle lewe was
nie, maar ek weet uit ondervinding dat sulke goed gebeur sodat jy weer vir
iemand anders wat deur dieselfde of soortgelyke ondervindings gaan, kan
bystaan. Net een wat so ‘n ondervinding al deurgegaan het sal ooit kan verstaan
waar jy nou deurgaan.
Ek dink ek en Hettie het ‘n idee hoe jy voel. Ek wil vir jou
graag iets meedeel wat seker so 34 jaar gelede gebeur het. Ek was in die
hospitaal nadat hulle my neus probeer regmaak het na ‘n ou gimnastiek ongeluk.
Die Saterdagoggend na die operasie het Hettie gou ‘n draai by my kom maak in
die hospitaal om te sien hoe dit gaan. Onthou daar was nie selfone in daardie
dae nie, so sy kon nie net bel nie want die hospitale was ook maar baie streng
en het sommer net die foon neergesit as jy gebel het.
Hettie is toe terug huis toe, en het ons huishulp gevra waar
die kinders was. Die huishulp het toe vir haar gesê Barney het vir haar gesê hy
wil na ‘n maatjie toe gaan en sy het hom gevat. Hettie het haar toe gestuur om
hom te gaan haal by die maatjie. Die bediende het so ‘n paar minute later
ingestorm gekom en gesê Barney het voor ‘n motorkar ingehardloop en hy het baie
seer gekry. Hy het toe sy been gebreek, skedelbreuk opgedoen en sy linker voet
was vergruis. By dit was hy in ‘n koma as gevolg van bloeding op die brein. Hy
was toe maar in graad 1.
Dit was vir ons ‘n verskriklike ervaring aangesien hy vir
amper tien dae in ‘n koma was. Ek het die oggende voor werk in Hillbrow by die
hospitaal gestop, gaan kyk of daar verandering was en dan maar werk toe gegaan.
Die dokters kon niks doen aan enige van die beserings op daardie stadium nie
omrede hy in ‘n koma was. Die een oggend het ek in die kar gesit voor ek in die
hospitaal gegaan het en seker die een gebed gedoen wat my lewe verander het, en
seker die moeilikste besluit was wat ek as ouer ooit in my lewe gedoen het. Ek
kon nie dit meer uithou om hom so te sien lê en ly nie en het die HERE gevra
dat hy of moes bykom daardie dag, of die HERE moes hom kom haal want ek kon nie
meer verder gaan om te sien hoe hy ly nie. Weet jy hoe het ek gehuil toe ek by
hom in sy kamer kom en die suster vir my sê daar is geen verandering nie, maar
toe ek aan sy handjie vat dat hy half uitskreeu “Hallo Pappa”.
Dit was net ongelooflik hoe groot daardie oomblik was. Ek en
Hettie het regtig afskeid geneem van hom maar het toe ook geweet daar is nog ‘n
rede hoekom die HERE hom vir ons terug gegee het. Hy het toe nog ‘n verdere
tien weke in die hospitaal deurgebring en na dit nog drie of vier operasies en
veloorplantings deugegaan.
So ek dink ek weet hoe jy voel, ook met die dat ek nou al
meer as twintig jaar lank veg teen hierdie kanker wat seker nog, as ek net na
die verandering in my gesondheid kyk, binne die volgende ses na twaalf maande
my lewe gaan kos. Al wat ek geleer het daaruit is dat die HERE my nog kans gee
om my roeping te vervul.
Ek het net geleer om gedurende hierdie tyd nie vas te kyk in
hoe ek voel of wat my omstandighede is nie, maar dat ek kyk na wat ek moet leer
uit hierdie ondervinding sodat ek dit weer met ander kan deel. En natuurlik my oë op Hom vestig wat my elke
dag die krag gee om deur te druk. Weet jy watter voorreg dit vir my is om te
weet dat die HERE my gebruik, ten spyte van dit wat ek deurgaan? En ek weet net
dit is wat hy ook vir jou het. Daar is ‘n lied wat nou skielik opkom by my wat
deur Scott Wesley Brown gesing is. Dit lui as volg:
You have
faced the mountains of desperation
You have
climbed, you have fought, you have won
But this
valley that lies coldly before you
Casts a
shadow you cannot overcome
And just
when you thought you had it all together
You knew
every verse to get you through
But this
time the sorrow broke more than just your heart
And
reciting all those verses just won't do
Chorus:
When
answers aren't enough, there is Jesus
He is more
than just an answer to your prayer
And your
heart will find a safe and peaceful refuge
When
answers aren't enough, He is there
Instead of
asking why did it happen
Think of
where it can lead you from here
And as your
pain is slowly easing, you can find a greater reason
To live your life triumphant through the
tears
Repeat Chorus
Ek weet regtig nie hoe om jou verder te vertroos
nie, maar weet net dat Hy altyd alles tot ons beswil laat gebeur. Vir ons lyk
dit vandag dalk nie so nie, maar eendag wanneer ons saam met jou kind by Hom
is, sal ons alles verstaan.
Die een groot les wat ek self geleer het,
is dat dit nie help dat ek tent opslaan by gebeure wat ek nie verstaan hoekom
dit gebeur nie, maar dat die lewe aangaan en ek nog nie my eindbestemming
bereik het nie. Maar hierdie pad wat ek moet loop, gaan beide sy deel van goeie
en slegte ondervindings hê, maar ek weet dat die HERE altyd daar is vir my. Hy
het my nog nooit verlaat nie, en Hy sal ook nooit vir jou verlaat nie, want Hy
weet dat jou moederhart oorloop van seer en baie vrae het, maar, dat wanneer jy
aanbeweeg het en wie weet dalk oor ‘n paar dae, maande, of selfs jare sal jy
uitvind wat die rede vir hierdie gebeurewas.
Weet net dat jou kind alreeds daar is
waar ek en jy nog na uitsien om te wees.
Paulus stel dit vir ons so: “Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met
betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat
geen hoop het nie. Want as ons glo dat
Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap
het, saam met Hom bring.”
So
net om saam te vat:
·
Sy dood is nie om jou te straf nie,
maar sy tyd wat hy aan julle geleen was, is verby.
·
Ons moet berusting vind in die wete
dat hy is waar ons almal graag eendag wil wees.
·
Ek mag treur oor sy heengaan, maar ek
moet nie tent opslaan by die gebeurtenis nie, maar aanbeweeg met my lewe, sodat
ek ander kan bystaan wat deur dieselfde of soort gelyke gebeurtenisse gaan. Ek
het groot geword in ‘n huis waar my oudste broer as jong baba oorlede is, en
alhoewel ek hom nooit geken het nie, het my ouers my tog van hom vertel en
fotos van gewys. Dit was ‘n gebeurtenis wat niemand van hulle kon wegneem nie.
·
Julle is nie die eerste persone wat
daardeur gaan nie. Daar is elke dag iemand wat in dieselfde bootjie as julle
is, en wanneer julle hierdeur gewerk het, sal julle weer ander kan bystaan
terwyl hulle deur hulle verdriet moet werk.
·
Niemand sal ooit die herinneringe van
hom kan wegneem nie. Ons moet die tye wat ons saam was onsself in verbly en
koester.
·
Ten slotte wil ek net ook byvoeg dat julle
nooit moet toelaat dat bitterheid by julle pos vat nie.
Ek
hoop regtig dat die HERE julle sal vertroos, en wil afsluit met wat ons van
Paulus leer: “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die
Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons
verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die
vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.” 2 Korintiërs 1:3-4.
Dit is ook my “motto” vir my lewe.
Seën
groete vir almal.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking