Dinsdag 26 Julie 2016

Voed julle skape of vermaak julle die bokke?


Vertaling vanaf Engels na Afrikaans deur Louwrens Erasmus © 2016

Feeding Sheep or Amusing Goats?
Charles Haddon Spurgeon
(1834-1892)

‘n Euwil is besig om af te speel in die Kerk, so groot en verregaande, dat self die mees kortsigtigste persoon dit nie kan help om op te let nie, en dit al oor ‘n hele paar jare.(Nota 1) Dit het ontwikkel teen ‘n abnormale spoed, selfs vir ‘n euwil. Dit werk soos gis totdat alles deurdring is. Die duiwel het nog selde ‘n slimmer idee gehad as om die Kerk se missie te saboteur, deur vertonings die middelpunt van hul missie te maak, met die doel om die mense te verlei en te oorwin.

Waar die oorspronklike Puriteine uitgespreek het teen die verskynsel, het die Kerk algaande haar boodskap versag, en so begin om plek te maak vir die ligsinnigheid van vandag. Die Kerk het dit eers op die rante toegelaat en gebruik dit nou as hoofdoel om die sogenaamde massas te bereik.

My eerste probleem is dat om vertonings en vermaak vir die mense te verskaf, dit nêrens in die geskiedenis van die Kerk in die Bybel as funksie verklaar is nie. Indien dit Christelik is, hoekom het Christus dit nie gebruik nie? “(Mark 16:15) Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”  Dit is so helder soos daglig. Daar staan nêrens dat ons ook vermaak moet verskaf om mense te bereik nie. Dit wil voorkom asof dit nie eers aan gedink is nie.

Dan volg ‘n baie interessante gedeelte in die Bybel: “Ef 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,. Waar pas die vermaaklikheidsterre in? Die Heilige Gees is stil daaroor. Was die profete vervolg omdat hulle mense vermaak het of omdat hulle geweier het om dit te doen? Die konserte het nog geen martelare te vore gebring nie.

Weereens, om vermaak te verskaf is in direkte teenstelling met die lering van Christus en sy dissipels. Wat was die houding van Jesus teenoor die wêreld? “Julle is die sout.” Mat 5:13. Ons is nie die suikerlekker, iets wat die wêreld in sy mond wil sit of wil insluk nie. Kort en kragtig was die uitspraak: “Maar Jesus sê vir hom: Volg My, en laat die dooies hul eie dooies begrawe.Matt 8:22. Jesus was vreesloos in Sy erns.

Indien Christus meer van die gemaklike elemente in Sy missie ingesluit, sou Hy verseker meer gewild gewees het. Mense het Hom gevolg om meer van Sy leerstellings te leer. Ek sien nêrens dat Hy sê: “Petrus hardloop agter daardie manne aan en sê ons sal ‘n ander styl van aanbidding en lering môre hê nie, iets kort en pittig. Vertel hulle dat hulle ‘n lekker aand sal hê en dat ons sal seker maak dat hulle dit geniet. Gaan vinnig, want ons wil die mense by die diens hê môre.” Ek lees wel Jesus het gesug oor die sondaars, oor hulle gehuil, oor hulle besorg gewees, maar nooit hulle vermaak nie.

Die briewe en skrywes in die Nuwe Testament kan van hoek tot kant deursoek kan word sonder dat vermaak enige plek daarin genoem sal word. Die boodskap is altyd: “Kom uit haar uit, hou jouself rein!” Enige iets wat naby vermaaklikheid kom is opvallend afwesig. Hulle het onbeperkte vertroue in die evangelie gehad, en het geen ander wapen gebruik nie.

Nadat Johannes en Petrus opgesluit was oor hule prediking, het die Kerk bymekaar gekom. Hulle het nie gebid dat die HERE hulle as Sy diensknegte wysheid sal gee om vermaak te gebruik om so die boodskap te verkondig en so te wys hoe gelukkig hulle kan wees ten midde van die vervolginging nie, en sonder dat hulle in die tronk beland nie. Indien hulle vermaaklikheid wou verskaf, sou hulle nie tyd gehad het om die evangelie te verkondig nie. Verspreid deur vervolging, het hulle die evangelie verkondig waar hulle ook al gekom het. Hulle het die wêreld omgekeer en in rep en roer gehad: “Hand 17: 6 Maar toe hulle hul nie kry nie, het hulle Jason en ‘n paar broeders na die stadsowerhede gesleep en geskreeu: Die mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier ook gekom, Dit is die enigste verskil. HERE maak u Kerk weer skoon van al die gemors en verrotting wat die duiwel op haar afdwing en bring ons terug na U weë soos in die dae van die apostels.

Laastens, die missie van vermaak bring nie die gevraagde effek nie. Dit bring verwoesting onder nuwe bekeerlinge. Laat die nalatiges en spotters wat die HERE dank omdat die Kerk hulle halfpad ontmoet het, praat en getuig. Laat die wat swaar laste gehad het en vrede gevind het deur konserte by te woon, nie stil wees nie. Laat die dronkaard wat deur die dramatiese vermaak van mense, ander na die HERE gelei het, opstaan en getuig. Maar helaas, daar is niemand. Die missie van vermaak bring geen bekeerdes na vore. Die uur het weer gekom om vandag se bedienings toe te rus met opregte geleerdheid en werking van die Heilige Gees, waardeur die een deur die ander voortgebring word. Waar vrugte weer gedra word omdat dit in Christus gewortel is. Die behoefte is weer Bybelse leerstellings wat so oorgedra word dat mense weer deur die lering aan die brand sal wees vir die Koninkryk van God.

Notas: (Soos ons kan sien is Spurgeon alreeds in 1892 oorlede, so ek weet nie wat hy van vandag sou sê nie.)