Donderdag 26 Januarie 2017

Moses 2 vers 14 - Wat en hoe moet ons leer?

Moses 2 vers 14 – Wat en hoe moet ons leer?


My grootste probleem met mense is dat hulle wil nie leer nie, of aan die anderkant hulle word nie geleer nie. Nou het ons nog verdere probleme in die dat ons mense het wat glo dat alle profesië en alle ander verwysings in Jesus vervul is, so ons hoef nie te kyk en te leer uit die Ou Testament nie, want ons is nou deel van die Nuwe Testament. Nog ‘n verdere probleem is dat ons twee hoof groepe in Christenskap mee sit. Die wat onder ‘n koning staan, en die wat onder die koningskap van die HERE staan. Hierdie laaste klomp is maar dun gesaai. Dit klink dalk snaaks, maar gaan lees 1 Samuel 8, dan sal jy sien wat ek bedoel. Die NG Kerk se sinode is vir my ‘n goeie voorbeeld van die wat onder ‘n koning staan. In die verlede as die sinode iets besluit het, was dit wet. So as die koning iets verklaar sal jy dit doen. Nou sê hulle elke gemeente moet besluit oor die gay kwessie, en nou is daar verwarring, want die wat net bevele uitgevoer het, moet nou ewe skielik self besluit. Hulle moet nou self verantwoording neem, en dit weet hulle nie hoe nie. Want wat nou gedoen as ons predikant in sonde leef? Nou sien ek ‘n nuwe credo waarmee hulle uitkom en dit so humanisties is dat dit die HERE en Sy verwagtings heeltemal op die agtergrond skuif. Die eerste reel in die credo word wel aan die Vader gekoppel. 

Hier dan die hele credo:
Credo
* Ons glo in God Drie-enig, totaal anders, heilig en rein, en Hy is alle lof, eer en aanbidding waardig.
* Ons glo dat God elke mens geskep het na sy beeld; daarom is elke mens waardevol.
* Ons bely dat Jesus waarlik mens kom word het om mense uit die mag van sonde te bevry.
* Ons glo dat ons in Christus 'n nuwe identiteit het - Koningskind - uitverkies en geliefd.
* Ons erken dat ons geroep is om, net soos ons Here, almal wat na sy beeld geskape is, met deernis nederig te dien. (So sondaars kan maar aangaan en selfs leiersposisies beklee en ons mag niks sê nie. Hy was verseker nie maatjies gewees met die Fariseers en skrifgeleerdes nie)
* Ons glo in die Heilige Gees, ons Trooster, wat ons leer om soos ons Leermeester te leef.
Ons bely dat ons hoogste roeping is om liefde sonder onderskeid aan alle mense te betoon: in ons huise, kerke, strate, stede en land. (Huh. Ek dag die Bybel leer Jy moet eerstens die Here jou God liefhê en dan jou naaste soos jouself)
* Ons glo in genade, ons beoefen geduld, ons dien en ons vergewe.
* Ons verklaar dat liefde altyd sal wen.
* En hierop antwoord ons almal: Amen, ook vir my.

Die gedeeltes in bold is seker die grootste flaters wat ek nog gesien het, want dit is suiwer humanisties en onbybels. Die Bybel verklaar die volgende “in wie se oë die verworpene veragtelik is,” Ps15. “As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom ‘n vervloeking wees! Maranáta! (1Kor 16:22)

Maar terug na my oorspronklike punt.

Nou gee Paulus vir ons ‘n skrif wat ek nog nooit iemend oor hoor preek het in my lewe nie. 1Kor. 10 verse 1 -11. Vers elf som dit baie mooi op: “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.”  So Paulus sê Israel is ons voorbeeld en kan ons al ons antwoorde uit die Ou Testament gaan soek. Indien jy iemand sien iets verkeerd doen sê die HERE vir Esegiël die volgende: “As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.” (Eze 33:8-9)

Nou as ons na Israel se geskiedenis kyk sien ons die volgende: “En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek.” (Exo 7:1-2) So hier stel die HERE Moses as Sy verteenwoordiger aan, Aäron as sy profeet, so hy sal Moses se spreekbuis wees, en die Farao as die teenstander, of die Satan. So nou kan ek Israel se tog volg om te sien hoe hulle in Kanaän uitgekom het, wat hulle moes doen, en dit volg in my eie lewe om seker te maak dat ek in Kanaän uitkom, dit wat die HERE vir my het. Dit vertel alles rondom die verbond, want Jesus is ons Lam en so kan ons aangaan. Nou kan ons sien hoe Paulus die mense waarsku om nie afgode te maak nie, seksueele sondes word veroordeel en word daar in Rigters se laaste drie hoofstukke 25,000 manne omkom as gevolg van seksueele sonde. Dan leer ons dat die leiers sal sê soos Aäron gesê het toe hy die goue kalf gemaak het: “Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom.” Eks 32 vers  24. Hy neem nie verantwoordelikheid nie. Hy het nie die beloofde land gesien nie. Saam met hom almal wat 20 jaar en our was is gedood in die woestyn. “En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie? En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.” (Heb 3:17-19)

Wat probeer ek sê? Ons moet luister na die Heilige Gees. Die Nederlanse Geloofs Belydenis van die Calvinistiese Kerke sê net: “Ek glo in die Heilige Gees”. Wie of wat Hy is word nêrens bespreek nie, en jou gemiddelde lidmaat het nie ‘n clue wie of wat Hy is of doen nie. Maar dit is Sy werk: “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is. (Joh 16:7-11) So die Heilige Gees gaan kom om ons, alle mense, te oortuig van sonde sodat ons kan weet dat ons ‘n verlosser nodig het, en dan gaan Hy ons soos ‘n Moses vat op ‘n pad om in die werklike Kanaän uit te kom. Dit is ‘n tog wat vir elke Christen wag, maar ons moet kies of ons onder ‘n Koning wil staan of onder ‘n Herder wat ons sal neem na waar ons gevoed gaan word. Glo my daar is baie gemeentes waar jy wel gevoed sal word, maar wees op die uitkyk wanneer hulle soos konings optree.

Jesus self verklaar in sy gelykenis van Lasarus en die ryk man as volg: “En daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe. En daar was ‘n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het. En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur— want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.” (Luk 16:19-31) Hier wys Jesus daarop dat Hy sal sterf en uit die dode opstaan en tog sal die mense nie tot bekering kom nie, al het hulle die wet en profete. So ons kan al het ons net die Ou Verbond ons lewe met die HERE regmaak.

So begin die Bybel te lees van voor af en vra dat die Heilige Gees jou sal bystaan elke dag en elke oomblik van jou lewe. Dit is ‘n pad wat soveel genot kan verskaf as jy die regte rigting kies. Dit is ook die pad wat ek neem met predikers wat graag meer wil leer, of mense wat wil seker maak dat hulle in die hemel sal opeindig. En dit is my roeping.

So op ander vrae soos of die doop jou red, nee, net die bloed van Jesus kan jou red, maar jy kan net eenkeer gedoop word om onder die gesag van die Farao, die duiwel uit te kom en jou onder die heerskappy van die Vader sit soos toe Israel uit Egipte getrek het. En dit kan jy slegs doen nadat jy die eerste keer Nagmaal gebruik het. Lees maar Romeine 6 oor wat Paulus daaroor sê. Dit gaan maar terug na die werking van die Heilige Gees, want eers as jy besef jy het ‘n verlosser nodig, kan jou paadjie begin. Eers na jou doop sal jy die doping in die Heilige Gees kan ervaar, en dan sal Hy jou kan leer. So daar bestaaan nie iets soos backsliders nie, nee hulle is sondaars en indien hulle gedoop is en besef het wat die doop beteken, is hulle volgens Paulus verdoem. Daarom dat ons leer in die profete en Openbaring dat slegs een derde van mense wat hulself Christene noem, gered sal word met die oordeel in Openbaring. Die ander twee derdes is deel van die hoer. “Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek. Ag, hoe het die getroue vesting ‘n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag—en nou moordenaars! Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water. Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie. Daarom spreek die Here HERE van die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!”  Jes 1:20-24)

Ek weet die woorde klink hard en veroordelend, maar ek en elkeen wat glo dat Jesus vir ons sondes betaal het, se roeping is om mense te waarsku dat hulle op die nou pad moet bly. Wanneer moet ek dit doen? “Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening. Want ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby. Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.” (2Ti 4:1-7)

“Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral die wat uit die besnydenis is; hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins. Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike. Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees, en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie. Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel. Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.” (Tit 1:10-16)



Woensdag 04 Januarie 2017

Die Groot en Finale Skeiding - David Wilkerson

Ons is lief daarvoor om Jesus se woorde aan te haal oor die oorwinning wat hy aan sy kerk belowe het: "Die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie" (Mattheus 16:18). Paulus sê Christus het sy kerk lief en dit sal in die laaste dae aan Hom voorgestel word as heilig en gewas deur die Woord, 'n glorieryke bruid sonder vlek, rimpel of enigiets dergeliks (sien Efesiers 5:25-27). Eenvoudig gestel, die kerk van Jesus Christus aan die einde van tyd, sal 'n glorieryke, heersende, oorwinnende, liggaam van gelowiges wees. En ons kan hierop staatmaak as 'n belofte van die Here self.

Die vyand het egter gekom om hierdie glorieryke laaste-dag kerk te vernietig. Paulus waarsku dat God se mense 'n groot afval van die ware leerstellinge van Christus sal beleef, en in plaas daarvan, sal hulle hul wend na evangelies van wellus en hebsug: "Want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal veramel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels" (2 Timotheus 4:3-4).

So, watter boodskap moet ons verkondig in hierdie laaste dae? Paulus spel dit baie duidelik uit in hierdie gedeelte: 'n boodskap van gesonde leer. Dit bevat die kruis, die wederkoms van die Here, heiligheid, selfverloëning, die laat staan van sonde - alles dinge wat Paulus sê dat talle in die laaste dae dit sal laat vaar. Hy sê selfs vir ons hoe ons sulke leerstellinge moet lewer: "Weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering" (2 Timotheus 4:2).

Waarom was Paulus gedring om so 'n sombere woord te bring? Dit was omdat tragedie reeds aan die kom was oor die kerk in die laaste dae, in die gemeentes wat Paulus hier aangespreek het. Hierdie gemeentes het die tugtiging en bestraffing van 'n gesonde evangelie geweier en het hulleself oorgegee aan hebsug en die plesiere van hierdie wereld. Hulle wou in die gehoor gestreel word deur 'n evangelie van materialisme en maklike prediking te hoor. Daarom het daar onder hulle die behoefte ontstaan vir 'n nuwe geslag predikers, vleeslike mense wat hulle ore sou streel met 'n kostelose, kruislose, tugtelose evangelie.

Soos Paulus, het Petrus ook geskryf oor diegene wat saamkom om vertroostende preke te hoor van vals leraars wat 'n evangelie bied wat die vlees bevredig. "Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en se: Waar is die belofte van van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos die begin van die skepping af" (2 Petrus 3:3-4).

Wie is hierdie spotters wat sulke dinge sal sê? Dit is nie die sekulere skare of die ateistiese of agnostiese skares nie. Dit is nie Hollywoord, of die dronkes of bedwelmdes nie. En dit is nie Jode of Islamiete nie. Nie een van hulle is begaan oor sulke vra nie, want Christus se koms het vir hulle geen betekenis nie.

Nee, Petrus praat van die massas sogenaamde Christus-volgelinge wat gesonde leer verwerp en 'n evangelie van hebsug omhels. Die enigste manier waarop sulke mense hulleself kan oorgee aan 'n evangelie van vlees, is om dit uit hulle gedagtes te haal dat Jesus kom. Dit is die enigste manier waarop hulle ontslae kan raak van die skuld wat saam met hulle ingesteldheid en lewenstyl kom. Dit is diegene van wie Petrus se, "En om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word" (1 Petrus 2:2).

Beskou die toestand van die kerk vandag, met al sy wêreldse invloede, sy wêreldse vermaak, sy gemaklikheid en ligsinnigheid, sy fokus op sukses en geld. En dink aan die afwesigheid van goddelike droefheid oor sonde, die gebrek aan selfverloening en toewyding aan Christus. Dit is duidelik dat die kerk van vandag reeds lank gelede sy gesag verloor het en getap is van sy geestelike krag.

Christus kom nie vir 'n kerk wat 'n blyplek van rowers geword het nie. Hy kom nie vir 'n kerk wat gelei word deur hoof uitvoerende beamptes nie, maar deur die Heilige Gees. Die kerk vir wie Hy kom, het alle dwaasheid en elke valse evangelie verwerp. Dit is 'n kerk waar kansels gevul is met vreeslose profete en wagte wat preek as spreekbuise van God en nie met geleende boodskappe nie. En dit is gevul met geheiligde gelowiges wat die liefde vir hierdie wereld vermy en nie toelaat dat dit hulle harte in besit neem nie.

Wat is God se antwoord op die talle leringe van hebsug?

Hoe sal die Here uit hierdie situasie 'n oorwinnende, triomfantlike, magtige kerk bring, een wat voorbereid is en verlang na sy koms? Die Gees van God gaan geestelike Nasireërs oprig, mans en vroue met Heilige Gees krag, 'n heeltemal afgesonderde volk wat die wêreld en alle dinge van die wêreld laat vaar het.

Wat is 'n Nasireër? Dit was iemand in Israel wat by geboorte 'n eed afgele het om afgesonder van die wêreld te wees. Nasireërs sou nie wyn drink nie, omdat dit vir hulle die passies en begeertes van die wereld verteenwoordig het. Hulle sou nie enige dooie ding of persoon aanraak of in kontak daarmee kom nie, omdat dit geestelike dood verteenwoordig het. En hulle sou nie hulle hare skeer as 'n teken van toewyding aan hulle lewe van afsondering. Nasireërs was ten volle in die wereld, maar hulle was nie van die wereld nie, maar afgesonder vir God, vir sy doelwitte alleen.

Die profeet Samuel was 'n Nasireër. Net so was Johannes die Doper, 'n man wat heeltemal afgesonder was vir God en duidelik vol van die Gees was. Simson, wat in die periode van die Rigters geleef het, was ook 'n Nasireër genoem. Die wereld het erken dat elkeen van hierdie mans anders was en het gese, "Hierdie magtige man praat nie soos ons praat nie. Hy leef nie op die manier wat ons leef nie. Hy is afgesonder vir God."

Dwardeur die wêreld, het God steeds 'n oorblyfsel van geestelike Nasireërs op kansels en in kerkbanke. Die Here het 'n hele liggaam van predikers, leraars, evangeliste en gemeentelede wat nie besoedel is met die begeertes en ambisies van hierdie eeu nie. Hierdie afgesonderde mans en vroue van God beweeg in die Gees, verkondig 'n vurige evangelie wat ongeskonde en gesond is en getuig van die transformerende krag van die Heilige Gees.

Toe Jesus die kerk in Jerusalem begin het na sy opstanding, het Hy hulle nie opdrag gegee om 'n meningspeiling onder sondaars te doen en hulle te vra watter soort kerk hulle moontlik sou lok nie. Hy het nooit vir hulle gesê om 'n nie-aanstootlike evangelie te verkondig, sodat mense gemaklik daarmee kan wees nie. In plaas daarvan, het Hy sy volgelinge een eenvoudige opdrag gegee: "Wag vir die uitstorting, vir die beweging van my Gees."

By Pinkster, was daar 'n boodskap wat duisende op hulle knieë laat val het: "Hom...het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring; Hom het God opgewek" (Handelinge 2:23-24). Wat was die reaksie onder diegene wat gehoor het?

"Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gese: Wat moet ons doen, broeders?" (Handelinge 2:37). Die antwoord van Petrus en die ander was duidelik: "Bekeer julle!"

Geliefde, sonder die werking van die Heilige Gees - sonder sy teenwoordigheid en krag met ons - het ons absoluut niks nie. Ons almal sou eenvoudig ons tyd mors. Hy moet die krag wees wat ons beweeg en die harte van 'n sondige wêreld aanroer.

Satan se plan was om Simson te beroof van daardie krag en sterkte deur Delila. Haar naam beteken om "stadiger te beweeg, makliker te gaan, intensiteit te verloor." Simson het sterk begin en 'n lewe geleef, afgesonder vir God terwyl hy Israel gerig het. Toe, vir 'n periode van twintig jaar, lees ons niks van die Gees se werking met Simson nie. Daar was geen ondernemings, geen magtige oorwinnings oor Israel se vyande nie. Waarom? Hy het moeg geraak vir die afgesonderde lewe en gedink, "Ek is te intens en leef te nougeset. Wat is verkeerd met 'n bietjie ontspanning? Waarom kan ek nie 'n paar plesiere van die wêreld proe nie?" Toe het hy gegaan na die Dal Sorek, wat Filistynse gebied was en waar hy die prostituut Delila gekry het en die nag by haar deurgebring het.

Die volgende oggend, het Simson besef dat hy ten spyte van sy wellustige dade, nie sy krag verloor nie. Sy hare het nie uitgeval nie en die Gees het hom ook nie verlaat nie. Klaarblyklik het hy gedink, "Ek kan al die tyd verbode plesiere geniet en steeds my salwing behou." Hy het van die maklike lewe begin hou. Hy hoef nie meer bekommerd te gewees het oor die veiligheid van Israel of die welstand van weduwee's en wese nie. In plaas daarvan, het Simson verklaar, "Ek het my tyd ingesit. Nou gaan ek myself 'n bietjie geniet."

Dieselfde leuen mislei talle volgelinge van Christus vandag. Hulle sê vir hulself, "O, 'n bietjie pornografie op die internet sal my nie skade doen nie. En hierdie R-gegradeerde films sal nie my geestelike lewe wegneem nie. Die bietjie wat ek drink, affekteer my nie." Terwyl Simson egter verslap het in sy afgesonderde lewe, het die vyand agter die toneel gewerk. Die Filistyne het Delila aangepor, "Verlei hom. Vind uit wat die geheim van sy krag is, sodat ons hom kan oorweldig. Gebruik jou sjarme en ons sal hom vasbind en hom gevange neem."

Simson se tragedie was nie sy hoerery met Delila nie, hoewel daardie sonde erg genoeg was om hom uit God se diens te diskwalifiseer. Nee, Simson se tragedie was dat hy nie meer die werk van die Gees in sy lewe waardevol geag het nie. Die teenwoordigheid van die Here was nie vir hom langer die belangrikste ding nie. Hierdie eens-magtige man van God, het nou die Here se krag en seen in sy lewe heeltemal as vanselfsprekend aanvaar.

Natuurlik het Simson daardie oggend in Delila se skoot wakker geword met sy hare afgeskeer. Hy het vir homself gese, "Ek het tevore van hulle af weggekom. Dit is nie 'n groot saak nie." Hierdie keer, terwyl die Filistyne egter nader gekom het, het Simson agtergekom hy is so swak soos 'n katjie. Hy het nie besef die Gees van die Here het hom verlaat nie. Die tragiesste is dat God se mense teruggekeer het na die onderdrukkende slawerny van die Filistyne.

Vandag sit duisende Christene in dooie kerke sonder om te besef dat God se Gees gewyk het.

Die gees van Delila het daarin geslaag om talle in die kerk aan die slaap te sus in haar skoot. Die hele tyd word hulle geestelike lewe en krag van hulle getap. Ek vra vir jou, sal Christus se kerk op die ou end beland in die hande van hulle vyande, in slawerny en gevang deur die duiwel? Sal dit die kerk sy dae slyt as 'n opgeblase, biddelose, onbesorgde liggaam van sogenaamde gelowiges?

Nee, nooit! Dank God, ons Verlosser is nie 'n blote man soos Simson nie. En die Delila-gees is geen gelyke vir die Seun van die lewende God, Jesus Christus, nie. Sy gaan op haar knieë val en voor Hom buig. Op hierdie oomblik is Christus in werklikheid besig om af te reken met die gees van Delila in sy kerk. Hy het die Heilige Gees opdrag gegee: "Vernietig hierdie gees van Delila, en jaag almal uit wat daardeur verlei is - elke prediker, elke gemeentelid, enigeen wat genoem word met my Naam. Oortuig hulle van sonde, trek hulle en vertel vir hulle Ek wil hulle nog 'n kans gee om my heerlikheid te sien, net soos ek met Simson gedoen het. Sê vir hulle hierdie huis van gemak waarin hulle ingesluip het - 'n huis van verleiding wat so baie geruïneer het - gaan geskud word tot op sy fondament. Die dak sal meegee en dit gaan alles in duie stort."

Daar word egter vir ons 'n hoopvolle woord gegee. God het vir die profeet Haggai gesê dat Hy belowe het om sy laaste-dag kerk met sy heerlikheid te vul. "Want so sê die HERE van die leerskare: 'n Rukkie nog, 'n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droe grond laat bewe. Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leerskare" (Haggai 2:6-7).

Eenvoudig gestel, Christus is die begeerte van alle nasies en Hy kom weer. Maar eers sal daar 'n groot skudding wees. Alles wat kan skud, sê Jesus, sal geskud word. Dit beteken daar sal 'n groot skeiding wees, en wat ook al nie geskud kan word nie, sal oorbly. So, wat sal die oorblywende deel wees?

Dit sal mense wees wat terughardloop in die arms van Christus in - 'n kerk wat intens aan die brand is, op haar knieë, verslae, wawyd wakker en wagtend op sy koms is. Dit sal 'n kerk wees wat weggedraai het van alle flirtasies met sonde en afgesonder is vir die Here, met rein hande en suiwer harte. In so 'n kerk, is die Heilige Gees vry om te beweeg en te werk op magtige maniere. Niks verhinder sy salwing en werking nie en die heerlikheid van God word duidelik vir almal om te sien.