Woensdag 12 Junie 2019

Apartheid in die nuwe Suid Afrika.


Apartheid in die nuwe Suid Afrika.

Ons lewe vandag 25 jaar na die einde van apartheid, nog steeds in apartheid. Ek glo nie dat ek veel teenkanting kan kry nie, maar waar daar in die verlede onderskeid getref is van velkleur, het dit ‘n veel meer komplekse onderwerp geword. Verseker is daar nog apartheid wat gebaseer word op velkleur, elke dorp of stad wat jy kry in die ou Suid Afrika het nog steeds sy aparte woonbuurtes vir die swart, bruin, en blankes, maar dit is maar een van die apartheids kenmerke. So ek wil so vinnig kyk na hoe apartheid vandag werk in Suid Afrika, en dan kyk of ons dalk iets kan leer daaroor uit die Bybel.

Hoe werk apartheid vandag?

Die eerste groep waarna ek wil kyk is die wat hul apartheid kan bekostig as gevolg van hul finansiële stand. So die mense kan dit bekostig om apart van ander mense te lewe. So wanneer ek na ons ou dorpie kyk kry ons nog steeds die mense, my inkluis, wat in die oorspronklike dorpsgebied bly. Daar het wel ‘n baie groot aantal blankes die dorp verlaat nadat die groot projekte wat in die omgewing werk verskaf het aan die mense, voltooi was. So waar ons dorp oorspronklik die padwerkers kamp gehuisves het, het dit tot ‘n einde gekom toe al die groot paaie in die omgewing  geteer is. En dan was die ander groot projek die Groot Visrivier tonnel wat van die Gariep dam water na die rivier gepomp is. Daar was ‘n plek waar mense gebly het wat as Midshaft bekend was, wat indien jy nie daarvan weet nie, jy nie eers daarvan sal weet nie. Die tonnel is net oor die 80 km lank en het baie jare gevat om klaar te maak. Dan by Teebus waar die tonnel eindig, is daar vandag ‘n spook dorpie met ‘n Olimpiese grote swembad wat natuurlik leeg is. Indien jy gaan kyk na die pompstasie is daar voorsiening gemaak om ‘n hidro elektriese opwekkings stasie op te rig wat verseker vir ‘n hele paar dorpe hier om ons genoeg krag sal voorsien, maar ek glo nie eers dat iemand daarvan bewus is nie.

So het die ou dorpie baie van sy inwoners verloor wat ‘n hele ketting reaksie gehad het. Groot naam klerewinkels, meubelwinkels en selfs banke het hulle kantore en winkels gesluit omdat daar nie meer mense oor was wat hulle kon ondersteun nie. Die winkels en banke het natuurlik ook ‘n klomp mense verplaas na ander gebiede waar die winkels en banke takke gehad het, of party moes maar net hoor dat hulle afbetaal gaan word aangesien daar nie meer werk vir hulle is nie
.
Die gevolge daarvan was dat die skole kleiner moes word, dat die hoërskool gesluit het en dat die onderwysers opleiding sentrum wat eers die hoërskool was ook deur die nuwe regeringsbeleid gesluit is, en alles het net meer mense laat trek. Vandag is daar ‘n oorvloed huise beskikbaar, maar hulle word so stukkie vir stukkie na Khayamnandi, die oorspronklike swart woonbuurt, weggedra. Hoekom ek ons dorpie so beskryf het, is dat daar verseker nie onder die blankes apartheid beoefen word nie aangesien meeste mense maar jare lank al hier bly. So hulle het nie doelbewus gekies om hier te kom bly nie, behalwe dalk mense soos ek wat gevind het dat ek hier ‘n huis kon koop teen ‘n baie lae prys.

Maar tog vind ons dat meeste van die mense wat vir die staat werk, en hulle is seker 95%+ swart of anders kleurig, wel in die dorp bly want hulle wil nie saam in Khayamnandi bly nie want die huise is te klein, en dit pas nie by hulle status nie. So vind jy dat baie onderwysers, mediese personeel wat by die hospitaal of kliniek werk, byna almal in die ou dorp ingetrek het. Dan is daar ook redelik baie mense wat in die dorp bly wat as kontrakteur werkers in ‘n huis in die dorp bly aangesien hul huisvesting deur die kontrak gedek word. So die mense ‘koop’ hulle apartheid. En dan is daar natuurlik die misdaad deur die jonger, meeste manspersone wat aan bendes behoort, wat mense wat dalk net alleen of ‘n bietjie laat van die dorp kom, slagoffers word van hierdie boewe. Baie van die wat aangeval word verloor hulle lewens, terwyl ander dalk gelukkig is en dit oorleef.

Maar, soos almal in Suid Afrika weet, is ‘n lewe niks werd onder die mense nie. Ons almal baklei oor plaasmoorde en swart teen wit misdaad, maar wanneer jy na die statistieke kyk sien jy hoekom die ANC niks daaraan doen nie, want die swart op swart geweld, of anderskleuriges, is seker 50 keer meer as plaasaanvalle of swart op wit geweld. In baie gevalle is een naweek se geweld meer as al die plaasaanvalle in ‘n jaar op blankes. Die webtuiste https://www.worldlifeexpectancy.com/cause-of-death/violence/by-country/ se statistiek wys dat Suid Afrika 14 de op die wêreld lys is van 183 lande, met 25 sterftes per 100,000 mense. Vergelyk dit nou met Sirië wat in ‘n oorlog betrokke is en hul syfer is net 2.85 per 100,000 mense is en hulle is 127 ste op dieselfde lys is, en dan vind jy uit hoe min hierdie mense by ons omgee vir ‘n lewe.

Ek glo dit is ook hoe dit gaan met mense in die stede. Indien jy kan bekostig om in ‘n buurt te vestig wat oorheersend is soos jy, dan koop jy jou apartheid. En dit maak nie saak watter kleur jy is nie. Apartheid is nie meer vandag kleur gebonde nie, maar inkomste gebonde. Daar is natuurlik ook ander faktore, soos geloof en etnisiteit wat ook ‘n rol speel, maar ek glo die grootste skeiding is soos in die verlede nog steeds finansiële apartheid. Al wat na 1994 gebeur het is dat alle groepe nou in vooraf slegs blanke gebiede kan bly. Ek weet nie of daar enige blankes is wat hulself in voorheen swart gebiede gevestig het nie, aangesien die etnisiteit en gewoontes baie groot verskil.

So kry ons vandag dan ook blanke plakkerskampe, iets wat vroeër jare nie eers aan gedink is nie. Maar na 1994 het selfs die swart plakkerskampe soos sampioene net oornag verskyn. Almal het gedink en is belowe dat daar werk is vir almal in die stede, en het die vorige tuislande se inwoners net na die stede toe gestroom. Verder het van die buurlande se mense ook net oor die grense gestroom en is daar selfs aparte kantore ingerig waar Zimbabwe se mense die nodige dokumente kan kry om in Suid Afrika te bly en werk. As ek net aan ons dorpie kyk is ons dalk 150 blankes op die dorp met seker 20,000+ in die swart en kleurling buurtes.

Maar nou vind ek ook ‘n verdere uitvloei van hierdie verskynsel. Ek het onlangs die dokumentêre  video gekyk wat hoofsaaklik gegaan het oor die insypeling van mense in die EU genaamd “Borderless”, en het toe gevind dit is presies wat ons in Suid Afrika al baie verder mee gevorder het. En dit het net gebeur in Suid Afrika deur dit te wettig. So het daar slegs omtrent 5% van die mense se lewens verander en kon hulle kies en keur waar om te bly, want hulle het die wet agter hulle gehad wat bepaal het dat indien jy op enige vlak met die regering of groot maatskappye besigheid wou doen, jy of ‘n swart bemagtiging vennoot moes gebruik om saam met jou te tender, of hulle moes die hoof tenderaar wees, en dan het hulle die werk na jou toe uit kontrakteur. Dit is natuurlik hoe meeste van die ANC se mense hulle fortuine gemaak het en nog steeds maak, en die deur vir Staats kaping  wyd oop gemaak is. So het dit ook gesorg dat meeste Staats of semi Staats instellings deur mense oorgeneem is wat geen kennis gedra het van bestuur nie, en maar net van een na die ander instelling geskuif is om daar te gaan plunder. En natuurlik sal die politisie voor aan die lys van ontvangers, want hulle maak seker dan die ooreenkoms geteken word, en dan word die departement of instelling net aangesê om die nodige tenders uit te sit en seker te maak dat die mense wat reeds die “tender” gekry het, wel die tender kry, en hulle natuurlik hulle pond vleis kry vir hulle werk. En die blanke mans vind dat daar 118 wette is wat hulle uitsluit uit hierdie posisies en nooit eers oorweeg sal word vir nuwe aanstellings nie. Ek onthou dat so ‘n jaar of twee gelede al Eskom se diesel deur ‘n vrou verskaf is wat ‘n haarkapster was. Maar sy is gebruik sodat die wat weet hulle self daardeur kon verryk. Dan vind jy uit dat die een persoon glo nie geweet het dat ‘n maatskappy wat ‘n tender van miljarde gekry het sy dogter se maatskappy was nie, al het sy by hulle in hul huis gewoon.

So as Suid Afrikaners, en veral blanke Suid Afrikaners, het ons so ‘n 24 jaar voorsprong op die EU. Die enigste verskil is dat dit die gepeupel is wat na die EU gevlug het, en die NGO’s wat die geld gemaak het. Soos die een persoon wat in hegtenis geneem is omdat hy maar net €5 miljoen onwettig gemaak het, maar dit as niks op die nuus afgemaak is nie want daar was ander NGO’s wat 50 miljoen gemaak het. Nou sit die EU met die probleem waarmee Suid Afrika gesit het in die apartheids jare, dat al hierdie ongeskoolde mense wat niks tot die ekonomie kan bydra nie, al die staatshulp wat vir hul eie mense deur hulle eie mense bygedra word, so die betalers van belasting, na die ingesmokkelde gepeupel gaan en hul eie mense trek geen voordeel daar uit nie.

So wat is my raad aan ons eie mense in Suid Afrika? Ek weet dat meeste mense se antwoord gaan wees dat indien jy kwalifiseer jy jouself in ‘n ander land vestig en daar aangaan met jou lewe. Maar, indien jy sekere beroepe beoefen waar jy vir jouself kan werk, jy dalk meer hier gaan verdien as in die buiteland. Die rede is voor die hand liggend. Omdat daar ‘n tekort aan mense in sekere beroepe is, en jy jou eie praktyk kan beoefen, kan jy bly en dan jou apartheid koop. Ek stel net voor dat jy mooi kyk in watter area jy jou vestig want dit help nie jy gaan soek ‘n plek wat soos by ons 180+ blankes het met seker 20,000+ anderskleurige mense nie want jy gaan nie veilig wees nie. Maar nou kan jy ‘n plek vat soos iewers langs die see in die Weskaap, en jy is weg van die wat jou wil doodmaak, en jy kan redelik veilig lewe.

Maar natuurlik gaan jy die mense kry wat hulle geld maak uit bemagtiging transaksies, en hulle kan net dalk jou bure word en hulle gewoontes soos klere oor jou erf se muur ophang, musiek wat so hard gespeel word dat jy nie jouself in jou eie huis kan hoor nie, en dan regte rassiste is. Maar, o ja, ek het vergeet hulle kan nie rassiste wees nie, net blankes kan rassiste wees.

En dan moet jy besluit of jy jou kinders hier wil laat leer of dalk in die buiteland waar hulle standaard net soveel hoër is. En natuurlik is hulle verseker meer veilig daar as hier. En kan hulle dalk in die buiteland net in beter omstandighede groot word.

Maar selfs in die gekoopte apartheid woonbuurte, is jy nie veilig nie. My skoonseun is binne ‘n veiligheids kompleks met elektriese bedrading, lemmetjiesdraad en alles in sy tuin aangeval agt uur die aand toe hy die water wou afsit wat hy die plante mee natgelei het. Hy is in die rug gesteek met ‘n skroewedraaier, maar die aanvaller het nie gedink dat hy met ‘n 26 jarige, 1,85 meter 100 kilogram sterk boerseun te doen gaan kry nie. So al was hulle twee wat hom aangeval het met een wat hom met ‘n baksteen oor die kop wou slaan, moes hulle die aftog blaas. En die was al in 2003.

Dan is daar ook gevalle waar hierdie boewe plekke binne hierdie komplekse huur, en dan van binne die eienaars besteel sonder dat iemand ooit weet waar hul gesteelde goed heen is nie. Maar, nou moet ek byvoeg dat my een suster ons vertel het dat in een van hierdie regte veilige buurte waar hulle gewoon het, blanke kinders so ingebreek het en rekenaars en ander elektroniese goed gesteel het om geld te kry vir hul verslawing aan dwelms.

So alles gaan nie meer oor kleur nie, maar oor optrede. Vra maar vir Malema hoekom hy in Hyde Park bly en sy kinders in van die duurste skole skool gaan, en dan vind jy uit hy het sy apartheid gekoop. En natuurlik was hy baie kwaad toe mense op ‘n kaart wys waar hy bly, want toe vind sy aanhangers ook uit dat hy nog steeds in apartheid glo en lewe.

So dit so ‘n vinnige kyk na waar ons vandag staan.

Apartheid in die Bybel

Grense

Waar ek nou na ons fisiese grense gekyk het en wat dit maak, kom ek by ‘n baie interessante gedeelte, en dit gaan oor wat die Bybel oor die onderwerp te sê het. Ek sal eers net al die gedeeltes aanhaal en dan bespreek. Ek wil hier net een van my gunsteling verse aanhaal van Paulus wat meeste mense wil ignoreer, want dit pas nie by hulle teologie in nie. Hoekom gebruik ek verse uit die Ou Testament/Verbond? Omdat meeste Kerke hul beleidenisskrifte net op die Nuwe Testament gebou het. En dit maak dat die mense dink dat ons nou ‘n ander HERE aanbid as in die Ou Verbond.

Ek vind daagliks dat mense, en ek praat van volwassenes, nie weet wat in die Ou Testament staan nie, want dit mag nie gebruik word nie. Ek was self eendag in ‘n gemeente waar die predikant amper summier afbetaal is omdat hy durf praat oor die gedeelte van Paulus, want dit het niks met ons te doen nie, aldus die ouderlinge.  “En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.” (1Ko 10:8-11) So ons kan en moet na die gebeure kyk in die Ou Testament, want dit gaan ons wys hoe die HERE vandag met ons gaan optree. Onthou net, Jesus het gekom om vir ons sondes te sterf sodat ons wedergebore kan word en so die ewige dood vermy, maar Sy en die Vader se optrede is vandag nog dieselfde as wat dit in Adam en Eva se tyd was. Sy eie woorde was: “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.” (Mat 5:16-20)

So nou kan ek aangaan na die gedeeltes oor grense in die Bybel. (Eks 23:31)  “En Ek sal jou grense vasstel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne, en van die woestyn af tot by die Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe.” (Num. 34:2)  “Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land Kanaän kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel sal val; die land Kanaän volgens sy grense.” (Num. 34:12)  “Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.” (Deu 32:8)  “Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.” (Neh. 9:22)  “En U het aan hulle koninkryke en volke gegee en dié volgens bepaalde grense verdeel; en hulle het die land van Sihon, ja, die land van die koning van Hesbon, en die land van Og, die koning van Basan, in besit geneem.” (Job 14:5)  “As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,” (Psa 74:17)  “U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.”  (Jes. 10:12-13)  “Maar as die HERE al sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë. Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos ‘n maghebber neergewerp.” (Jes. 26:15)  “U het, o HERE, die nasie vermeerder; U het die nasie vermeerder, Uself verheerlik; U het al die grense van die land uitgebrei.” (Hnd 17:26)  “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,”

Uit al hierdie skrifte hierbo, sien ons dat die HERE aan elke volk ‘n bepaalde gebied gegee het. Die een gedeelte wat dit mooi uitlig kom nog uit Genesis en die gebeure rondom die toring van Babel: “Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het. En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie. So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou. Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.”  (Gen. 11:5-9)

So hoe word volke geskei in die Bybel? Deur hulle taal. Wanneer ons nou nog na voorbeelde kyk kan ons maar na Europa en Kanada kyk as voorbeelde, waar amper elke land in Europa sy eie taal het. En vandag vind ons die nuwe wêreld orde wat weer dat almal een moet word, en hoeveel mense hardloop nie agter hulle aan nie. En plaaslik wil ons dat almal wat al elf verskillende tale praat as een reënboog nasie bekend moet word. Ons is mos die reënboog nasie. Net jammer dat die reënboog  ook elke kleur apart wys en nie almal deurmekaar nie. Hier is ‘n voorbeeld van waar elke kleur inpas in die reënboog:


 
Ek het nou die dag ‘n video van iemand ontvang waar ‘n swart pastoor, Pastor Khethelo Mazibuko van die SDA (Sewende Dag se Adventiste), sy gemeente aanhits om alles wat aan die blankes behoort te vat, maar hulle mag net nie die blankes dood maak nie. Nou gebruik hy Israel en Egipte as voorbeeld, met Israel wat die swartes verteenwoordig. Weet jy indien hulle uit ons land wil trek dan sal ek regtig vir hulle bydra om te gaan want dan is ons ontslae van hierdie klomp goed wat net kan verwoes sovêr as wat hulle kan. Maar ongelukkig vir hom verteenwoordig hulle juis die Egiptenare. Die HERE het ons voorvaders hierheen gestuur omrede hulle vir hul geloof gedood is in Europa. Net soos Israel moes trek uit Kanaän na Egipte om daar te oorleef, was dit ons mense wat uit Europa moes vlug. Vandag  is dit ons mense wat weer trek uit Suid Afrika want hulle kan nie meer die druk van die Farao en sy mense hanteer nie. So ons moet soveel as moontlik by hulle plunder sodat ons kan aangaan na die plek waar die HERE ons volgende wil gebruik. Die adres van die video greep is: https://twitter.com/landnoli/status/1072387667134963718?lang=en

Maar nou het ons nog steeds al hierdie “goeie” Suid Afrikaners wat so mooi na hulle werkers kyk, maar hulle besef nie dat die wat hulle gaan aanval of help beplan om aan te val, nie gaan vra of hulle iets vir die swartes gedoen het nie. Nee, hulle gaan jou vrou verkrag en almal probeer doodmaak of vermink so dit help nie dat ons probeer opheffing doen nie, want hulle luister na die EFF, BLF en ANC, en die groepe wil net dat alle blankes moet verdwyn en ly. Ek het juis vanoggend ‘n skerm skoot van die leier van die BLF(Black Land First) gesien en ek sluit dit hier in:



So hier is ‘n leier van ‘n politieke party wat jy nie mag aankla nie want dan is jy die vark in die verhaal, wat duidelik uitspel dat hulle alle blankes wil doodmaak of uit Suid Afrika uit weg jaag, maar die polisie doen niks daaroor nie. Hy praat mos maar net namens hulle.

En dit is wat reeds gebeur by tolhekke met trokke en hul drywers. So die oorlog is nie net teen die blankes nie, maar teen enige persoon wat nie Suid Afrikaanse burgers is nie.

Voorbeelde uit die Bybel oor hoe die HERE dit gemaak het.

Ek wil nou graag kyk na voorbeelde in die Bybel.
  •          Kain en Abel: “Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af. Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang. As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; ‘n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde. Daarop sê Kain vir die HERE: My skuld is te groot om dit te dra. Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: ‘n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan. Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het ‘n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie. Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.” (Gén 4:9-16) So die HERE het skeiding gebring en Kain uit die gebied gedryf.
  •          Isak en Esau: Elkeen het sy eie gebied gehad al was hulle broers. So sal ons ook moet skeiding maak tussen die wat die HERE dien, en die wat nie die HERE dien nie. So het Israel ook hul eersgebore reg aan ons as Christene afgestaan deur nie in Jesus te glo nie, en het hulle dus soos Esau in Edom geland.
  •          Israel in Egipte. Selfs na 400 jaar was Israel nog apart van die Egiptenare. Ook net die wat onder die bloed van die lam was het getrek. Die ander Israeliete het hul kans verbeur en het in Egipte gesterf as slawe vir die Farao. Hulle het nie ‘n tweede kans gekry om weer te trek nie. So is dit ook vandag. Hebreërs stel dit so mooi: “Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.” (Heb. 4:6-7) So Israel as Kerk, want daar was ook buitelanders saam met hulle wat getrek het, het na die woorde van die HERE geluister en het na beloofde land getrek. Daar het elke stam kry sy eie grondgebied gekry. So alhoewel hulle almal een taal gepraat het, het elke stem sy eie voorafbepaalde gebied verkry. Ons vind ook dat die stamme wat nie die inwoners van daardie gebied totaal uitgeroei het, het geval. So het Tirus en Sidon in die hande van die Filistyne geval want hulle het nie die Filistyne uit hul gebied verdryf nie, en is later oorheers deur die Filistyne. Lees maar gerus Rigters een en sien hoe min stamme het gedoen wat hulle moes doen. Almal het van die bevolking gespaar, maar is later deur hierdie selfde mense onttroon en slawe vir hulle geword.
  •     Die volgende gedeelte handel oor die wegvoering van Israel na Babel. Almal wat vreemde vrouens gevat het moes hulle terug stuur Babel toe en so kon hulle alleen terug keer na Jerusalem, of moes self terug keer saam met hul vreemde vrouens en kinders na Babel. Geen gemengde bloed en geloof is toegelaat in Israel nie.
  • So my eie gevolgtrekking: Geen reënboog nasie is ooit in die Bybel gevind nie. Hulle geloof en taal het altyd skeiding gemaak.

So wat staan ons te doen? Lees, luister of kyk maar weer deur die stuk en deel dit met ander Christene sodat almal kan sien wat die Bybel daaroor te sê het.

Ek wil net ter afsluiting dit duidelik stel dat hierdie stuk geskryf is met die Bybel as agtergrond. Ek weet daar is talle Suid Afrikaners van alle kleure wat baie goed saamwerk, maar ongelukkig wanneer dit by die stem lokaal kom, sal hulle nog steeds stem vir die wat hulle onderdruk en gevange wil hou. Dit help nie om met mense te redeneer wat nie die vermoë besit om te redeneer nie. Ek het drie bure rondom my wat altyd vir die ANC sal stem, en die kinders wanneer hul stemgeregtig word seker vir die EFF sal stem, al kan ons baie lekker gesels wanneer ons mekaar sien, en ons almal mekaar respekteer, behalwe die kinders wat natuurlik alles sal probeer om die lewe vir ons as blankes moeilik te maak. Hierdie mense sal oor vyftig jaar nog steeds die blankes blameer vir alles wat verkeerd gaan. En dan het ek al die eerste keer kennis gemaak met regstellende aksie in 1975 toe ons twee swart persone aangestel het as programmeerders by Burroughs. Hulle het nogsteeds gekies om etenstye alleen deur te bring. Dit was nou om in te pas by die Amerikaanse regstellende aksies. En ons het groot vriende geword. So ek het nogal redelik lank terug al met die vraagstuk kennis gemaak. In my laaste beroep as finansiële adviseur  toe ek nou te “oud” geword het vir die rekenaar wêreld, het ek talle anderskleurige kliënte gehad. En sommige was maar te bly om iemand te kry wat eksklusief net na professionele persone se sake behartig het, al was ek blank en hulle dalk swartes. Vroulief het later gelag indien my foon hier sewe uur  se kant in die aand gelui het want dan was dit ‘n Indiër advokaat wat sommer ’n uur op die telefoon kon sit om alles uit te sorteer, en dan kon ek net sy dokumente wat hy moes teken by sy sekretaresse laat en dan twee dae later geteken optel. Maar dan het jy ook van die gekry wat ‘n bemagtiging maatskappy bedryf het en gehoor het jy moes ten minste vier jaar studeer het voor jy kon lid word. Hy wou toe ook lid word, maar kon nie verstaan toe ek vir hom verduidelik dat sy diploma slegs ‘n twee jaar diploma was wat hy vier jaar geneem het om te verwerf het, en daarom nie kwalifiseer as lid nie.
So ek is nie rassisties nie, maar skryf en praat maar net uit my eie ondervinding en wat ek ervaar en mee gewerk het oor die jare. En dan het ek natuurlik die afgelope 25 jaar my neus in die Bybel gedruk en my eie bediening op die been gebring waar ek alle belydenis skrifte en standpunte ondersoek het en of bevestig het, of verwerp het. Hoekom het ek dit gedoen? Omdat ek na my tweede keer waar ek met kanker te doen gekry het agter gekom het dat ek self voor die HERE sal moet staan en verslag lewer oor my eie lewe. En al my jare wat ek by ‘n kerkgroep ingeskakel was? Hulle staan of stil by dieselfde onderwerpe wat hulle jou leer elke jaar, of hulle probeer net “voel goed” boodskappe lewer. So jy kan dalk vir 40 jaar in ‘n kerkgroep wees, maar jy het net een jaar se studies gedoen en dit net vir 40 jaar lank herhaal elke jaar. Maar een ding wat ek geleer het in die Bybel is dat ‘n reënboog nasie sal nooit werk nie.