Donderdag 26 Januarie 2017

Moses 2 vers 14 - Wat en hoe moet ons leer?

Moses 2 vers 14 – Wat en hoe moet ons leer?


My grootste probleem met mense is dat hulle wil nie leer nie, of aan die anderkant hulle word nie geleer nie. Nou het ons nog verdere probleme in die dat ons mense het wat glo dat alle profesië en alle ander verwysings in Jesus vervul is, so ons hoef nie te kyk en te leer uit die Ou Testament nie, want ons is nou deel van die Nuwe Testament. Nog ‘n verdere probleem is dat ons twee hoof groepe in Christenskap mee sit. Die wat onder ‘n koning staan, en die wat onder die koningskap van die HERE staan. Hierdie laaste klomp is maar dun gesaai. Dit klink dalk snaaks, maar gaan lees 1 Samuel 8, dan sal jy sien wat ek bedoel. Die NG Kerk se sinode is vir my ‘n goeie voorbeeld van die wat onder ‘n koning staan. In die verlede as die sinode iets besluit het, was dit wet. So as die koning iets verklaar sal jy dit doen. Nou sê hulle elke gemeente moet besluit oor die gay kwessie, en nou is daar verwarring, want die wat net bevele uitgevoer het, moet nou ewe skielik self besluit. Hulle moet nou self verantwoording neem, en dit weet hulle nie hoe nie. Want wat nou gedoen as ons predikant in sonde leef? Nou sien ek ‘n nuwe credo waarmee hulle uitkom en dit so humanisties is dat dit die HERE en Sy verwagtings heeltemal op die agtergrond skuif. Die eerste reel in die credo word wel aan die Vader gekoppel. 

Hier dan die hele credo:
Credo
* Ons glo in God Drie-enig, totaal anders, heilig en rein, en Hy is alle lof, eer en aanbidding waardig.
* Ons glo dat God elke mens geskep het na sy beeld; daarom is elke mens waardevol.
* Ons bely dat Jesus waarlik mens kom word het om mense uit die mag van sonde te bevry.
* Ons glo dat ons in Christus 'n nuwe identiteit het - Koningskind - uitverkies en geliefd.
* Ons erken dat ons geroep is om, net soos ons Here, almal wat na sy beeld geskape is, met deernis nederig te dien. (So sondaars kan maar aangaan en selfs leiersposisies beklee en ons mag niks sê nie. Hy was verseker nie maatjies gewees met die Fariseers en skrifgeleerdes nie)
* Ons glo in die Heilige Gees, ons Trooster, wat ons leer om soos ons Leermeester te leef.
Ons bely dat ons hoogste roeping is om liefde sonder onderskeid aan alle mense te betoon: in ons huise, kerke, strate, stede en land. (Huh. Ek dag die Bybel leer Jy moet eerstens die Here jou God liefhê en dan jou naaste soos jouself)
* Ons glo in genade, ons beoefen geduld, ons dien en ons vergewe.
* Ons verklaar dat liefde altyd sal wen.
* En hierop antwoord ons almal: Amen, ook vir my.

Die gedeeltes in bold is seker die grootste flaters wat ek nog gesien het, want dit is suiwer humanisties en onbybels. Die Bybel verklaar die volgende “in wie se oë die verworpene veragtelik is,” Ps15. “As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom ‘n vervloeking wees! Maranáta! (1Kor 16:22)

Maar terug na my oorspronklike punt.

Nou gee Paulus vir ons ‘n skrif wat ek nog nooit iemend oor hoor preek het in my lewe nie. 1Kor. 10 verse 1 -11. Vers elf som dit baie mooi op: “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.”  So Paulus sê Israel is ons voorbeeld en kan ons al ons antwoorde uit die Ou Testament gaan soek. Indien jy iemand sien iets verkeerd doen sê die HERE vir Esegiël die volgende: “As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.” (Eze 33:8-9)

Nou as ons na Israel se geskiedenis kyk sien ons die volgende: “En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek.” (Exo 7:1-2) So hier stel die HERE Moses as Sy verteenwoordiger aan, Aäron as sy profeet, so hy sal Moses se spreekbuis wees, en die Farao as die teenstander, of die Satan. So nou kan ek Israel se tog volg om te sien hoe hulle in Kanaän uitgekom het, wat hulle moes doen, en dit volg in my eie lewe om seker te maak dat ek in Kanaän uitkom, dit wat die HERE vir my het. Dit vertel alles rondom die verbond, want Jesus is ons Lam en so kan ons aangaan. Nou kan ons sien hoe Paulus die mense waarsku om nie afgode te maak nie, seksueele sondes word veroordeel en word daar in Rigters se laaste drie hoofstukke 25,000 manne omkom as gevolg van seksueele sonde. Dan leer ons dat die leiers sal sê soos Aäron gesê het toe hy die goue kalf gemaak het: “Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom.” Eks 32 vers  24. Hy neem nie verantwoordelikheid nie. Hy het nie die beloofde land gesien nie. Saam met hom almal wat 20 jaar en our was is gedood in die woestyn. “En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie? En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.” (Heb 3:17-19)

Wat probeer ek sê? Ons moet luister na die Heilige Gees. Die Nederlanse Geloofs Belydenis van die Calvinistiese Kerke sê net: “Ek glo in die Heilige Gees”. Wie of wat Hy is word nêrens bespreek nie, en jou gemiddelde lidmaat het nie ‘n clue wie of wat Hy is of doen nie. Maar dit is Sy werk: “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is. (Joh 16:7-11) So die Heilige Gees gaan kom om ons, alle mense, te oortuig van sonde sodat ons kan weet dat ons ‘n verlosser nodig het, en dan gaan Hy ons soos ‘n Moses vat op ‘n pad om in die werklike Kanaän uit te kom. Dit is ‘n tog wat vir elke Christen wag, maar ons moet kies of ons onder ‘n Koning wil staan of onder ‘n Herder wat ons sal neem na waar ons gevoed gaan word. Glo my daar is baie gemeentes waar jy wel gevoed sal word, maar wees op die uitkyk wanneer hulle soos konings optree.

Jesus self verklaar in sy gelykenis van Lasarus en die ryk man as volg: “En daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe. En daar was ‘n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het. En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur— want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.” (Luk 16:19-31) Hier wys Jesus daarop dat Hy sal sterf en uit die dode opstaan en tog sal die mense nie tot bekering kom nie, al het hulle die wet en profete. So ons kan al het ons net die Ou Verbond ons lewe met die HERE regmaak.

So begin die Bybel te lees van voor af en vra dat die Heilige Gees jou sal bystaan elke dag en elke oomblik van jou lewe. Dit is ‘n pad wat soveel genot kan verskaf as jy die regte rigting kies. Dit is ook die pad wat ek neem met predikers wat graag meer wil leer, of mense wat wil seker maak dat hulle in die hemel sal opeindig. En dit is my roeping.

So op ander vrae soos of die doop jou red, nee, net die bloed van Jesus kan jou red, maar jy kan net eenkeer gedoop word om onder die gesag van die Farao, die duiwel uit te kom en jou onder die heerskappy van die Vader sit soos toe Israel uit Egipte getrek het. En dit kan jy slegs doen nadat jy die eerste keer Nagmaal gebruik het. Lees maar Romeine 6 oor wat Paulus daaroor sê. Dit gaan maar terug na die werking van die Heilige Gees, want eers as jy besef jy het ‘n verlosser nodig, kan jou paadjie begin. Eers na jou doop sal jy die doping in die Heilige Gees kan ervaar, en dan sal Hy jou kan leer. So daar bestaaan nie iets soos backsliders nie, nee hulle is sondaars en indien hulle gedoop is en besef het wat die doop beteken, is hulle volgens Paulus verdoem. Daarom dat ons leer in die profete en Openbaring dat slegs een derde van mense wat hulself Christene noem, gered sal word met die oordeel in Openbaring. Die ander twee derdes is deel van die hoer. “Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek. Ag, hoe het die getroue vesting ‘n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag—en nou moordenaars! Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water. Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie. Daarom spreek die Here HERE van die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!”  Jes 1:20-24)

Ek weet die woorde klink hard en veroordelend, maar ek en elkeen wat glo dat Jesus vir ons sondes betaal het, se roeping is om mense te waarsku dat hulle op die nou pad moet bly. Wanneer moet ek dit doen? “Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening. Want ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby. Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.” (2Ti 4:1-7)

“Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral die wat uit die besnydenis is; hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins. Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike. Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees, en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie. Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel. Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.” (Tit 1:10-16)



Geen opmerkings nie: