Maandag 11 April 2016

Wie verkondig jy? Die vermoorde of die moordenaar?



Vandag het ek iets op my hart wat vir my baie moeilik is om neer te pen. Ek kan net sê dit is nie die eerste keer dat ek so voel nie. Toe ek in 2002 baie geskryf het, was daar een spesifieke onderwerp  wat vir my baie vreemd was, en wat jare gevat het om te verwerk en uiteindelik te boekstaaf.

Vandag s’n weet ek nou al baie jare van, sedert 16 April 1996, maar het ek tog die gevoel dat mense wat dit lees dit sal ignoreer soos hulle maar met meeste van my goed doen. Maar, ek is gehoorsaam aan Hom en doen dit wat Hy my beveel het om te doen.

So wat pla my vandag?

Die kort en die lank is dat ek wonder hoeveel mense daar wêreldwyd is wat die teologie van ‘n moordenaar volg. Ek glo in Suid Afrika is daar seker 80% van die mense wat sê dat hulle Christene is, wat die moordenaar se teologie volg. Ek wil graag die boodskap van Jesus met sy teologie vergelyk.
 
Jesus.   Is onskuldig gedood. Hy is vermoor.  Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word! En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word! En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder ‘n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien! En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom! Toe laat hy vir hulle Barábbas los, maar Jesus het hy laat gésel en oorgelewer om gekruisig te word.” (Mat 27:22-26)

Calvyn. – Aanvaar aanspreeklikheid vir moord en moedig mense aan om mense te dood. Calvyn se eie uitspraak is as volg: "Honour, glory, and riches shall be the reward of your pains; but above all, do not fail to rid the country of those scoundrels, who stir up the people to revolt against us. Such monsters should be exterminated, as I have exterminated Michael Servetus the Spaniard." http://www.bcbsr.com/topics/servetus.html Die Bybel verklaar die volgende oor leiers: Heb 13:7 “Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Ek glo nie ek wil ‘n self erkende moordenaar navolg nie.

Jesus. Alle mense kan gered word. Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.” (Joh 16:7-11) So die Helige Gees sal almal oortuig van sonde. Dit is Sy eerste werk, en eers wanneer ons oortuig is van ons sonde, het ons die vermoë om die HERE te nader sodat Hy ons kan red. “Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.” (Gen 3:22-23) Hierdie gedeelte is verkeerd vertaal in die 1983 vertaling omdat dit lynreg teenoor Calvyn se leer staan. Daarom is dit die enigste vertaling waar dit staan: Toe het die Here God gesê: "Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken.” Geen mens ken alles nie, maar die gedeelte is spesifiek so vertaal sodat dit nie strydig is met Calvyn se leerstellings nie. Ek weet wat is reg en ek weet wat is verkeerd, en het die vermoë om tussen die twee te onderskei. So ek moet verantwoordelikheid neem vir al my dade.

Verder verklaar Johannes se evangelie dit as volg: God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is." (Joh 3:17-21) Jesus se liefde is vir alle mense, nie net sekere mense nie.

Calvyn. God se genade, soos Calvyn dit verstaan het, was baie beperk. Hy lê die grootste klem op God se regverdigheid, en sê dat God regverdiglik die hele menslike ras kan verdoem. Die werklike vraag is egter of 'n God wat liefde is, sal nalaat om verlossing aan enigeen aan te bied. Die Bybel beklemtoon God se liefde vir alle mense duidelik, asook sy begeerte dat almal gered sal word. Dit is ter wille van die verdediging van God se liefde en karakter dat ons Calvinisme aan 'n skriftoets moet onderwerp.

Volgens Calvyn het redding niks daarmee te doen of 'n persoon die evangelie glo of nie. Volgens hom kan niemand geloof tot redding beoefen voordat God hom wederbaar het en geloof in diegene wat Hy uitverkies het, se harte geskep het nie. Calvyn beweer dat 'n mens só verdorwe is dat daar by hom 'n totale onvermoë is om die Here aan te neem en gered te word. God laat mense dus glo, net soos wat Hy sommiges laat sondig. Hy red sommige mense, en verwerp ander mense. Hoekom? Dit kan ons nie verklaar nie want dit is God se geheim.

Die gevolgtrekking hiervan is dat God, wat liefde is, nie alle mense genoeg liefhet om hulle van die ewige verderf te red nie, want Hy reserveer sy liefde net vir 'n selektiewe groep mense wat Hy tot saligheid uitverkies het. Calvyn probeer om hierdie gebrek aan liefde te verklaar deur dit aan die misterie van God se wil en doel toe te skryf.

Verder verkondig Calvyn dat die HERE alles laat gebeur op aarde en verantwoordelik is vir alles, en dat die mens nie enigsins iets daaraan kan doen nie, en daarom nie verantwoordelikheid vir enigiets hoef te aanvaar nie. Indien jy uitverkies is sal jy reg lewe, indien nie is dit nogsteeds jou fout want jy is nie uitverkies nie. Ek lees weer die volgende in Genesis: Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar. Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.” (Gen 18:20-21) Hoe is dit dan dat die HERE self moes kom kyk of Sodom en Gommora regtig so sleg was indien Hy alles laat gebeur en vooraf al bepaal het?
 
Gevolgtrekking.

Wanneer jy die teologie van ‘n moordenaar aanhang, kan jy nie glo in die werking van die Heilige Gees nie, want jy weet nie wat Hy in jou lewe beteken nie. Daarom dat die geloofsbelydenis van die Calvinistiese gemeentes slegs sê: “ Ek glo in die Heilige Gees”. Wat die Heilige Gees kom doen het en hoe Hy vandag nog werk is vir hulle duister. Hulle is nie veel anders as die Fariseers van Jesus se tyd nie, want dit is soos Jesaja dit uitdruk: “Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie. Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek, Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie. Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.”  (Isa 28:9-13) Lees dit in die nuwe verdwaling, en dan lag jy oor hoe dit vertaal is.

Wat gaan jy doen? Gaan jy voort deur ‘n moordenaar se teologie te volg, of gaan jy toelaat dat die Heilige Gees jou lei in alles wat jy doen? Dat Hy jou oortuig van sonde, dat Hy jou kan lei om uit te roep na die HERE vir vergifnis, dat jy kan glo dat net die HERE jou kan red, dat net Sy bloed jou skuld kan betaal, en dan dat jy deur die doopwater kan gaan om weg te kom van die land waar die Satan heers en jou onder Sy leiding te plaas. Gaan lees maar Hebreërs 6 verse 1 en 2 en sien wat die volgorde is om kind van God te word. Dit stem ooreen met Paulus se hele rede aan die Romeine ook, wat begin met bekering en dan elke stap soos in Hebreërs uitlig.
 
Dit is my vraag vir jou. Volg jy die moordenaar of volg jy die Vermoorde?

Onthou net dat indien jy nagmaal gebruik het jy in die Hemel sal wees. Ek wil jou net graag in Jerusalem kry en nie in Egipte nie. Gaan lees maar my boeke Die Verbond van Geregtigheid en Die Openbaring van die Openbaring van Johannes. Hulle is beskikbaar op my webtuiste gratis by www.shama.org.za en volg dan die skakel na die boeke onder die inleiding.

Of indien jy video verkies, kyk na die reeks oor die Verbond van geregtigheid op Youtube by

Geen opmerkings nie: