Dinsdag 31 Julie 2018

Kerke en Konings


Kerke en Konings

Voor Israel in die beloofde land in is, het Moses hulle vertel wat hulle gaan doen wanneer hulle in Kanaän eendag sal ingaan. Ek dink dit is ‘n gedeelte in die Bybel wat ons maar baie min van hoor, alhoewel dit tog baie antwoorde gee op vrae wat ons as Christene elke dag mee sukkel.

Ek wil graag die gedeelte in ‘n paar onderliggende gedeeltes bespreek, sodat ons eers kan sien wat die HERE vir Moses sê wat sal gebeur en wat die gevolge daarvan gaan wees, en dan kyk wat gebeur tussen daardie tyd en die tyd van die konings, en dan wat Samuel vir die volk vertel wat die konings gaan doen, en wat die gevolge dan vir ons as mense sal wees.

So ek gaan begin by Moses.

Ek wil graag na alle aspekte van die gedeelte kyk wat nie net ons godsdienstige aspekte van ons lewe aanraak nie, maar op elke vlak ‘n invloed op ons lewens het. Maar eers die volledige gedeelte:
“Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie. En die man wat vermetel handel, dat hy nie luister na die priester wat staan om daar die HERE jou God te dien, of na die regter nie—dié man moet sterwe. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei. En die hele volk sal dit hoor en vrees en nie meer vermetel handel nie. As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil ‘n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is, dan moet jy sekerlik ‘n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy ‘n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie. Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie. Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie. En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom ‘n afskrif van hierdie wet in ‘n boek skrywe, uit dié wat voor die Levitiese priesters lê; en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen; sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie en hy van die gebod nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder Israel.” (Deu 17:11-20)

Ek weet ek het heelwat gedeeltes beklemtoon, maar ek wil net seker maak dat mense dit sal lees en dat hulle sal kennis neem van wat die HERE deur Moses hulle beveel het. So is die eerste gedeelte al sommer ‘n probleem, want ons mag mos niemand oordeel nie. Dit is juis wat hierdie mense wat nie na die HERE wil luister vir ons probeer wys maak, want hulle weet dan moet hulle sterf. Wel, hulle sal wel sterf en nie die ewige lewe beërf nie, maar miskien sou dit ander laat afsien het van hul verkeerde gedagtes. Ons moet onthou dat daar nie ‘n verskil is tussen jou lewe op ‘n Sondag of enige ander dag van die week nie. Jy lewe as kind van die Allerhoogste elke dag, en jy moet elke dag daardie beeld uitstraal. So indien jy enigsins daarop kan aandring dat jy ‘n kind van die HERE is, moet jy eers oor hierdie eerste hekkie kom, en dit is gehoorsaamheid. Ons sal sien dat dit seker die konsep is wat reg deur die Bybel die grootste impak op ons lewens gaan hê want ek kan nie lief hê sonder om gehoorsaam te wees nie.

So die HERE gee te kenne dat indien iemand iets verkondig wat strydig is met die Bybel, of die Bybel se outoriteit bevraag teken, moet so ‘n persoon gedood word. Dit klink dalk vreeslik, maar die oomblik wat jy iemand “lug tyd” gee wat iets anders as die Bybel verkondig, kry die persoon ondersteuning en val ‘n hele klomp mense. Dit is hoekom hulle gedood moet word. ‘n Duidelike voorbeeld vir ons is Ananías saam met sy vrou Saffíra wat ‘n leuen vertel oor hoe hulle die volle opbrengs van hul huis se verkoop vir die apostels gegee het, terwyl hulle ooreengekom het dat hulle 'n gedeelte vir hulle self agter gehou het. (Sien maar Hand. 5) Die HERE het hulle doodgemaak, nie die mense nie, want dit is hoe ernstig Hy sulke praatjies sien. So dink maar volgende keer voordat jy jou mond oopmaak, dalk sterf jy nie fisies nie, maar sterf jy wel geestelik en beland jy in die hel. Ek weet dit klink erg, maar om kind van God te wees gaan jou alles kos. Dit is hoekom dit as ‘n nou weg beskryf word en min mense wat die pad sal vind.

Nou kan ons kyk na wat die voorskrifte van die HERE aan hierdie koning gaan wees. Nou moet ons kyk of ons konings wat ons oor ons laat heers, hierdie voorskrifte volg of nie. Dit maak nie saak of die koning jou kerkverband of ouderling of jou bestuurder by jou werk is nie, en natuurlik of hy jou president is of nie, hy is jou koning. Sodra jy jou onderwerp aan iemand, tree hy as koning oor jou op. Dit is ‘n groot les om te leer. Ons het die gesegde gehad by die werk wat bekend gestaan het as die goue reël. Die persoon met die goud maak die reëls. So hy is jou koning en jy sal doen wat hy vir jou s , nie vra nie, maar sê om te doen. In Suid Afrika sit ons natuurlik met hierdie as seker dié grootste probleem, want ons is basies in ballingskap in ons eie land.

Nou kan ons kyk na die kwalifikasies van hierdie koning.


Die eerste vereiste is dat hy nie ‘n uitlander mag wees nie. So hy moet iemand wees wat die HERE dien en ken en jy dit elke dag in sy lewe sal sien. Maar dié reël het ons lankal by die venster uitgegooi. So die persoon moet die HERE dien, maar vandag is dit nie nodig nie want ons het mos menseregte wat almal beskerm. En dan hoef jy glad nie 'n Christen te wees nie. Indien hy nie 'n Christen is nie, weet jy nou al voordat jy jou aan hom onderwerp, dat hy jou soos ‘n slaaf gaan gebruik, en nie soos iemand wat die HERE erken in sy lewe nie. Hy het jou “gekoop”, so jy kan jouself net loskoop van hom af.  Daarom dat ek 'n gesegde het dat baie van die Afrikaner liberaliste hulle apartheid kan koop deur manjifieke huise en alarmstelsels en nog baie ander goed. Vir hulle is dit geen probleem in Suid Afrika nie want hulle het hulself losgekoop van die regering.

Waarom is ons land in so ‘n gemors vandag? Daardie vereiste is al lankal by die venster uitgegooi terwyl die blanke regering nog aan bewind was. Ek weet tot vandag toe moet die persoon wat in die parlement diens doen sy hand op die Bybel plaas, maar dit is maar ook net een van die ritueele, en het lankal sy ware waarde verloor. So waar ons op politieke vlak voor die HERE gesweer het ons sal net doen wat Hy wil ons moet doen, kan ons daardie gewoonte maar van vergeet. Die persoon sal maak soos hy smaak. Hy sal nie tweekeer aan jou dink nie, maar net aan die vet salaristjek , die nuwe motor wat nie ek of jy kan bekostig nie, en natuurlik die huis in die Kaap en die een in Pretoria. En dit is mos ‘n groot en belangrike taak wat jy moet verantwoordelikheid voor aanvaar, so jy kan nie vir “peanuts” werk nie. En indien jy nou nog ‘n sogenaamde godsdienstige leier is kry jy so ‘n groot salaris sonder om elke Sondag ‘n preek te lewer en natuurlik mense om te praat om met soveel as moontlik van hul inkomste aan jou af te staan. Al wat jy hoef te doen is ‘n Bybelstudie een of tweekeer per week te lei, wat natuurlik net 'n goeie boodskap sal wees en niks van jou verwag om te doen nie, en die res van die tyd in die opposisie banke te sit en te doen wat jy van hou om te doen. Niks.

Maar soos ek gesê het is die vereiste al lankal by die venster uit, Daarvoor het die broederbond en die vrymesselaars voor gesorg. Indien jy nie deel van hulle was nie het jy nêrens gekom nie, veral nie by ‘n besigheid of departement wat Afrikaans was nie. Ek onthou van 'n geleentheid wat by een van my kliënte afgespeel het in die tagtigs. Die een persoon was aanhoudend laat omdat sy kar gesukkel het. Hy het toe sy vereiste laaste skriftelike waarskuwing gekry by die personeel afdeling, en die volgende oggend was hy betyds, en met nuwe wiele. Toe vind almal uit dat die een hoofbestuurder uitgevind het dat die persoon sy die laaste skriftelike waarskuwing gekry het en dat die persoon een van "hulle" was en sommer so het sy eenheid besluit dat hy 'n kar by een van die lede kan kry en hy moet net 'n gedeelte betaal wat hy kan bekostig. En die ou het nogal vinnig opgang gemaak daarna. Hy was mos lid van die ouens wat met die kentekens agter in die venster rondry, en op 'n sekere wyse mekaar groet.

So die eerste vereiste is nie juis vandag meer in gebruik nie, want dan is dit teen die grondwet, of die gelykheidshof of diskrimineer jy. Die feit dat jy die Bybel as riglyn gebruik maak juis dat jy ander se menseregte skend. Maar wat die mense vergeet, is dat menseregte juis ingestel is om dit wat ons weet sonde is, mee te regverdig sodat ek nie hoef skuldig te voel wanneer ek verkeerd, (sonde), doen nie. Ons let dit veral as Afrikaanssprekende blankes op vandag, dat indien jy iets doen wat die linkse/liberaliste politici nie mee saamstem nie, word dit aan die groot klok gehang en verskyn dit daagliks in die pers en word die blankes jare lank toegesluit vir ‘n “sogenaamde” oortreding terwyl indien jy nie ‘n blanke is nie, die polisie nie eers die saak wil ondersoek nie. Maar dit is juis hoekom ek oor Bybelse goeters en standpunte skryf, want die mense moet weet hoekom dinge gebeur. Dit is nog al die tyd in die Bybel, maar ons het mos die Bybel en die gesag van die Bybel al lankal by die venster uitgegooi.

Jesus stel dit as volg: “So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Jesus sê vir hulle: Het julle ál hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here! Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ‘n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring. (Mat 13:49-52) Maar dit mag ek nie doen vandag nie, en indien ek dit wel doen is ek iemand wat altyd ‘n te bysit, of dalk rassisties is of sommer net nog klou aan uitgediende gewoontes. Die feit van die saak is dat ek eintlik net van analitiese filosofie gebruik maak om my standpunte mee te bewys, weet meeste mense nie van nie, want hulle weet nie eers wat die metodiek behels nie. Paulus gee wel vir ons ‘n beskrywing van die metodiek: “Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. (1Ko 10:5-11)

So dit is wat my metodiek beteken. Om te ontleed wat die probleem is, en dan oplossings te probeer kry uit die Bybel vir die probleme deur soortgelyke gedeeltes in die Bybel na te vors, logiese denke, wiskundige beginsels en vergelykings, en dan gevolgtrekking daarvolgens te maak. So ek as skrifgeleerde, moet die Bybel kan verklaar nie volgens ‘n gevolgtrekking wat dalk alreeds gebrekkig was nie, maar een wat alle kante en punte ondersoek, en dan my standpunt stel.

Nou volg daar sommer ‘n rits van ander vereistes: “Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie. Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie”.

So indien hy nie baie perde mag aanskaf nie, mag hy nie bloeddorstig optree en in oorloë betrokke wil raak nie. So hy moet jou ‘n rustige lewe gun en seker maak dat jy nie hoef bang te wees dat hy jou sal aanval nie. Ek weet nou nie of dit juis vandag iewers nog geld nie. In Suid Afrika is dit verseker nie meer geldig nie, want waar ek as kind en jonger mens enige tyd van die dag of selfs aand/nag nog te voet in Johannesburg kon beweeg, kan ek dit nie eers waag om helder oordag my neus iewers uit te steek nie. Gelikkig bly ek nie meer in 'n groot stad nie, maar moet ek erken dat dit maar ook net so gevaarlik is op die platteland. Gedurende my studiejare by RAU was ons laaste klas tot 9:40 in die aand, en dan kon ek nog afloop van die ou SAB geboue in Braamfontein, daar waar Liberty Life hul kantore vandag het, af na die busstop toe in Jorissenstraat om te wag vir die volgende bus om my huis toe te neem. Maar daar was nie ‘n probleem nie, want die polisie het seker gemaak dat geen rondlopers hulle neuse enige tyd uitsteek nie want dan is hulle summier inhegtenis geneem. Terwyl ek en Hettie nog gekuier het, is ons een aand Stadskouburg toe om vir Chris Andrews en Joe Dolan te gaan kyk. (Pretty Belinda en You and the looking glass) Sy met aandrok en al, en ek in my beste drie stuk pak klere, en kon ons afstap na 'n restourant in Braamfontein en gaan eet het na die vertoning, en toe die laaste bus gekry het na hulle huis toe. So jou koning mag nie bloeddorstig wees nie, en dit geld beide op jou normale lewe elke dag, en ook op jou geestelike lewe. Jy hoef nie bang te wees dat jou koning van jou genootskap goeters sal kwytraak waarvan hy nie eers die impak van verstaan nie. Maar ongelukkig sien ons dit op amper ‘n daaglikse basis. En ongelukkig vind dit meestal plaas by leraars van die Egiptiese gemeentes.

Terug vat Egipte toe


Nou volg ‘n gedeelte wat ek al baie oor geskryf het, en mense net nie wil verstaan of maak of hulle dit nie kan verstaan nie. Die HERE sê hy mag jou nie weer terug neem na Egipte toe nie. So hy mag nie die oorsaak wees of die voorbok wees om jou terug te vat na die plek of tydperk waar jy nie die HERE geken het nie. So indien jy dus sê dat jy eenkeer gered altyd gered is, het ek vir jou slegte nuus. Hierdie gedeelte stel net mooi die teenoorgestelde as die waarheid. Duidelik het die ou kerkvaders nie die gedeelte raakgesien nie, en het hulle ook nie die gedeelte verstaan waar Johanan vir Jeremia gevra het of hulle nie maar terug na Egipte kan gaan om so vir Nebukadneser vry te spring nie. Jeremia het die antwoord geken, maar tog seker gemaak dat die HERE nie dalk per abuis sou afwyk onder ander omstandighede nie, maar Hy het nie. Al die mense wat terug is Egipte toe het gesterf. So indien jy dink jy kan maar “backslide” en die HERE sal jou weer ophef flous jy net jouself. Hy verwag net een ding van jou, en dit is jou heiligmaking. Jy moet net nog nader aan Hom groei, maar vandag wil niemand dit hoor nie. Jy kan nie roem op ‘n tyd in jou lewe wat jy die HERE geken het nie, nee, jy moet net kan wys hoe jy minder en minder vir die versoekings van Satan geval het. Dit geld ook ongelukkig vir mense wat in hul lewens wel die HERE gedien het en alle aspekte van die verbond aan voldoen het, so hulle was al in Kanaän, en dan weer terug geval het in die wêreld in en dan dink hulle kan weer terugkeer Kanaän toe. In die volgende paragraaf haal ek juis vir Paulus aan oor wat dit beteken. So dit is nie net my interpretasie nie, maar Paulus wat dit baie goed uit een sit.

En nou kry ons leraars waarna ek hierbo alreeds na verwys het wat nie verstaan wat is die verskil tussen reddende genade en vergewende ganade nie, so hulle hou hul lidmate in Egipte want hulle sien nie dat jy self moet besluit om uit Egipte te trek deur gedoop te word nie. Hulle aanvaar maar Calvyn se standpunt al weet hulle nie eers regtig waarvoor hy gestaan het nie en wie en wat hy was nie. Lees maar my opsomming oor Calvyn in my boek oor Struikelblokke en die Hoeksteen. Reddende genade is slegs eenkeer geldig in jou lewe. Dit is waarvan Paulus praat in Romeine 6: Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. (Rom 6:1-12)

So die gedeelte bewys nie net Calvyn se lering as foutief uit nie want babas kan verseker nie al keuses maak nie, maar ook die Charismatiese en Pinkster kerke wat sê die persoon het maar net 'n bietjie terug gesak of mooi uitgedruk  "gebackslide" vir 'n wyle, en dan weer terugkeer na daar waar hy moes wees. So jy kan nie terugkeer na jou vorige lewe voor Christus nie, want soos Paulus dit stel jy kan net eenmaal uit die dode lewend gemaak word. Indien jy wel weer jou lewe regmaak volgens jou met die HERE, gaan jy vind dat die mense gewoonlik 'n lysie het van moets en moenies. As jy 'n Christen is sal jy so optree, anders is jy nie 'n christen nie, dit is nou volgens die "backsliders". Ongelikkig kan jy nie dink dat jy maar soos 'n jojo op en af tekere kan gaan nie, want jy kruisig Christus elke keer wat jy terug val en omdraai. Onthou net reddende genade is 'n eenmalige geleentheid. So jaag jou heiligmaking na met alles wat jy het om te verseker dat jy op eindig waar Jesus is. Ek weet almal sal nou dink ek is ‘n regte ou “spoil sport”, maar ek kan nie iets anders verkondig as wat die Bybel verkondig nie. Onthou net ek wat as leermeester, skrifgeleerde of wetsgeleerde optree sal dubbel geoordeel word en ‘n swaarder straf en oordeel ontvang as iemand wat nie die Woord uitdra nie. So al hierdie mense met hulle mooi woordjies vir elke dag en boeke wat jou vertel hoe lekker jy vandag al kan lewe en hoe om die meeste menslike voordeel te kry uit jou verhouding met die HERE, sal nog uitvind dat hulle swaarder gestraf sal word indien hulle die mense verlei het.

Dit is ook wat gebeur het met Israel toe hulle uit Egipte getrek het. Die Farao en al sy soldate is gedood in die see, die doopwater, en het hy geen mag oor jou nie. Nou indien jy dit nog nie gedoen het nie, is jy 'n Egiptiese Christen, want alhoewel jy deel geword het van die verbond toe jy die eerstekeer as beleidende lidmaat nagmaal gebruik het, is jy nogsteeds in Egipte en maak jy bakstene vir Satan. Daarom dat daar sovele gevegte onder ons as nasie is, want party sit in Egipte en ander het dalk al begin en is op pad na Kanaän, dit wat die HERE vir jou het, terwyl daar nog ander alreeds in Jerusalem aangekom het en daagliks saam met Jesus lewe. En dit is waar ons grootste probleem is. Mense wat, indien jy net met hulle wil praat oor hul Christenskap dadelik op hul agterpote spring en sê "Ek het my kerk. Los my uit". Moenie nou politiek en Kerk sake meng nie. Maar vra hulle hoe hulle verseker kan weet of hulle in die hemel gaan opeindig dan het hulle nie 'n antwoord nie, of daar is geen sekerheid nie. Ons lewe elke dag as Christene en die mense moet dit kan sien en begerig wees om in dieselfde verhouding as jy te staan wat weet dat jy in die hemel saam met Christus gaan wees. En nou vra ek nie dat jy van kerk moet verander nie, maar dat jy net die voorbeeld volg wat die Bybel vir ons daar gestel het. Indien ek dit nie doen nie is dit vir my baie moeilik om uiting te gee aan die opdrag van Esegiël 3 en hoofstuk 33. "As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered." (Esg 33:8-9)

Daardie volgorde word so mooi in die Hebreërsboek vir ons uitgespel, en indien jy 'n studie maak van Romeine sal jy vind dat dit ook dieselfde volgorde volg. "Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel. En dit sal ons doen as God dit toelaat." (Heb 6:1-3) So die gedeelte volg dieselfde volgorde wat selfs Abraham moes volg. Hy moes eers die stem van die HERE hoor en toelaat dat hy homself onderdanig aan die HERE stel voordat hy getrek het: "En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees." (Gén 12:1-2) So daar was eerstens bekering en geloof by Abram wees, toe moes hy sy geloof bevestig met nagmaal: "En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde." (Gén 14:18-19) Na hierdie stap kom ons eers by doop en handoplegging (doping in die Heilige Gees), en dan kom ons eers by die laaste stap wat dan ooglopend volg en dit is om saam met Jesus in die ewige lewe te verkeer en indien ons dit nie doen nie, die ewige oordeel. Gelukkig weet die HERE al die jare dat daar lerings gaan inkruip wat baie mense van die regte volgorde sal laat afsien, en bevestig beide Jesaja en Miga dat na ons dood daar geleentheid sal wees om uit te vind waar ek verkeerd geleer is. "En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek." (Mig 4:1-4) Sien ook my verwysing na my boek oor die verbond hier.

Sagaria sien ook die mense na die einde van die wêreld van soos ons dit vandag ken, hoe mense in Egipte sit. "En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond. En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander. En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere—’n groot hoeveelheid. En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is. En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier. En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie. In dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar." (Sag 14:12-20) Onthou net die gesig sien Sagaria nadat hy die einde van hierdie wêreld aanskou het. Dit is die laaste verse in Sagaria. Hierdie gedeelte bevestig ook die gedeeltes wat ek vroeër aangehaal het uit Jesaja 2 en Miga 4.

Vroumense


Dan is daar nog twee vereistes wat die HERE stel, en wanneer ons na die geskiedenis kyk is dit presies wat die konings van Israel gedoen het. Die eerste punt is dat hulle nie baie vrouens moet aanskaf nie, want ‘n man het nou maar die gewoonte om sy vrou tevrede te probeer stel en dan is dit die plek waar hy maklik val. Dink maar aan Simson wat as rigter opgetree het, Adam in die Paradys by die HERE, Dawid wat ook maar swig vir die vrouens en dan Salomo wat heeltemal val. Hy het verder ook vir elke vrou se geloof ‘n tempel opgerig, dit is nou behalwe natuurlik die tempel wat hy vir die HERE opgerig het, maar met dit wat hy gedoen het en kan ‘n mens maar net wonder waar sy einde is na aanleiding van Hebreërs 13:7.: “Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.” So of hy wel die hemel gesien het, of dalk by sy vrouens in die verdoemenis is kan ons maar net oor bespiegel. Hy het immers die HERE verloën deur al hierdie tempels vir ander gode te bou en hoeveel mense het hy daardeur laat afwyk van die HERE af. Ek weet mense hou nie daarvan op hul foute gewys te word nie, maar liewers uit jou foute leer en die foute van mense wat voor jou die pad geloop het, as wat jy verlore moet gaan. En nou moet ek regtig vra dat jy my nie veroordeel deur Salomo se einde te bevraagteken nie, want ek weet dat die HERE nie ‘n voortrekkery van een persoon bo die ander is nie, daaroor my afleiding. Dit is ook gebaseer op Esegiël 18 waar die profeet die volgende sê: “Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen—sal hy lewe? Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe. (Esg 18:24) Ek weet dit is harde woorde, daaroor dat ek vra dat jy sal ondersoek instel na elke gedeelte in die Bybel en dan eers ‘n opinie uitspreek. En ons moet die Bybel as een boek sien en die verbond as een verbond sien, anders loop ons gevaar om ewe skielik ‘n nuwe HERE te skep.  Lees maar meer oor die verbond hier, wat ek ook al vroeër na verwys het.

Maar dit het al voor ons tyd ook al gebeur. Ons lees in 1 Samuel oor Dawid die volgende: “En die toorn van die HERE het weer teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel Israel en Juda.” (2Sa 24:1)  En dan 1 Kronieke 21 se weergawe: “Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.” (1Kr 21:1) Dit is dieselfde gebeurtenis, maar tog word die een aan die HERE toegeskryf, terwyl Kronieke dit aan die Satan toeskryf. Wat ek wel weet is dat die boeke van Samuel al opgeskryf was voor die ballingskap, en die Kronieke na die ballingskap. Volgens wat ek kon uitvind in my soeke is alles voor die ballingskap aan die HERE toegedeel, beide goed en sleg, en na die ballingskap alles goed aan die HERE toegeskryf is, en alles sleg aan die Satan. En dit is die milieu waarin ons vandag nog lewe, waar alles goed van die HERE is, en alles verkeerd voor Satan se deurgeplaas word. Want indien ons beide goed en sleg aan die HERE toeskryf, maak ons volgens Calvyn se lering die HERE die oorsaak van sonde, en dit wil niemand iets van weet nie. Maar, wanneer ons na Deuteronomium kyk en wat Moses skryf in die laaste hoofstukke oor die seën en die vloek, dan sien ons dat ons as mense moet kies hoe die HERE met ons gaan handel, en is dit nie Hy wat die oorsaak van sonde is nie, maar ek as mens deur ongehoorsaam aan Hom te wees. So eintlik is Kronieke se weergawe verkeerd, want ek moet die keuse maak wat ek gaan doen, goed of sleg. So om die stuk te verduidelik was die HERE kwaad vir Dawid en wou Hy hom straf, maar in Kronieke is Dawid gesien as die heerser wat alles reg gedoen het, so dit kon nie wees dat hy ‘n verkeerde besluit kon neem nie, so die sonde is voor Satan se deur geplaas. En dit is wat ons ook doen vandag. Ons is mos soet mense en ek het nou regtig nie gesoek om seksueel met daardie vrou by die werk betrokke te raak nie, so dit moet die Satan wees. En ons kruip elke dag agter daardie skuiling weg, want ons jaag nie heiligmaking na nie. Hoekom nie? Want dit is uit die oudedoos. En dan is ons verwysing waarna almal vinnig hardloop in Genesis ook verkeerd vertaal in die Nuwe Vertaling. Na die val sê die HERE "Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken." Gen 3:22. Die Nuwe vertaling sê dat die mens nou alles weet wat wêrelde weg is van die oorspronklike gedagte. Hierdie is maar deur die Calviniste ingebring in die Nuwe Vertaling om te "bewys" dat ons nie weet wat is reg of verkeerd nie. Maar ongelukkig is dit die enigste vertaling wat dit so stel. So elke persoon het die vermoë om 'n keuse te maak.

Dit is ook een van ons grootste probleme waarmee ons sukkel vandag met die Calviniste. Volgens hulle het die HERE alles haarfyn vooraf beplan en het die mens geen keuse oor enige aspek van sy lewe nie. Kuyper, een van Calvyn se grootste ondersteuners en wat sy manier van glo die wêreld ingestuur het, stel dit as volg: "Selfs die mens se sondige handelinge kan slegs gebeur met sy toestemming en met die krag wat Hy sy skepsel gee. Aangesien Hy gewillig, en nie onwillig nie, toelaat, moet alles wat gebeur - insluitend ons sondige dade en die mens se uiteindelike lot - in die een of ander sin in ooreenstemming wees met wat Hy in die ewigheid bepaal en beveel het. In verhouding met die mate waartoe dit ontken word, word God uitgesluit uit die regering van die wêreld, en het ons slegs 'n eindige God. Natuurlik ontstaan daar sekere probleme wat ons met ons huidige kennis nie volledig kan verklaar nie. Dit is egter nie 'n voldoende rede om dit wat deur die Skrif en die duidelike voorskrifte van die rede bevestig word, te verwerp nie." Dit is net verbasend dat mense kan glo dat veral soos dinge vandag in Suid Afrika aangaan, dat die HERE dus alle plaasmoorde vooraf beplan het en dit dus binne sy wil is. Dit is absolute onsin, elke persoon is verantwoordelik vir sy eie dade, soos Paulus dit in Galasiërs 6 vers 5 stel: "Want elkeen sal sy eie pak dra. ".  So daar is nie vooraf besluit wat gebeur nie. Die HERE is nie besig met mikrobestuur op 'n sekonde by sekonde basis nie. Hy het die aarde oorhandig aan die mens om daaroor te heers op die sewende dag, en het dit nog nie weer kom terug vat nie. Die mens moet verantwoordelikheid aanvaar vir wat elke dag gebeur, waar die uitkoms afhang van sy eie keuses. En dit is op elke terrein van jou lewe van toepassing. So vir wie jy gaan stem is jou besluit, maar die HERE sal jou en jou koning waarvoor jy gestem het, verantwoordelik hou vir die gebeure wat die koning gedoen het.

Weelde


Nou aan na die volgende punt van die koning. En dan moet hy nie baie goud en silwer bymekaar maak nie, so hy moet nie nou dink hy gaan nou baie ryk word nie. Salomo is maar weer my voorbeeld wat soveel goud en silwer bymekaar gemaak het, en dit het uiteindelik sy val beteken. En so het al baie mense wat as “konings” werk al geval. Dit is waarom die Bybel nie geld nie, maar die begeerte daarna so veroordeel, want die HERE weet wat die uiteinde gaan wees, en dit is dat jy tot ‘n val gaan kom of swig voor jou besittings. Hoeveel mense het ek al self gesien wat val vir hierdie punt. Eers is dit net hierdie een blink motor, dan kom die nuwe huis met swembad, die plekkie by die see, die motors vir die kinders, die naweke wat nie meer in die geselskap van Christene deurgebring word nie, maar liewers saam op die golfbaan of by die wildsplaas of die of daardie oord. Wanneer ons na sogenaamde godsdienstige leiers kyk gaan kyk maar na wie die rykste leraars in die wêreld is, en dan vind jy mense soos ‘n Kenneth Copeland met naby $10 miljard, die rykste voorspoed teoloog in die hele wëreld is en al sy voorspoed teoloë saam met hom. Dan maak van hierdie voorspoed teoloë uitlatings soos die HERE het gesê hy moet vir sy volgelinge sê dat hulle hom moet bederf met ‘n straler van oor die $54 miljoen. En die mense wat nie geld het nie, doen dit want jy weet nooit wanneer dit jou beurt gaan wees wat die HERE jou dalk ook gaan bederf nie, en of dalk het jy nou lank genoeg Sy arm gedraai dat Hy nou maar ingee nie. Ek weet wanneer dit gaan wees. Nooit. Want jy kan nie die HERE omkoop nie. En dit is waaroor die hele voorspoed teologie handel. En natuurlik is dit so nou gekoppel aan die New Age en Hindu lerings waar jy net die regte vibrasies na die "universe", die heelal, moet uitstraal en altyd in positiewe mense se geselskap moet verkeer. Die een stuur dit na die heelal en die ander noem die heelal die HERE. Dis die enigste verskil. So wie dien hulle eintlik?

So sommer hier in Moses se tyd, en voor die tyd in Abraham kry ons al die riglyne waarvolgens ons moet lewe. En ons het nog nie eers gekyk na een koning in detail nie. Om die waarheid te sê ons het nog nie eers gekyk wat Samuel vir die volk moes vertel toe hulle hierdie woord van Moses aan hom oorgedra het nie.

Na Israel se uiteindelike ingaan in die beloofde land in, vind ons dat dit eerstens nie meer soos voorheen gelyk het nie, en lees ons nie weer van druiwetrosse wat so groot is dat twee manne aan een tros moes dra nie, en van Joshua se tyd af vind ons dat die HERE sekere mense oproep vir ‘n sekere taak, en verder het hulle gelewe sodat die algehele beheer oor alle sake by die tempel van die HERE berus het. Dit was nie altyd goed nie, ons hoef maar net te kyk na Elia en sy twee nikswerd seuns hoe hulle gehandel het, maar dan was daar weer mense soos ‘n Gideon wat die volk verlos het deur slegs op ‘n paar mense staat te maak en die geveg in die hand van die HERE te laat.

Dan was daar ook van die vroulike geslag wat die HERE gebruik het soos Deborah. Maar elke keer het die HERE die oorwinning gegee. Party het wel hul lewens verloor soos ‘n Simpson, maar tog het sy dood verlossing vir Israel gebring.

Maar nou vind ons ‘n gedeelte in die Bybel wat deur baie predikers misbruik word aangesien hulle dit gebruik om hulle bestaan as “leiers” of "konings" te regverdig. Ons vind die volgende gedeelte in die laaste vers in die boek van Rigters: “Rig 21:25  In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

Nou kry ons predikers wat die gedeelte misbruik om te beweer dat alles onordelik in Israel was, maar dit was verseker nie so nie. Elke persoon het gelewe soos wat hy deur die Leviete geleer is. ‘n Verskynsel wat ons kry in Moses se tyd al is dat met sy opname van elke stam daar op ‘n paar na een Leviet per huisgesin was toe Israel in Kanaän ingetrek het. So die HERE het seker gemaak dat elke huisgesin geweet het hoe om te lewe. Indien die mense iets wou weet het hulle net na hul gesin se Leviet gegaan en hy kon vir hulle dadelik ‘n antwoord gee, want hy was afgesonder en het geen grondgebied verkry nie. So hy kon heeldag met sy neus in die boeke van Moses sit, in die nabyheid van die HERE verkeer, en dan raad gee en opleiding in die Woord aan die hele gesin. Daarvoor moes die gesin dan vir hom sorg, en vind ons dat elke derde jaar se tiende van die volk in drie dele gedeel moes word. Die drie dele is dan een deel aan die Leviet gegee, een daal aan die armes, weduwees en wees, en een gedeelte aan die vreemdeling wat by hul vertoef het. Hier moet ons onthou dat ons al leer in Eksodus 12 dat indien ‘n vreemdeling saam met Israel wou trek, al wat manlik was hulle moes laat besny, saam die pasga vier en dan was hulle deel van die gemeente van Israel. So hierdie mense is dus saam met die volk geseën omdat hulle nie erfreg in die beloofde land gekry het nie. So dit is nie dat daar chaos was in Israel nie, die ou wat dit beweer probeer homself as ‘n Leviet voordoen en dit beteken net dat hy nie baie van die Bybel weet nie. Die Leviet en vreemdeling en die weduwee wat by die persoon geleef het moes die persoon voor gesorg het, en elke derde jaar het hulle basies 'n bonus gekry sodat hulle nie as armlastiges gesien is nie, maar gedeel het in die oorvloed wat die HERE aan die gesin of huis verskaf het.

En nou kom ons by die die tweede gedeelte wat handel oor konings.


“Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai. Toe kom al die oudstes van Israel bymekaar, en hulle gaan na Samuel in Rama en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou ‘n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies. Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons ‘n koning om ons te rig, en Samuel het tot die HERE gebid. Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie. Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het—so doen hulle ook met jou. Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer. Samuel het toe al die woorde van die HERE oorgebring aan die volk wat ‘n koning van hom gevra het. En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop; en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak. Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters. En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee. En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee. En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik. Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees. En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in dié dag nie verhoor nie. Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ‘n koning oor ons wees, dat ons ook kan wees soos al die nasies—dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer. En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die ore van die HERE uitgespreek. Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na hulle en stel ‘n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.” (1Sa 8:3-22)

Die eerste punt wat regtig hulle houding goed beskryf is dat hulle wil nou ‘n koning hê om oor hulle te heers. U sien dit is wat ons vandag ook kry. Ons wil nie direk verantwoordelik wees aan die HERE nie, maar soek iemand wat ons tussen ons en die HERE kan plaas. So indien ek dus iets doen wat nie altyd reg lyk nie, kan ek mos my koning voorhou want hy moet mos vir my sê of ek reg of verkeerd optree. Daaroor ook dat die Pinkster en Charismate jou vra wie is jou “covering”, so onder wie se aardse gesag staan jy? Maar ons lees wel later twee keer in die geskiedenis, eerste in Jesaja en dan in Openbaring om uit haar uit te kom en ons weer net onder die HERE se gesag te plaas, waar indien ek iets verkeerd doen Hy my sal laat weet, of direk met my deel soos Hy die afgelope 25+ jare met my doen. Partykeer op snaakse maniere, soos toe ek “Is Egipte in die Hemel” wou skryf ek vir Hettie vra of dit die regte tyd is om nou te skryf en uit die kar klim, apteek in en uit binne 2 minute, en toe skielik ‘n Parker pen langs my deur kry toe ek in die kar wil klim. Die pen was verseker nie daar toe ek uitgeklim het nie. So, toe skryf ek maar. Ek het nogsteeds die pen en koester hom nogal.

Ons sien dit in sovele dinge van die lewe vandag. Mense wat maar net doen wat hulle kerkleiers wil hê hulle moet doen. Dan wanneer jy met hulle daaroor praat is dit nie hulle probleem nie, want die sinode het so besluit, en wie is jy nou om teen 100 of 400 afgevaardiges te verkondig dat hulle besluit verkeerd is. Ek het dit onlangs weer gesien waar die koning van die NG Kerk gesê het dat grondgrype reg is, en toe ek die storie deel op sosiale media wat iemand anders daaroor geskryf het, word ek dadelik aangeval en daarvan beskuldig dat ek nou die hele NG Kerk in ‘n swak lig stel. Wat anders moet ek doen? Dit waarvoor my voorouers baklei het en oorlog oor gevoer het asook gedeeltes waar niemand gebly het maar net aan die nikswerd ANC kaders oorhandig? Hulle wat net kan plunder en môre sit hulle weer sonder iets want hulle word grootgemaak in hierdie era waar hulle op alles geregtig is. Die enigste ding waarop hulle geregtig is is om asem te haal en te werk en so vir hulself en hul families te sorg. Maar dit is mos nou nie reg nie. Die arme bloedtjies is dan so te na gekom in hulle lewe. Al wat ek sien is dat in die afgelope 24 jaar van hulle regering alles net verwoes word sonder dat hulle enigsins iets kan wys wat hulle bygedra het tot die beterskap van die gemeenskap. Maar dit is wat gebeur wanneer jy onder ‘n koning staan. Hulle en hul maatjies is nogsteeds terroriste organisasies en weet nie wat politiek is of beteken nie. So koningskap is nie net op ons geloof van pas nie, maar ook op ons politieke veld, want ons lewe een lewe, nie een op 'n Sondag en 'n ander die res van die week nie.

Ons moet onthou dat die oomblik wat jy as leier van ‘n klomp mense aangestel of verkies word, tree jy soos ‘n koning op. So jy is aan niemand iets verskuldig nie. Dit is waarom Zuma nie kon verstaan dat hy iets verkeerd gedoen het nie. Hy was dan die koning van die ANC, so hy is geregtig om sy gedeelte uit elke transaksie te kry. Onthou net geen Afrika land het nog ooit ‘n demokratiese stelsel verstaan nie, want dit is teen hulle natuur. Hul natuur is dat die wenner alles kry en jy as verloorder alles verloor. Dit is wat Samuel ook hier vir die mense noem. Kom ons kyk weer na die gedeelte, en al wat ek gaan doen is om dit punts gewys uit te lig.

·         Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer:
·         Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop;
·         en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig,
·         en om sy land te ploeg
·         en om sy oes in te samel,
·         en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.
·         Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters.
·         En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee.
·     En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee.
·         En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik.
·         Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem,
·         en self sal julle sy slawe wees.
·       En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in dié dag nie verhoor nie.
·      Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ‘n koning oor ons wees, dat ons ook kan wees soos al die nasies—dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer.

So nou kan ons maar daar deur begin werk. Hy sal jou seuns vat en aanstel by sy wa, en voor sy wa uithardloop. Hulle sal sy land ploeg, so sy werk vir hom doen, self die oes moet insamel terwyl hy lekker rondkerjakker. Hoeveel mense moet die gemeente se saak verdedig teen aanvalle van mense wat nie saam stem met die sinode of bestuur van die gemeente nie. Ek was eenkeer in die posisie waar ek skielik gesien is as een van die leiers terwyl ek slegs my privaat Bybelskool aangebied het by my huis. Ons moes trek aangesien die huis wat ons gehuur het se huur tydperk verstryk het en die verhuurders weer die huis wou terug hê vir hul leraar. Daar was mense wat elke Sondag 20 km+ moes ry na die diens toe en hulle het gevra of ek nie kans sal sien om dienste vir hulle by die een dame se huis aan te bied nie, en ek het ingestem omrede dit binne ‘n paar kilometers van almal se huise af was, en ek in elk geval by die dame se ander huis teen die see gratis kon bly. Ons het toe die Sondag net voor ons trek sommer by ons ou huis bymekaar gekom om alles te bespreek en toe ons ons oë uitvee toe word ek uitgekryt as die grootste bedrogpleger in die wêreld omdat ek nou die mense steel uit die pastoor se gemeente. Hy het sommer by die voordeur ingestorm sonder om eers te klop of enigiets. Ek het hom maar aangekla by sy hoofde vir naamskending want hy het die oggend tydens die diens ons name deur die modder gesleep en uiteindelik het hy sy alie gesien toe alles op die lappe kom en hy moes erken dat hy vir my en Hettie persoonlik aangevat het van die preekstoel af terwyl ek in elk geval klaar bedank het uit die gemeente aangesien ons nuwe huis ook 30+km van die gemeente was.

So jy sal nie kan doen soos ek wat jy wil nie, jou seuns sal hy in posisies aanstel en gebruik, en soos ‘n koning, sal hy teen jou oorlog voer indien jy sy koningskap bedreig. En natuurlik is dit wat ek gedoen het, of soos hy dit ervaar het. En dieselfde geld op politieke grondslag. Jy mag nie enige van die parlementslede aanspreek nie want dan is jy regtig in die moeilikheid, en vind jy dat van jou blanke boeties en sussies in die DA die voorbokke is om ander blankes se menings en uitsprake aan die groot klok te hang, en jou voor die gereg te sleep. Want ons bou mos 'n reënboog nasie. Maar duidelik weet ek iets wat hulle nie weet nie, en dit is dat wit en swart nie kleure is nie, en dat dit nie in die reënboog voorkom nie.

So jou gemeente sal nie deur mense bestuur en geleer word wat die HERE aanstel nie, jou koning sal besluit wie hy wil gebruik om sy boodskap uit te dra. En dit mag heel moontlik bots met wat die Bybel leer, want hy is mos koning. Ek het al by hoevele webtuistes van gemeentes gesien dat indien jy nie saamstem met hul volle leerstellings nie, jy dit nie mag bevraagteken nie maar summier van lidmaatskap ontneem sal word.

Ander konings het nie hul eie gemeentes nie maar het derduisende volgelinge, en waag jy net om iets te bevraagteken wat die koning kwytraak, en glo my, jy word beskou as die duiwel homself. Ek onthou daar was ‘n toer na Israel wat so ‘n koning gereel het, en by een byeenkoms het die wind alles weggewaai en was dit toegeskryf aan die Heilige Gees. Maar, al die plaaslike mense het gelag want die gebied is bekend vir sy wind daardie tyd van die jaar wat alles wat nie geanker is nie, wegwaai. So ek as die duiwel uitgemaak toe ek die mense na die plaaslike omstandighede soos in die plaaslike koerant beskryf, gewys het. En wys jy sy volgelinge daarop dat jy nie net ‘n dag van gebed kan uitroep sonder dat die mense eers hul eie lewens regmaak en vergifnis kry nie, is jy ook verkeerd en deur die duiwel gestuur.

Maar dit is hoe dit gaan. So ek sit maar alleen en skryf wat die HERE my lei om oor te skryf. Soos hierdie spesifieke stuk vermy ek seker al tienjaar lank, want dit is regtig nie lekker om daaroor te skryf nie, maar wanneer jy skielik hoor jy moet skielik weer Esegiël 34 lees en jy sien wat die profeet verklaar, dan gee jy maar in en sit terug en skielik vloei alles en is ek gewoonlik die een wat die meeste daaruit leer.

Net ter inligting sluit ek so ‘n gedeelte in van die betrokke hoofstuk wat ek moes lees: “Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie? Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid. So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak. My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoë heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi, sonder dat iemand na hulle vra of hulle soek. Daarom, o herders, hoor die woord van die HERE: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat my skape’n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie— daarom, o herders, hoor die woord van die HERE! So sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie. Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg. Soos ‘n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid. En Ek sal hulle uitlei uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land. Op ‘n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van Israel sal hulle weiplek wees. Daar sal hulle lê op ‘n goeie plek en wei in ‘n geil weiveld op die berge van Israel. Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE. Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is.” (Esg 34:2-16)

So die mense wat in die gemeente werk sal maar net nog hooi op hulle vurke kry, want jy sal dit nou mos doen. En dan 'n baie belangrike saak. Hy sal jou geld vat en jy sal nie self kan besluit waar jy jou geld gaan aanwend vir die Koninkryk van die HERE nie. Indien jy nie jou geld by die gemeente gee nie, word jy nie as lidmaat geag nie. En moet ook nie vir een oomblik dink dat die gemeente jou sal ondersteun wanneer die mat onder jou voete uitgevat word nie. Hoeveel van ons Afrikaners sit in plakkerskampe terwyl die kerke miljoene spandeer op net nog groter amphiteaters vir hulle "show" op 'n Sondag nie. Van die ou gemeentes loop leeg en die geboue word verkoop, maar die fondse bereik nie die wat nie kos het nie. Nee, dit gaan na die sinode se koffers om net hul mense nog groter salarisse te betaal.

Hoeveel pastorië staan leeg, maar van die lidmate bly in agterkamers of motorhuise in die kleiner dorpies nie? Daar sal nie saamgestaan word om die gewoonlik groot huise beskikbaar te stel vir ouer en arm mense om saam te kan leef nie. Maar naasteliefde bestaan mos nie. Dit is nie "cool" nie. En almal wil "cool" wees. Ek reken dat al die leë huise op die platteland gevul kan word en nie geplunder word soos hier by ons die geval is indien ons as gelowiges saamstaan en die minder bevooregtes in die huise laat bly. Baie van die huise sal die eienaars verniet gee want dan weet hulle dit word van stroping deur die swartes gespaar. Net in ons straat in die volgende blok is daar vier eiendomme langs mekaar waar hulle helder oordag die koesyne van die huis uitgebreek het, die dakke afgehaal het, en niemand het iets gesê of gedoen nie. En die polisie het nie eers kom kyk nie. Daar kon verseker mense ingebly het of die perseel opgepas het terwyl die plekke herstel word indien ons as Christene saam staan en hierdie absolute uitbuiting van alle blankes op alle terreine uitskakel en weer soos na die Engelse oorlog weer kan gee aan mense om hulleself te help. En nou met die onteiening van grond sonder vergoeding is dit nodig dat ons daarna moet kyk.

Daar is regtig baie klein plattelandse dorpe waar ek oortuig van is dat die eienaars die huise gratis beskikbaar sal stel indien hulle weet dit word ondersteun deur 'n groep mense van of die omgewing of dalk 'n landswye organisasie. En so kan ons dan ook weer lewe in hierdie dorpies inblaas en dalk net een of twee plekke op die plaaslike munisipale raad los slaan en ons dorpies keer van totale verwoesting. En dan is daar die onteiening van eiendom wat nie huidig gebruik word nie wat die regering sê hulle hul oog op het wat natuurlik 'n groot dryfkrag is om so spoedig moontlik ons eie mense daar in te kry voordat dit onteien word. Op ons dorp weet ek van twee pastorië wat leeg staan waarvan een al klaar skade het en besig is om stukkie vir stukkie na die lokasie toe te verdwyn. Die ander een is besig om te verwaarloos en kan jy sien daar woon niemand nie, so sy einde is in sig.

Wat baat 'n huis wat gestroop is? Niks. Maar dit kon dalk een of twee huisgesinne weer 'n geleentheid gegee het om weer blyplek te hê en die ontvolking van die platteland gestop het. Ek is seker daar is mense wat sal help dat die mense saam begin handewerk doen om weer 'n bestaan te maak, maar ons sal mos liewer soos die een predikant hier by ons alles in die ANC kaders se gatte gestop word, maar sy eie gemeente krimp van oor 'n duisend na 25 mense met nagmaal die laaste keer wat ek van weet so 'n paar weke gelede. Dit is wat Samuel en Esegiël van praat. Die leraars voel vere vir die blanke lidmate, want hulle wil tog so graag die arme ANC en EFF ondersteuners help want dan sal hulle seker die slagting vryspring.

Jammer, die moordenaars vra nie of jy al geld gegee het nie. Indien jy blank is sal hulle jou doodmaak, al stem jy vir die ANC of EFF want Julius sê mos self dat hy betrokke is by die beplanning en dit steun. So ook Cyril wat niks doen wanneer daar sewe blankes op plase vermoor word oor 'n naweek nie, maar dat net een blanke hom vervies vir 'n verkeersbeampte en hom te lyf gaan dan word jy aangekla vir poging tot moord. Die aanvallers op die plase hoor jy nooit van nie. Die wat nog gevang word staan tereg op diefstal, en die moord is maar net iets wat tydens die roof verkeerd geloop het. Hulle sal nooit van moord aangekla word nie, want Cyril en Julius beskerm hulle. Ek het self 'n dogter in Aussie wie se skoonma in die rug geskiet is en op slag gesterf het en haar man, my dogter se skoonpa, gelos is vir dood deur hierdie satanskinders. Maar ons mag mos nie iets sê nie, dan is ons in die tronk. O en dan oordeel ek mos. Seker die grootste sonde wat 'n Christen kan doen. Nee, ek wys net ons lamsakkigheid uit as Christene wat deur die profete uitgespel is lank voor ons bestaan.

Maar die gedeelte van Samuel word deur woorde uitgespel wat nogal diep sny. " En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in dié dag nie verhoor nie".

Ek kan dit nie anders stel nie. Die HERE het Sy rug op ons gedraai omdat ons te maklik agter konings aan hardloop as om Hom te dien, ten spyte van alles. Hosea en Habbakuk het sulke mooi woorde indien ons net weer luister na Hom. " Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe. En laat ons ken—laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei." (Hos 6:1-3) "Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie— nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente." (Háb 3:17-19)

Wat is Sy opdrag? "En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie; en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers. Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie." (Mar 12:32-34)

Dit is my bede vir ons as Christene in Suid Afrika. Dat ons weer na ons naaste sal omsien en vergeet van ons "konings" wat ons oor onsself laat aanstel het, en net doen dit wat die Bybel van ons verwag.

Nou wil ek graag 'n oproep doen aan u as leser om of betrokke te raak indien daar alreeds mense is wat dit doen, of dat u leiding sal neem om so 'n beweging in u eie geweste te begin. Ek is bewus daarvan dat op politieke vlak daar verskillende partye is wat almal sê dat hulle my en jou belange op die hart dra, maak nie saak of jy Afrikaanssprekend of Engelssprekend is nie. Die wat slegs vir blankes is beywer hulle juis dat hulle 'n mandaat soek in die volgende stemming in 2019 sodat hulle die saak van 'n blanke gebied met die huidige regering kan bespreek en al die wetlike vereistes wat daarmee gepaard gaan. Dit is vir my baie goed om te hoor en soos hulle self erken gun hulle alle groeperings dieselfde reg toe.

Die enigste probleem wat ek voorsien is dat hierdie 'n baie lang paadjie is om te loop en sal my kleinkinders se kinders dalk eendag dit kan geniet. En dan is daar ander partye wat wel op provinsiale vlak wil deelneem wat ook soos die eerste party veg vir my as Afrikaner. Indien ek moet kies tussen die twee dink ek die tweede party my keuse is aangesien ons nie almal kan bekostig om alles net so te los en te verhuis na 'n blanke alleen gebied nie. En daar is alreeds so 'n plek, Orania. So hoekom kombineer die mense hul stemme om te wys hoeveel mense voel dit is nodig vir so 'n mandaat. En dan is daar ander partye ook wat nie net vir blanke regte veg nie maar ook kleurlinge verwelkom waarmee ek self ook nie 'n groot probleem mee het nie.

En dan vind ons die oningeligtes wat vergeet dat Lekota 'n Mandela man is en die kommando stelsel van verdediging onder sy leierskap afgestel is. Maar hy huil dan so mooi, totdat jy uitvind hy huil oor al sy kamerade wat dood is in gevegte met die soldate in die gewapende stryd destyds teen die ANC.

Maar hulle is nie alleen nie. Ons kry ook die mense wat heel moontlik as gevolg van regstellende aksie nie meer kan bekostig om enige ander TV programme na te kyk as SABC. Nou leef hul in ontkenning oor die plaasaanvalle, want dit word nooit gewys op die nuus nie. En as ons die minister van polisie kan aanhaal dat hy daarvan sou geweet indien so iets plaasvind want dit sal mos op die nuus gewees het. Net jammer sy eie regering verhoed dat daar enige van die sake uitgesaai word. En dan moet ons nie vergeet van 7e Laan nie. Die mense werk dan so mooi saam so ons kan dit mos ook doen. Net jammer die mense lees nie oor hoe hierdie akteurs die Afrikaners uitskel en aanvat nie. Een van die dames doen dit gereeld.

Nou wat sal so 'n beweging soos voorheen genoem se doelwitte wees, en hoe sal dit gedoen kan word? Ek het so vinnig daaraan gedink en dit was een dryfveer vir die skryf van die artikel. Dat ons nie op politieke vlak sal kan saamwerk nie alvorens ons nie almal dieselfde geloofsoortuiging het nie, of soos die gesgde is, uit een boek sing nie. En dit is seker die grootste probleem. Hier by ons sal die Doppers besluit om iets te doen en dan wil die NG en APK mense niks daarmee te doen hê nie. En dieselfde geld vir die ander groepe. Wanneer een van die ander besluit om dit by die klub te hou omrede hulle dit sien as gebied wat onafhanklik is dan wil die ander weer nie daar wees nie want die klub het 'n kroeg en dan ontrek hulle weer. Maar hulle sal die klub ondersteun na 'n potjie golf.

So om die probleem te oorkom sal 'n mens maar iets soos 'n nie vir wins maatskappy moet registreer en kan elke dorp of gebied net inskakel as 'n tak daarvan. Soos vroeër in die artikel genoem sal daar maar keuring moet wees van mense wat wel gehelp kan word want ek het dit al persoonlik beleef dat mense wat geen heenkome gehad het sommer skielik kla dat hulle nie outydse lap doeke, die wat my kinders mee groot gemaak is, wil hê nie want hulle verkies weggooi doeke. Ons weet van hulle en 'n paar ander gesinne wat ook al probeer help het maar uiteindelik het die mense maar pad gevat na die volgende dorp want hulle wou nie werk nie.

So indien jy wel mense kry wat geholpe wil word, weet ek dat daar op elke dorp vrouens is wat handewerk kan doen en ander leer om dit te doen en die mense help om klere en goed te maak wat jy weet daar 'n mark voor is. Hoekom by Pep jou klere gaan koop as jy goeie gehalte klere teen medingende pryse kan koop by mense wat dit self gemaak het. Nou word jou R100 bydrae skielik R150 want daar was wins. En so kan ek maar voortgaan en ek dink elke persoon kan aan baie ander goeters dink soos om gebakte goed vir die tuisnywerheid te voorsien, of selfs 'n Facebook bladsy waar mense van buite jou distrik se items of handwerk goeters kan bestel. En die mans kan ook dink aan projekte waaruit hulle wins kan maak. Dit gaan nie vir jou 'n salaris van R30,000 per maand gee nie, maar jy sal kan oorleef. En miskien sal jy dan die HERE se hand in jou situasie raak sien.

Dit is maar net my gedagtes. Indien daar reeds organisasies is wat hierdie funksies suksesvol bedryf, en ek glo daar is, moet julle my maar net laat weet sodat 'n mens 'n eenheid kan skep onder die mense en so uiting gee aan die een gedeelte wat Jesus so mooi vir ons die wet mee saamvat, naamlik om jou naaste soos jouself lief te hê, want dit is hoe jy jou liefde aan die Vader bewys. "As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê." (1Jo 4:20-21) En onthou net jou broeder is die een in geloof, nie elke Jan Rap en sy maat wat op die hoek van die straat nie.

Eers wanneer ons hierdie fasset van ons lewe as Christenne begin uitleef, kan ons kyk na ons groepering se dogma en seker maak dat ons die onderlinge verskille uit die weg te kan ruim.

Groete van huis tot huis. 

Mooiloop.

Louwrens Erasmus

louwrens@shama.org.za

Geen opmerkings nie: