Dinsdag 03 Mei 2016

Moses se roeping

Moses en die slang

Dit is nogal snaaks hoe die lewe verloop. Ek het so ‘n paar weke gelede gedink ek het nou vir ‘n jaar goed wat na aan my hart lê met mense gedeel, en toe vir Hettie gesê ek dink ek is nou klaar. Ek het nog soveel wat ek graag wil deel, maar dit is maar meestal in my boeke vervat so dit maak nie sin om dit hier ook te pos nie. En dan is meeste van die artikels maar redelik lang stories aangesien ek daarvan hou om seker te maak dat my argumente ten alle tye regverdig en korrek is.

Dit is soos iemand nou die dag vra wat is die verskil tussen ‘n feit en die waarheid. Alhoewel dit verseker sinonieme is, sal ‘n feit nooit verander nie, terwyl die waarheid geglo moet word. So dit moet beoordeel word om te sien of dit aan alle vereistes voldoen om die waarheid te wees. En die waarheid mag dalk verskil tussen my en jou, aangesien ek dalk ander maatstawwe gebruik om te glo as jy.

Maar terug na dit wat ek vandag wil deel. Ek is so die afgelope drie weke besig om te kyk na hoeveel liegstories deur goeddenkende welbekende kerkleiers op youtube en ander plekke gepos word. Ek was nogal verbaas hoeveel daar is. Daar was ‘n spesifieke een wat my aandag getrek het en dit het gegaan daaroor dat die antichris op 5 Mei ontbloot sal word. In die boodskap skryf hy toe ook alle antisemitisme toe aan Hitler en sy bewind.

Ek het toe maar onmiddelik kommentaar daaroor gelewer en verwys na van die persone wat tereggestel is in Nurumburg oor hulle aandeel gedurende die tweede wêreld oorlog waar hulle dit baie duidelik gestel het dat hulle gedoen het wat Martin Luther in sy boek “The Jews and their Lies” voor gevra het. Toe ek die volgende dag terug gaan na die video toe sien ek dat alle kommentare verwyder was en dat geen kommentaar verder oor die spesifieke video gelewer mag word nie.

Ek het toe begin om so ‘n bietjie navorsing na aanleiding van die stuk te doen en het redelik baie geleer. Dit het my nogal laat wonder of ek nie maar tog moet voortgaan om die foute uit te wys of nie.

Gistermiddag terwyl ek nog daaroor dink, want dit ontstel my dat goeie Christene so om die bos gelei word deur mense wat hulle eie agenda het, kom daar skielik in my gedagte ‘n teks op wat ek al oor geskryf het en nogal ‘n groot indruk op my lewe gemaak het. En Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van God, by Horeb. Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. (Exo 3:1-4)” “Toe antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: Die HERE het nie aan jou verskyn nie? Daarop vra die HERE vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ‘n Staf. En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het ‘n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug. Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en dit gegryp, en dit het ‘n staf in sy hand geword— sodat hulle kan glo dat die HERE, die God van hulle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, aan jou verskyn het.”(Exo 4:1-5)

Dit is maar waar my nuuskierigheid vandaan kom, want Moses kon ook sommer maar net verby gestap het sonder om belangstelling te toon. So dit was so half asof dit vir my bevestiging was dat ek moet voortgaan met my ondersoek. Maar toe lees ek die tweede gedeelte waar Moses sy staf moes neergooi en dit in ‘n slang verander het, en dat die HERE Moses aansê om die slang aan sy stert op te tel. Dit rym nie met ons normale denke nie, want jy moet tog die kop eers vaspen voordat jy ‘n slang optel want dan weet jy dat jy veilig is. Maar nou sê die HERE tel hom aan sy stert op. Dit rym net nie, behalwe as die boodskap daaragter gesien word.

Die boodskap kom al van die Paradys se dae af waar die slang, die satan aangesê word dat hy die mens aan die hakskeen sal byt en die mens sy kop sal verbrysel. Maar, hier gee die HERE te kenne dat Moses nie nodig het om die slang se kop te verbrysel nie, maar sommer aan die stert weer moet optel. Hoekom? Want die HERE sal die slang se kop, die satan, self verwoes. Hy het nie my hulp nodig nie. Al wat Hy van my verwag is om vas te stel wat die boodskap is wat na my toe kom en dit te gehoorsaam.

Dan kan ek daardie boodskap ondersoek en uitvind of dit die boodskap van Jesus as verlosser vir ALLE nasies, tale, en kulture bevat, of help dit dalk om twyfel te veroorsaak sodat ek twyfel of Jesus se woorde aan die kruis “Dit is volbring”, afmaak as iets wat dalk nie regtig waar is nie, en so my sekerheid verloor. Gaan kyk maar self hoeveel uitlegte van Openbaring verklaar dat Jesus nie alles gedoen het nie, dat Hy weer fisies in Jerusalem moet kom heers, dat daar weer ‘n tempel opgerig moet word, dat daar weer fisies diere geoffer moet word. Dit kan net beteken dat Jesus nie alles volbring het wat Hy moes nie, en nou het die slang se kop jou bygekom, en is jy in die satan se mag. Jy ontken dat Jesus alles reeds volbring het.

Paulus beskryf die verskil vir ons baie mooi in Galasiërs 4: “Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar; want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal. Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ‘n man het. Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.” (Gal 4:22-31) So die Jerusalem wat vir ons as kinders van God bestem is, is nie op hierdie aarde te vind nie. As jou boodskapper anders verklaar, is hy al klaar deur die satan oorwin.

So op die ou einde het ek maar besluit om net die gedeelte te deel, sodat jy self kan besluit of jy die slang aan die stert wil optel en die HERE vertrou om sy kop te verbrysel, en of jy saam met van die geleerdes, die slang aan die kop wil optel en so onder sy mag gaan kom. Ek sal nie verder valse leerstellings en leiers probeer uitwys nie, want ons het elkeen die plig om self dit te doen. Selfs in Paulus se dae het hulle dit so gedoen: “Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne.” (Hand 17:10-12)
So ondersoek eers die boodskap wat jy ontvang, dan die skrifte in konteks en vergelyk dit met die Bybel en glo dan.

Groetnis vanuit die winter in Steynsburg.


Ns. Die ander plek waar ek die gedeelte gebruik het, is in my bespreking oor wie die HERE roep tot die bediening, en is beskikbaar by: http://shamaministries.org.za/wp/home/afrikaanse-artikels/moses-3-oor-algemene-lewensvrae/moses-3-vers-6-wie-roep-die-here-vir-die-bediening/

Geen opmerkings nie: