Woensdag 25 Mei 2016

Verlede week was die pers vol van ‘n kontroversieële advertensie van twee mans wat mekaar soen en dan glo eindig waar een ‘n kondoom afrol. Dit is na 9 uur in die aand uitgesaai, so nie in gesinstyd nie. Ek moet erken ek het nie self dit gesien nie, so wat ek gaan skryf is gebaseer op terugvoer in die pers oor die onderwerp, en dan natuurlik wat die Bybel ons daaroor leer.

Maar eers iets oor die advertensie self en wat die doel daarmee was. En ek haal aan; “The advertisement from wethebrave.co.za that's part of a gay men sexual health campaign, an initiative by the Anova Health Institute and the Elton John Aids Foundation, has triggered a flood of viewer complaints to the Advertising Standards Authority (ASA)."The aim of the advertisement is not to shock, but to attract our market through creating scenarios to which they relate," says the Anova Health Institute."With 4.9 million South Africans – 10 percent of the population – identifying as homosexual, this is a matter of public interest and urgency, and we do not have the luxury of tiptoeing around the issues."

So my opinie gaan ek ook nie op my tone rondtrippel oor die advertensie nie. Die politieskorrekte Media24 het die advertensie saam met hul berig geplaas en natuurlik gesê hulle het geen probleem daarmee nie, alhoewel ‘n hele paar TV stasies geweier het om die advertensie uit te saai. Dankie vir hulle wat nog die waardes van hulle kykers in gedagte hou. Dit is ook nie ‘n nuwe onderwerp nie, want dit het einde verlede jaar baie aandag geniet met die NG Kerk se besluit dat hulle dit wou goedkeur, maar nou uitgestel is vir 2 jaar.

Ek kan maar net my eie posisie daarom stel, wat ek glo op die korrekte interpretasie van die Bybel gebaseer is, en nie een wat nou op sogenaamde “nuwe openbarings” gebaseer is nie. So vergeet maar van die nuwe openbarings van die NG Kerk teoloë.

1.      Rigters se siening.

·         Een wat ook deur die NG Kerk gebruik was is die geskiedenis van die Leviet van Rigters 19 tot 21 gebaseer. Hulle gebruik sommer die eerste vers in hoofstuk 19 en verklaar dat daar chaos was aangesien daar geen sentrale gesag was in Israel nie. Dit is natuurlik absolute bog aangesien die HERE met ons elkeen ‘n persoonlike verhouding wil hê, maar hulle wil nie dit verklaar nie want dan verloor hulle hul eie mags posisie.
·         Israel was bekend daarvoor dat hulle ook maar soos ons nie direk verantwoordelikheid vir hulle gedrag wou aanvaar nie want hulle het alreeds in Moses se tyd gesê: “En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan. En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons. Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie. So het die volk dan op ‘n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was. Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het”.(Exo 20:18-22)
·          So nadat hulle in Israel ingegaan het, het die HERE elke keer ‘n rigter opgerig om lyding te neem wanneer dit nodig was om as volk op te tree, maar daarna het elkeen weer huis toe gegaan waar elke huisgesin sy eie Leviet gehad het om alle offers waar te neem vir die gesin en hulle te leer van die HERE.
·         Die boek Rigters is natuurlik ook ‘n probleem vir die wat vrouens wil uitsluit uit die bediening aangesien Deborah ook as rigter gedien het, wat ‘n bietjie van ‘n tammeletjie is vir die wat vrouens as tweede rangse skepsels uitmaak. Hulle moet net ook onthou dat Eva wel die val veroorsaak het, maar dat Maria ook die vrou se rol in ere herstel het om Jesus in die lewe te bring. So Eva het die val veroorsaak, maar die verlosser is uit Maria gebore. En dan was daar natuurlik die profetes in die tempel in Jesus se tyd. “En Símeon het hulle geseën en aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot ‘n val en ‘n opstanding van baie in Israel en tot ‘n teken wat weerspreek sal word— ja, ‘n swaard sal deur jou eie siel gaan—sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word. En daar was Anna, ‘n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe; en sy was ‘n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.”(Luk 2:34-37)
·         Paulus se hele gesanik oor vroue in Timoteus het nie een kruisverwysing na enige ander gedeelte in die Bybel het nie. Behalwe natuurlik sy eie skrywes. Maar nou het ek heeltemal afgedwaal, maar miskien is dit nodig vir iemand daar buite om te weet.
·         Terug na die advertensie. Ons lees in Rigters hoe die mans van die stam van Benjamin ‘n Leviet se byvrou verkrag het totdat sy dood was. Hy het haar toe in stukke gekap en na die stamhoofde gestuur, en nadat hulle die HERE genader het oor wat om te doen, was die antwoord van die HERE dat hulle na Benjamin se stam toe moes gaan, uitvind wie dit begin het, en hom ter dood veroordeel. Ons ken die geskiedenis dat niemand wou praat nie en dat daar op een dag meer as 21,000 mans gesneuwel het. So dit wat ons hieruit kan leer is dat seksueele sonde tot die dood lei. Klaar. Geen ander uitkoms nie. Ons dien ‘n God wat gister, vandag en more dieselfde optree, maar ons dink ons weet mos beter. Nee, seksueele sonde is sonde aan die liggaam, en jou liggaam is ‘n tempel van die HERE. So nou sleep jy die tempel van die HERE in sonde in en is jy dood verklaar. Jy SAL nie die ewige lewe kry nie.

                  2. Sodom en Gommorra.

·         Die woord sodomie word afgelei van die stad se naam. Nou is daar sogenaamde nuwe openbarings wat twyfel laat ontstaan oor of hulle vernietig is oor die seksueele sonde of oor hul verwerping van gesag. “En die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe en gesê: Kyk tog, my here, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal op die plein vernag. Maar hy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle ‘n maaltyd berei en ongesuurde koeke gebak, en hulle het geëet. Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam. En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken.” (Gen 19:1-5) Ek lees verseker nie van opstandigheid van die mense teen gesag nie. Hulle het presies geweet wat hulle wou doen. Hulle straf? Beide dorpe is deur vuur verbrand sodat daar niks oorgebly het nie. Dit is weereens ‘n bewys dat sonde aan die liggaam dood beteken.

3. Romeine se siening.
·         “Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.(Rom 1:17-32) Dit is wat gebeur wanneer ons ons nuwe openbarings wil promoveer. Ons word verwerp deur die HERE.

Geen uitsonderings nie. Die hele rede vir teenkanting teen die advertensie is dat God die mens as man en vrou geskep het. Indien ons die adverteerders se syfers gebruik, beweer hulle dat 10% van die bevolking so is. Dit beteken dat daar met die sesde basuin van Openbaring 6 vers 12 tot die einde van die hoofstuk,  5 miljoen mense hulle onmiddelik in Hades sal vind. Nou saam met hulle is daar ten minste 2 persone wat elke een van hierdie verhoudings goedkeur, en soos Paulus dit stel, daardeur hulle self ook dieselfde oordeel in die gesig staar. “dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.”  So dit maak nog ‘n verdere 10 miljoen mense wat verlore gaan. Wanneer ons na Openbaring kyk sien ons die in Openbaring 9:18  “Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het; “. Wanneer ons mooi gaan kyk na Openbaring vind ons dat slegs een uit drie mense wat nie die eerste dood, die van die wat nie die HERE as hul HERE gehad het nie, dat slegs een derde van die mense sal standhou om saam in die Nuwe Jerusalem te woon. So 2 uit elke 3 persone wat as Christene leef op aarde se name sal nie in die boek van die lewe verskyn nie.

Hoe tragies is dit nie. En nou gee ons al sommer op aarde ons vooruitsig op die ewige lewe op om onsself met hierdie mense te vereenselwig. Want dit is mos “liefde”. Ware Christen liefde is wanneer ons mense uit die vuur uitruk en nie bang is vir die gevolge nie. Ek wil nie dat een persoon verlore gaan nie, maar dat die mense hul sal bekeer van hul verkeerde weë.

Daar is net een uitweg, aanvaar dat die HERE jou sonde kan vergewe, breek met al hierdie valsheid wat deur almal versprei word, en leef ‘n lewe waardeer die HERE verheerlik word. Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,” (1Pe 1:3) (Rom 6:11) “ So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.” “terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur, om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.” (Hand 26:17-18) (Ef 2:3)  “onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander”. (2Pe 1:4)  “waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!” (Mat 6:24)

So wat is die probleem met die mens? Wedergeboorte. Ons word mos as babas gedoop en verstaan nie dat die doop juis die plek is waar die krag van Satan, in Israel se uittog, die Farao, totaal en al verslaan word nie. Nee, ek is mos as baba gedoop en nou maak ons mos engeltjies groot wat nie verkeerd kan doen nie. Weet jy doop is so belangrik dat my een dogter vir my gesê het dat sy liewer by die huis bly want almal in die tienerkerk sal daardie naweek gedoop word nadat hulle geleer het wat doop beteken. En om ‘n gratis, ere besoek aan Letaba voor nee te sê, was vir haar nie belangrik nie. Sy wou gedoop word. O ja, sy is ook as baba gedoop toe ons nog in Calvinistiese kringe beweeg het.

Weet jy die HERE wag vir jou om vergifnis te vra, en dan kan jy aanbeweeg. Kyk maar na Psalm 51 waar Dawid die HERE smeek vir vergifnis, maar ook dat die HERE nooit Sy Helige Gees van hom sal wegneem nie, want Dawid het geweet dat die Helige Gees hom oortuig het van sonde, en dan sal leer aangaande alles. Dit is immers Sy werk wat Hy moet doen, en dit kan Hy kwaliks doen by ‘n baba wat meeste van die tyd nog nie kan loop nie. Daar is ‘n lied wat soveel vir my beteken, en as jy daarna luister en die passie sien wat die persoon dit mee sing, sal jy verstaan vergifnis is nie maar net hierdie kort gebedjie nie, maar daar is ‘n groot rede daar agter, en dit is om ander te oortuig deur jou wandel en jou weë wat dit beteken om kind van God te wees. Ek hoop dat jy die gedeelte kan gebruik om mense te oortuig van bekering.

Hier is die skakel na die lied: https://www.youtube.com/watch?v=aGW1x_lLp2o (Please forgive mee van Michael English.) Onthou net om "back" te druk op jou internet program wanneer jy die video klaar gekyk het.

Indien jy nie weet waarvan ek praat nie, kyk na die volgende video en dan sal jy weet waarvan ek praat. (onderhoud me Michael English en dan een van sy mooiste liedere ooit.)  https://www.youtube.com/watch?v=rZzKajwrLXo&list=RDrZzKajwrLXo#t=26

Geen opmerkings nie: