Dinsdag 07 Junie 2016

Wat is Genade?

Ek en Hettie het onlangs die een Sondagoggend gesit en gesels oor alles wat ek al geskryf het, wat ons in ons lewe al gedoen het, hoe ons mense ervaar en sommer oor ‘n hele klomp ander goed. Ek het toe vir haar gesê ek voel ek wil nog een van die onderwerpe wat my baie na aan die hart lê, oor hoe ‘n mens geloofsekerheid kan verkry en wat dit vir my beteken, as ‘n kurses op my webtuiste laai sodat mense daardeur kan werk en sien hoe die verskillende stappe en leerstellings in mekaar pas. Dit is waarmee ek myself die afgelope paar dae mee besig hou, en hopelik voor die einde van die maand gereed sal hê vir mense om deur te werk.

Nou moet ek sommer hier vroeg sê dat ek maar aanmekaar gesit is as iemand wat elke ding ondersoek, en dan so veel as moontlik inligting bymekaar maak voordat ek ‘n mening uitspreek. Ek weet dat meeste mense se koppe nie so werk nie, maar dit is hoe my kop werk en hoekom ek selfs ou standpunte sal ondersoek om te sien of ek my daarmee kan vereenselwig of nie. Dit is maar my hoofrede hoekom ek skryf, want ek kry gewoonlik maar gate in ander se redenasies en dan moet ek maar uitpluis hoe dinge werk totdat dit vir my aanvaarbaar is.

Dit het my gelei om sommer vir haar ‘n vraag te vra oor wat sy as die belangrikste onderwerp sien en wat sy voel die meeste oor gepreek of oor geskryf word. Haar antwoord het my toe ook net laat besef dat dit wat ek as selfsprekend aanvaar nie vir almal dieselfde is nie.

Van die onderwerpe wat ons oor gepraat het was Jesus, genade, geregtigheid en gehoorsaamheid. Dit was wat ons gevoel het meeste mense sal antwoord indien hulle die vraag gevra word. Jesus was van selfsprekend seker die onderwerp wat die meeste aandag geniet, maar dit is ook nodig. Dit gaan vir my ook oor hoe ons as mens dit wat Hy kom doen het, beleef. Maar, besef ons altyd wat Sy koms en dood vir ons as Christene beteken?

Ek besef dat meeste mense sal hul eie ervaring hê en dit wat vir hulle belangrik is, maar gee die Bybel vir ons antwoorde oor wat die belangrikste is vir ons om te doen, of nie? Ek dink dit is ook seker een van die grootste redes waarom daar so baie verskillende groeperings in die Kerk is, aangesien elke groep dit wat vir hulle belangrik is, wil propageer.

So vind ons gewoonlik dat in al die groot tipe gemeentes soos ‘n Joël Osteen s’n, net “voel goed” boodskappe verkondig sal word. Daar is twee redes daarvoor, dit trek duisende mense omdat die mens wil hoor hoe lekker dit is om Christen te wees, die mens se ego word gestreel, en die boodskap sal altyd net gaan oor al hierdie goeie goed wat vir jou bestem is, want dit bring baie geld in vir so ‘n gemeente en die ou wat voor staan word baie ryk, aangesien niemand aangespreek word dat hulle lewens dalk verander moet word nie. 

Die top 15 geldmakers in Amerika is as volg: (Bron http://www.etinside.com/?p=11679)
1. Kenneth Copeland Net Worth $760 Million
2. Pat Robertson Net Worth $100 Million
3. Benny Hinn Net Worth $42 Million
4. Joel Osteen Net Worth $40 Million
5. Creflo Dollar Net Worth $27 Million
6. Billy Graham Net Worth $25 Million
7. Rick Warren Net Worth $25 Million
8. Bishop T. D Jakes Net Worth $18 Million
9. Juanita Bynum Net Worth $10 Million
10. Joyce Meyer Net Worth $8 Million
11. Rev John Hagee Net Worth $5 Million
13. Bishop Eddie Long Net Worth $5 Million
14. Bishop Noel Jones Net Worth $5 Million
15. Minister Louis Farrakhan Net Worth $3 Million

Teen vandag se wisselkoers van so net oor die R15 vir $1, dink ek die ouens doen nie te sleg nie. En al wat hulle hoef te doen is om vir jou te sê kyk hoe het die HERE hulle geseën, so gee maar vir hulle en die HERE sal vir jou ook gee. Of jy maak soos Clefo Dollar en sê die HERE het vir hom gesê hy moet vir sy ondersteuners sê dat die HERE hom wil bederf en hulle moet ten minste $1000 elk vir hom gee sodat hy ‘n nuwe straler kan koop. Maar genoeg oor hulle. Hulle is daar vir een rede alleen, en dit is om geld uit jou beursie te vat, al is dit jou laaste bietjie, en in hulle beursies te sit.

Nou wil ek gou net ‘n gedeelte aanhaal wat Jesus gesê het vir die mense in die tempel: “Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het. As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek. Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.” (Joh 7:16-18)

En vir Sy dissipels het Hy die volgende gesê: “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.” (Joh 16:7-11)

Die twee gedeeltes is vir my nogal deurslaggewend in dit wat ek graag wil deel vandag. Die eerste gedeelte gaan oor Jesus wat sê dat ons eerstens gewillig moet wees, so ek moet altyd ondersoek instel of dit my eie leerstellings of my genootskap se stellings is, en of dit leerstellings is wat Jesus vereer. Indien dit gaan dat ek my eie leer wil vestig, soek ek my eie eer, maar indien dit wat ek leer alle eer gee aan die Een wat hom gestuur het, is sy leer waaragtig. Dit maak dit nogal moeilik vir my as leeraar om seker te maak dat ek nie afwyk van Jesus se leer af nie.

Die tweede aanhaling is eintlik die een waaroor ek wil praat. Jesus verklaar dat die Trooster, die Heilige Gees na ons toe gestuur word en basies twee opdragte het. Die eerste is om die wêreld te oortuig van sonde, dan van geregtigheid, en dan laastens van oordeel.

So nou kan ons na die eerste opdrag van die Heilige Gees kyk en bestudeer: Hy moet die wêreld oortuig van sonde. So dit maak nie saak of ek in Asië is, of Europa, of Amerika, of Afrika nie, die Heilige Gees sal almal oortuig van sonde. Dit val nou saam met wat Paulus in Romeine van skryf. “Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie. Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word; omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word. Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie; omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig, in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie. Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God, en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word, en jy is oortuig dat jy ‘n leidsman is van blindes, ‘n lig vir die wat in duisternis is, ‘n opvoeder van onverstandiges, ‘n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het jy dan, wat ‘n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ‘n mens nie mag steel nie, steel jy? Jy wat sê dat ‘n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat ‘n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof? Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet? Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster. Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy ‘n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword. As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie? En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis ‘n oortreder van die wet is nie? Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.” (Rom 2:11-29)

So Paulus voer hier aan dat alle mense sal weet wat reg of verkeerd is. So die Heilige Gees het dan klaar Sy eerste werk in die mense gedoen. Nou kom ons eers by die eerste punt wat ek as mens moet doen, en dit is om ‘n keuse te maak tussen dit wat reg is, en dit wat verkeerd is. Vir ons wat die Bybel het as handleiding het kan nou kyk na wat ek moet doen. Gelukkig gee die Bybel ook vir ons die antwoord presies wat ons nodig het: “Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.” (Heb 6:1-2)
Ek wil graag Romeine ook gebruik om Hebreërs mee te verduidelik en hoe dit as ‘n stap vir stap handleiding gebruik word.

Nadat Paulus hom bekend gestel het, begin hy met die tema van die brief. “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” (Rom 1:16-17) So Paulus begin hier met die geregtigheid van God, en is beskikbaar vir elkeen wat glo. Geregtigheid is ook soos almal weet die tema van basies al my skrywes, en word ook later bespreek.

  • Besnydenis

Nou begin hy by die heiden en wys dat hulle sondig is sonder die wet. So al die sondes wat daar genoem word in hoofstuk een van Romeine, word onder heidene aangetref en hoort nie eers by die Jode en mense wat God ken nie. So indien iemand skuldig is aan die tipe sonde, is die persoon ‘n heiden. Maar verder is die persone wat dit goedpraat al is hy nie ‘n fisiese heiden nie, ook ‘n heiden volgens Paulus. Die gedeelte het ek alreeds in my vorige blog uitgelig oor die kondoom advertensie in my vorige blog.

Nou volg Paulus se rede oor die Jode wat ook skuldig is aangesien hulle nie die wet kan onderhou nie, hulle hou hulle hoogvaardig, maar is sonder geregtigheid, en sluit Paulus die hoofstuk af met die woorde dat al is jy ‘n heiden en doen wat reg is, jy ook gered sal word. “As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie? En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis ‘n oortreder van die wet is nie? Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God. (Rom 2:26-29)

In die volgende hoofstuk gaan Paulus voort en verklaar dat daar geen onderskeid tussen Jood en heiden is nie, maar dat almal dood is onder die wet. Nou verklaar hy dat slegs geloof in Jesus Christus ons uit die situasie kan haal. So die antwoord van hoe ek van hierdie ongehoorsaamheid en verwydering van God kom, is slegs deur geloof in Christus kom. “Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.” (Rom 3:21-24) So geen uitwendige teken word meer gekoppel aan die wat kinders van God is nie. So die geloof in die verlossingswerk van Christus is dus die teken van die verbond. En die verlossing geld vir beide Jood en heiden, elkeen moet dieselfde paadjie stap. Daar is in Jesus dus geen onderskeid meer tussen Jood en heiden nie. Die HERE het nie een paadjie vir die Jood en ‘n ander paadjie vir die heiden nie, nee, ons almal volg dieselfde paadjie. So net vir die wat dalk nog wonder of Jesus nog weer die Jode moet kom haal na ons as Christene gered is, is die antwoord daar is GEEN onderskeid nie. Jesus se kruiswoorde was: “Joh 19:30  En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.” Hy het nie gesê Hy moet weer terugkom vir die Jode nie, so nee daar is geen wegraping of ander “escape route” vir die Jode nie. Dit is volbring, alles wat nodig is vir almal is reeds gedoen.

  • Geloof

“Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof. Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof. Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” (Rom 3:27-31) “Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken. Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene. En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word; en ook ‘n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was. Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.” (Rom 4:9-13) So die hele gedeelte wys daarop dat geloof dus sal dien as teken van die besnydenis. So my hart en optrede moet verander, want dit sal die uitwendige teken van besnydenis wees. En dit word verkry deur die genade van God wat Sy seun Jesus vir ons laat sterf het toe ons nog sondaars was. So my geloof moet bewys dat ek kind van God is. Soos Abraham geglo het dat hy vader van baie nasies sou word en dit hom tot geregtigheid gereken is sonder dat hy besny was, so moet ons lewe ook op daardie geloof gebou word wat weet dat daar vir ons verlossing wag, sonder dat ons ‘n fisiese teken aan ons liggaam as bewys hoef te hê, behalwe dat my optrede in die samelewing dit moet bewys.  Dit moet bewys lewer dat ek ek deur die genade van die HERE geregverdig is, en moet my dade as bewys dien.

So dit wys vir ons op die eerste tipe genade, reddende genade: “Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.” (Tit 2:11-15) Dit is waarom ek gered kan word, want ek glo dat Jesus reeds my dood op Homself geneem het, sonder dat ek dit verdien het, of daarvoor gevra het.

“Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.” (Rom 5:17-19)

So ek kan slegs kind van God en dus deel van Sy nasie word deur geloof in Jesus Christus dat Hy die volle prys vir my sondes betaal het. En dit vind plaas met nagmaal. “En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.” (Mat 26:26-28) Israel moes ook die pasga vier in Egipte die aand voor hulle Egipte verlaat het, en dit is wat nagmaal op wys. Dat ek glo Hy is die Lam van God. Geeneen van die Israeliete wat die pasga gevier het is dood daardie nag toe die doodsengel deur Egipte getrek het nie.

  • Doop

Nou kom ons eers by die doop uit. Nou volg Paulus se hele relaas oor wat die doop vir ons doen, en ek sal net sleutel gedeeltes aanhaal, maar dit is waaroor die hele hoofstuk 6 handel. “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.” (Rom 6:3-9) Soos Israel wat uitgelei is uit Egipte en die mag van die Farao verbreek is, net so word ons dus by die doop onder die mag van die Satan uitgelei, en onder die gesag van die Vader geplaas, want die dood sal nie meer oor my heers nie, en sal ek nou bouwerk doen aan die Koninkryk van die Vader, en nie die koninkryk van die Farao(Satan) nie. So ek verlaat Egipte met die doop, en die mag van die Satan en sy demone, word totaal gebreek in my lewe by die doop. 

Paulus stel dit so: Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.” (Col 2:9-15)

Dit is waarvan Petrus getuig: Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.” (1Pe 3:18-22)

“Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.” (Rom 6:22-23)

Dit is wat die doop vir ons beteken, so selfs hier word dieselfde volgorde gevolg wat in Hebreërs 6 verse een en twee uitgelig word. Hoofstuk 7 wys Paulus daarop dat daar altyd ‘n geveg in my lewe sal wees tussen die sonde wat die wet voorhou, en die goeie wat die Gees vir ons voorhou. So ja, al is ek gedoop sal ek nog steeds moet veg teen die sonde, maar ek weet dat ek nie alleen is wanneer ek daarteen veg nie, want dit wat in my is, die Heilige Gees, sal my help om my vleeslike begeertes te oorwin.

Dit bring ons by die tweede tipe genade, en dit bespreek Johannes vir ons in 1 Johannes 1: “En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.” (1Jn 1:5-10) Dit kan ek net beskryf as vergewende genade en dit ervaar ek elke dag wanneer ek my sonde bely, maar reddende genade is presies wat dit sê, dit red my van die dood. So elke keer wat ek sonde doen is ek nie weer terug in Egipte nie, maar moet ek slegs my sonde bely, en dit beteken om op te hou met die sonde, en aangaan met my lewe.

  • Werking van die Heilige Gees

Nou volg Paulus dat die volgende stap wat sal gebeur, gekenmerk word deur die werking van die Heilige Gees in ons lewe. Dit stem saam met die vierde stap in Hebreërs 6 vers 2, asook wat met Israel gebeur het by Mara en Elim, waar die water soet geword het, en die HERE van die Gees wat op Moses was, op die oudstes van Israel laat kom het. “Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.” (Rom 8:6-17) Dit is waarna Jesus ook verwys in Johannes 7: “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. (Joh 7:37-39) So na die doop sal ek die doping van die Heilige Gees deurgaan, waar die HERE Sy Gees in my sal plaas om my te lei aangaande alles. Dit is die tweede funksie van die Heilige gees wat ons vroeër ook aangehaal het. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.” (Joh 16:13-15)

Die uiteinde van die reis het twee verskillende eindes volgens Hebreërs 6 vers 2. Ewige lewe indien ek dit gedoen het wat ek moes in gehoorsaamheid, of die ewige dood, indien ek besluit het om my eie kop te volg.

  • Geregtigheid

So nou dat ek die stappe soos die Bybel dit vir ons uitgespel het voltooi het, is daar een konsep wat nie bespreek is nie, alhoewel die woord reg deur die gedeeltes gebruik word, en dit is geregtigheid.
Ek wil graag ‘n voorbeeld gebruik om die term mee te illustreer. Ek en Hettie het eendag gery en sy het ons paspoorte uitgehaal wat in haar handsak was. Sy het die datums afgelees wanneer elkeen se paspoort verval, en skielik het ‘n heel ander aspek vir my oopgegaan.

Ek besit ‘n Suid Afrikaanse paspoort, soos ook al my kinders en ook Hettie, my vrou. Dit maak my geregtig daarop dat ek enige plek in die wereld daarop aanspraak kan maak dat ek ‘n burger van Suid Afrika is, en sodoende geregtig is op sekere regte. Die proses om ‘n paspoort te kry vroeër jare, voor 1994, het voorsiening gemaak daarvoor dat die regering van die dag ondersoek mag ingestel en gedoen het of ek die land kon verteenwoordig. So was persone wat in die gevangenis was as gevolg van wetsoortreeding nie toegelaat om ‘n paspoort te besit nie. Hulle het die wette van die land oortree, en was daarom nie geskik om die land te verteenwoordig nie. Net so is dit met verteenwoordiging van die koninkryk van die HERE. Ek moet aansoek doen om Sy koninkryk te verteenwoordig. Net die HERE kan my aanstel. Daarna moet ek so optree dat ek ‘n waardige verteenwoordiger van Sy koninkryk is. Indien ek ‘n paspoort ontvang, ontvang ek ook die geregtigheid om die land te verteenwoordig. Ek is dus geregtig om dit te doen. So gaan dit ook met my as Christen. Indien ek toegetree het tot die verbond van die HERE wat die toegang bepaal om as kind van God gereken te word, is ek geregtig om Sy koninkryk te verteenwoordig. Sonder ‘n paspoort kan ek niks doen nie. Nou moet ek Hebreërs 4 vers 16 verstaan. “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” Weet jy wat beteken vrymoedigheid. Ek hoef nie bang te wees nie. Ek besit die vrymoedigheid om na die HERE te gaan sonder dat ek hoef bang of skuldig te voel. Ek is daarop geregtig om na Sy troon te gaan en met Hom te verkeer. Wanneer ek iets wil doen weet ek dat as Christen het ek die reg om namens Hom op te tree. Ek staan nou in ‘n verbond met Hom en verteenwoordig Sy koninkryk op aarde.

Maar wat is my deel van die verbond? Wanneer ons die Bybel en ander geskrifte van dieselfde tyd bestudeer en ondersoek, vind ons dat daar verskeie kledingstukke en bewysstukke omgeruil was wat tekens van die verbond was. Kom ons kyk wat het Jesus vir ons nagelaat het, om onsself mee te klee:
  • Sy kleed het Hy vir ons gegee sodat ons Sy natuur en karakter kan ontvang.
  • Sy lyfband bied ons Sy krag en Sy Sterkte
  • Die vermenging van die bloed beteken vir ons dat ons reiniging van sondes ontvang.
  • Ons vind nou ook dat ons naam verander, en daardeur ontvang ons Sy reputasie en outoriteit, terwyl Hy ons Sy litteken aanbied aan die kruis as 'n permanente verbintenis.
  • Hy verruil ook ons besittings, en so ontvang ons die ewige lewe.
  • By die nagmaal eet ons as deelgenote saam die verbondsmaal.
  • Die laaste teken van die verbond, die gedenkpaal, is die bloedbevlekte kruis op Golgota. Want as Hy nie gesterf het nie, sou ons nie die ewige lewe kon ontvang nie.
Ek moet ook weet en bewus wees daarvan dat dit ‘n voorreg is om God se koninkryk te verteenwoordig, en dat indien ek enige van Sy bepalings oortree, Hy die reg het om my paspoort in te kort. En dit gewoonlik sonder enige kennisgewing. Dit is wat ons lees in Hebreërs ses: “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb 6:4-6) So indien ek Hom nie gehoorsaam nie en Sy koninkryk verloën, kan ek my paspoort, my geregtigheid, verloor. So reddende genade is slegs eenkeer tot my beskiking, maar vergewende genade is elke oomblik tot ons beskikking.Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer. As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?”  (Heb 10:26-29)

Jeremia het dit ook al in sy tyd verklaar dat Jesus ons geregtigheid sal wees. Jer 23:60 " In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID. Jer 33:16  In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID."

  • Gehoorsaamheid

En dit bring my by die laaste punt wat ek en Hettie bespreek het. Dit is gehoorsaamheid. Ek moet in alles wat ek doen, gehoorsaam wees aan die Een wat my gestuur het. Dit is ook waar die naam van my bediening vandaan kom. Ek het ongelukkig nie ‘n Afrikaanse weergawe van Strong se Hebreeusse woordeboek nie, so hier is maar die Engelse verklaring daarvoor:

H8085 Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): -  X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness.
So dit gaan nie net daaroor om gehoorsaam te wees nie, maar dit moet met ‘n aksie gepaard gaan. Ek kan nie maar net hoor en niks doen nie, ek moet hoor en gaan doen, en dit beteken om gehoorsaam te wees.

Dan kan ek afsluit met seker die vers in die Bybel wat dit die maklikste maak om geloofsekerheid te verkry, geregtigheid te omskryf en die genade van die HERE vir ons uitbeeld: “En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God. En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.” (1Jn 5:11-15)

Ek wil weer afsluit met ‘n video lied wat soveel beteken het al in my eie lewe om enige twyfel wat ek dalk nog gehad te verwyder. Dit is eintlik ‘n kombinasie van twee liedere wat altwee dieselfde naam het, maar baie verskillend van mekaar is. Dit heet In Christ Alone, en dit is wat ons as Christene van enige ander geloof skei. Dat ek slegs na die Vader kan gaan deur Christus. Daar is geen ander weg wat ons kan volg nie.


Geen opmerkings nie: