Vrydag 28 Oktober 2016

Die eerste en tweede in die Bybel, asook Paulus se mooi opsomming daarvan.

Soos die val deur een persoon, Adam, veroorsaak is, so moes dit deur een persoon, Jesus Christus, weer voor betaal word sodat elkeen wat glo vrygespreek kan word. 

Een voorbeeld wat ons reg deur die Bybel kry, is dat die eerste, of menslike besluit, altyd verwerping bewerk het, terwyl die tweede altyd die Goddelike oplossing wys. Soos genoem het, die eerste Adam het die val bewerkstellig, en Christus as die tweede Adam, het die verlossing gebring. So sien ons dit tussen Kain en Abel, Ismael en Isak, Esau en Jakob, Josef se twee seuns Manasse en Efraim, die eerste tablette met die wet wat slegs vir Israel was maar deur hulle verbreek is deur afgodery met die goue kalf, en dus die tweede tablette wat vir ons almal sal geld. So is Saul ook as eerste koning gesalf en aangestel omdat Israel die HERE verwerp het en het hy ook verkeerd gedoen en is deur die HERE onttroon terwyl Dawid as tweede koning gesalf en aangestel is en wat vriend van die HERE was. Al die ander konings na Dawid is deur mense aangestel en nie een van die hulle is weer deur die HERE gesalf nie. So geld dit ook vir Israel en Kerk vandag, met Israel wat eersteling was en deur die HERE as Sy gesalfde volk geleef het maar Christus verwerp het, en is ons as Kerk die volmaakte oplossing van die Vader daar gestel sodat elkeen wat glo in Christus, gered is en sal word. 

Die eerste geregtigheid was die onderhouding van die wet (En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het Deut 6:25.) en die tweede geregtigheid, Jesus Christus as verbondsoffer. “Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. (Rom 10:3-5) Jer 23:6  “In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.”


En dan kom ons by Paulus se mooi opsomming vir ons in Galasiërs. “Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie; maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het. Broeders, ek bid julle, word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my geen onreg aangedoen nie; maar julle weet dat ek ten gevolge van krankheid van die vlees die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het; en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as ‘n engel van God, ja, as Christus Jesus. Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het. Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel? Hulle ywer vir julle is nie goed nie, maar hulle wil ons buitesluit, sodat julle vir hulle kan ywer. Dit is goed as daar altyd geywer word in ‘n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie, my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ‘n gestalte verkry. En ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle. Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie? Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar; want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal. Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ‘n man het. Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.” (Gal 4:8-31)

Geen opmerkings nie: